Page 1 of 1

Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Sun Jun 02, 2013 12:51 pm
by Gert Odendaal
Goeie Dag aan die mess manne.

My seun het `n knipmes uit `n kas opgediep wat my pa baie jare terug gekry het by `n oom van hom, die oom het die knipmes ook weer baie jare terug in sy tyd die mes gekoop. Die lem maak besonders vinnig skerp, flymskerp , met `n Lansky skerp maak stel. Die handvatsel grepe lyk of dit van been gemaak is. Ek het nie die nodige kennis om te weet watter tipe knipmes die is nie. Ek hoop van die ou mesmakers kan help... Ek hoor graag van julle.

http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010850_zpsb939c9ca.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010854_zps4a0f9087.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010854_zps4a0f9087.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010855_zps0ca34abe.jpg
Groete

Gert

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Sun Jun 02, 2013 1:56 pm
by LongWolf
Gert

ek weet nie watse knipmes dit is nie,

maar ek , in my beskeie opinie dink nie jy moet hom verder skerp maak nie.

die knipmes is nou n kluismes

bere hom vir die geslagte en breg af en toe met hom , maar moet hom nie gebruik nie.

net opi oog af lyk dit na n baie ou knipmes.

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Sun Jun 02, 2013 1:58 pm
by LongWolf
jammer oor die dubbel pos. die smart phone het my ore aan gesit.

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Sun Jun 02, 2013 4:05 pm
by tripodmvr
Ek het 'n Joseph Rogers mes wat uit die 1910-20 era kom wat ook been handvatsels het. Sy lemme is ook grotendeels weggeslyp.

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Sun Jun 02, 2013 5:44 pm
by PWV
My oupa het so 'n mes gehad.
Hy het gesê dis 'n parraslagter.

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Mon Jun 03, 2013 3:53 pm
by GERT vd M
Dagse
As hy n kenteken op het wat lyk soos n kruis dan is dit n engelse mes wat in
Norfol 14 st Sheffield Engeland gemaak is. Het ook so een en hoop dit help.
Groetnis
Gert

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Mon Jun 03, 2013 4:25 pm
by Koos Barnard
Gert
Weet ook nie wat se fabrikaat dit is nie, maar as 'n lem vinnig skerp word as jy dit slyp beteken dit die staal is redelik sag. Hy sal ook redelik vinnig stomp word met gebruik.
Mooi loop

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Mon Jun 03, 2013 5:01 pm
by Chris Swart
LongWolf wrote:Gert

ek weet nie watse knipmes dit is nie,

maar ek , in my beskeie opinie dink nie jy moet hom verder skerp maak nie.

die knipmes is nou n kluismes

bere hom vir die geslagte en breg af en toe met hom , maar moet hom nie gebruik nie.

net opi oog af lyk dit na n baie ou knipmes.

Ek stem saam Long Wolf op die een.
Bere hom DIEP.

Koop vir jou seun 'n ander mes om mee te werk.

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Mon Jun 03, 2013 5:05 pm
by junglejulian
Die lem het heel moontlik baie koolstof in.selfde soos n Okapi.Word vrek skerp en vinnig ook maar verloor dit net so vinnig.roes ook baie maklik.smeer maar gereeld olie en bere vir die keinkinders.

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Mon Jun 03, 2013 5:40 pm
by Nickvn
Ek het ook so n mes wat ek nie weet wat se maak dit is nie. Ook been handvatsel en sy staal het ook baie koolstof in, maak lekker skerp en word vinnig stomp. Sny lekker biltong en dra hom elke dag in my sal. Weet nie of iemand hom dalk erken nie.
IMG_1964.jpg

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Mon Jun 03, 2013 6:02 pm
by TOKELOS
Baie van ons se ooms/oupas/oupagrootjies was tydens die Boere-oorlog gevange geneem en is by St Helena en Ceylon ens gehou as krygsgevangenes. Die "manne van die veld" kon nie so sit en dood verlang nie en baie gebruiksartikels is daar gemaak en na die oorlog aan hul geliefdes gegee.

