Page 1 of 1

Mango Bome...

Posted: Mon Jun 03, 2013 9:13 am
by JamesK
Goeie more manne,

Ek kyk om n plasie te koop in die Naboomspruit area.
Die plaas het n 5,4ht kamp met 1700 mango bome op.
My vraag, hoeveel keer per jaar kan die bome mango's gee, en hoeveel mango's dra so n boom +-?

Dankie julle,

James

Re: Mango Bome...

Posted: Mon Jun 03, 2013 9:20 am
by Frikkiedbr

Re: Mango Bome...

Posted: Mon Jun 03, 2013 9:29 am
by JamesK
Baie dankie Frikkie,
Dit gaan sommer baie vrae beantwoord!
Ek waardeer!

Re: Mango Bome...

Posted: Mon Jun 03, 2013 9:31 am
by Frikkiedbr
Plesier ;)

Re: Mango Bome...

Posted: Mon Jun 03, 2013 10:38 am
by Riaan Beeslaar
More James
Mangos dra net een keer per jaar en dit hang van die variteit af.
Hier in Tzaneen dra die Tommy Atkins vrugte vanaf Desember en die Keit variteit bv vanaf Maart.
Dit is ook moeilik om te se hoeveel ton per boom afgehaal word.
Die ouderdom en grootte van die boom moet in ag geneem word asook die manier en tyd van snoei en ook die spuit program.
As die blomme bv nie goed ontwikkel nie dan gaan jy 'n swak oes he al lyk die boom self baie mooi.
Daar is ook ander faktore soos is dit droe land of word daar water aan die bome gegee.
Mangos is maar 'n subtropiese vrug en ons gemiddelde reenval hier in Tzaneen is so tussen 1000 en 1200mm/jaar.
Hoop dit maak sin.
Groete

Re: Mango Bome...

Posted: Mon Jun 03, 2013 11:37 am
by JamesK
Dankie Riaan, dit maak baie sin ja!
Ek gaan uitvind later watse variteit dit is en hoe oud hulle is.
Hulle is onder n drup sisteem waar elke boom 3 keer per dag water gegee word.
Baie dankie vir die informasie!

Re: Mango Bome...

Posted: Mon Jun 03, 2013 11:44 am
by Riaan Beeslaar
Plesier ou maat
Laat weet maar as jy meer informasie het, dan kan ons die regte raad vir jou gee.
Groete