Ek het byvoorbeeld n mes-briefoopmaker asook n pypskoonmaker (tabak pyp!), wat as hy toe gevou is soos n knipmes lyk. Hy het n lem, n krapper asook n stopper in.

Ek onthou ook dat my neefs, juwelekissies en skaakstelle geerf het wat uit been/horing of ivoor gekerf was.

Ek wonder maar net of die messe waaroor die navrae gaan, nie ook hul oorsprong in hierdie gevangenniskampe gehad het nie.

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Tue Jun 04, 2013 7:51 pm
by Gert Odendaal
LongWolf wrote:Gert

ek weet nie watse knipmes dit is nie,

maar ek , in my beskeie opinie dink nie jy moet hom verder skerp maak nie.

die knipmes is nou n kluismes

bere hom vir die geslagte en breg af en toe met hom , maar moet hom nie gebruik nie.

net opi oog af lyk dit na n baie ou knipmes.
Baie Dankie manne vir die terugvoer, ek respekteer julle opinies rakende `n "kluismes" Maar ek wil die volgende graag vra, en moet asb. nie dit as kritiek sien nie, ek het ook voorheen dieselfde term gesien in `n mes artikel..."kluis mes"

My vraag nou: Watter nut het `n "kluis mes" Ek glo `n mens behoort alle items te gebruik om die waarde uit `n artikel te kry, oud of te nie. Ek glo hoe meer jy die item gebruik hoe meer waarde kry jy as eienaar van die item, of hy 80 jaar oud is of nie, dit bly aardse goed, `n doodskleed het nie sakke nie, en venter-waentjies word nie in die Hemelse Poorte deurgelaat nie, op las!

Bv skiet ek nou die dag my 80 jaar oue .404 Jeffery patrone uit om te voel hoe my nuwe ou .404 Jeff skiet en om doppe te kry dat ek kan herlaai. Gelukkig het van die manne gevra dat ek dit stop, omdat dit gevaarlik is, ek gaan nou die punte trek. Maar die doppe wil ek gebruik nie in `n kluis hou tot een of ander versamelaar dit by my kan koop nie, ek het net soveel tyd in die die lewe oor om te leef, vir wie wil ek dit nou hou? Ek kan dit mos self geniet, terwyl ek nog daar is om dit te geniet. Ek voel dieselfde oor my erfporsie wat ek eendag veronderstel is om vir my kinders na te laat...

`n Siniese siening? Sit ek die pot mis? Ek hoor graag van julle... ;D ;D

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Tue Jun 04, 2013 7:55 pm
by PWV
Werklik 'n groot Filosoof! ::)

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Tue Jun 04, 2013 8:16 pm
by Gert Odendaal
Pieter Willem Vorster wrote:Werklik 'n groot Filosoof! ::)
Oom Pieter
``n Mens spot nie met `n jong man nie, vernaam `n man met oom se wysheid nie, oom sal gestraf word, sodat nie een van oom Pieter se gewere meer akkuraat gaan skiet nie... ;D ;D En Oom al die bokke gaan misskiet of kwes... :laugh: :laugh:

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Tue Jun 04, 2013 8:18 pm
by PWV
Gert Odendaal wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:Werklik 'n groot Filosoof! ::)
Oom Pieter
``n Mens spot nie met `n jong man nie, vernaam `n man met oom se wysheid nie, oom sal gestraf word, sodat nie een van oom Pieter se gewere meer akkuraat gaan skiet nie... ;D ;D En Oom al die bokke gaan misskiet of kwes... :laugh: :laugh:
Spot gladnie Gert. Waardeer jou siening! Hou van 'n ou wat soms 'n vars, nuwe siening van sake het wat sin maak!

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Wed Jun 05, 2013 8:01 am
by Chris Swart
Gert Odendaal wrote:
LongWolf wrote:Gert

ek weet nie watse knipmes dit is nie,

maar ek , in my beskeie opinie dink nie jy moet hom verder skerp maak nie.

die knipmes is nou n kluismes

bere hom vir die geslagte en breg af en toe met hom , maar moet hom nie gebruik nie.

net opi oog af lyk dit na n baie ou knipmes.
Baie Dankie manne vir die terugvoer, ek respekteer julle opinies rakende `n "kluismes" Maar ek wil die volgende graag vra, en moet asb. nie dit as kritiek sien nie, ek het ook voorheen dieselfde term gesien in `n mes artikel..."kluis mes"

My vraag nou: Watter nut het `n "kluis mes" Ek glo `n mens behoort alle items te gebruik om die waarde uit `n artikel te kry, oud of te nie. Ek glo hoe meer jy die item gebruik hoe meer waarde kry jy as eienaar van die item, of hy 80 jaar oud is of nie, dit bly aardse goed, `n doodskleed het nie sakke nie, en venter-waentjies word nie in die Hemelse Poorte deurgelaat nie, op las!

Bv skiet ek nou die dag my 80 jaar oue .404 Jeffery patrone uit om te voel hoe my nuwe ou .404 Jeff skiet en om doppe te kry dat ek kan herlaai. Gelukkig het van die manne gevra dat ek dit stop, omdat dit gevaarlik is, ek gaan nou die punte trek. Maar die doppe wil ek gebruik nie in `n kluis hou tot een of ander versamelaar dit by my kan koop nie, ek het net soveel tyd in die die lewe oor om te leef, vir wie wil ek dit nou hou? Ek kan dit mos self geniet, terwyl ek nog daar is om dit te geniet. Ek voel dieselfde oor my erfporsie wat ek eendag veronderstel is om vir my kinders na te laat...

`n Sieneise siening? Sit ek die pot mis? Ek hoor graag van julle... ;D ;D

Ek kan hierdie siening respekteer, ongeag my opinie dat jy hom moet bere en bewaar.

Ek is nou maar eenmaal 'n versamelaar.... Messe, Gewere, Boeke... watookal.
Die versamelaar in my sê, bere en bewaar. Maar tog gebruik ek ook my pistol wat 75 jaar oud is, en my haelgeweer wat 110 jaar oud is.
Ek verstaan dat iets wat bruikbaar is, meer waarde het, selfs,of eerder veral vir 'n ware versamelaar.

Miskien moet ek dus my advise wysig om te sê gebruik die mes, maar pas hom mooi op, dis iets besonders wat jy daar het, al het hy nie noodwendig groot finansieële waarde nie.

Gert, geniet daai mes.

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Wed Jun 05, 2013 8:14 am
by Zack Benade
ek het net soveel tyd in die die lewe oor om te leef, vir wie wil ek dit nou hou? Ek kan dit mos self geniet, terwyl ek nog daar is om dit te geniet. Ek voel dieselfde oor my erfporsie wat ek eendag veronderstel is om vir my kinders na te laat...
Gert
Geniet die lewe my vriend. Ek wens ook ek kan soos dit wees maar ek sukkel daarmee.
As jy nie iets gebruik nie het dit eintlik mos geen waarde vir jou nie. :angel:

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Wed Jun 05, 2013 8:25 am
by NEGE3
Daar is sekere artikels wat onvervangbaar is. Dis juis hierdie goed van ons Oupas en ons Pa's wat ons vir ons kinders bêre. Eendag as jy oud is gaan jou kinders na jou ou goed kyk en dit gaan hopelik aangename herineringe by hulle terug bring.
Ek het nog baie ou goedjies van my pa en oupa en pas dit soos goud op.
Ek weet die goed kan ek nie saamvat nie. Dit nie wat jy met jou saamvat nie wat belangrik is nie, dit is wat jy agterlaat wat tel.
Net my mening.
Groete.

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Wed Jun 05, 2013 12:54 pm
by Johan Nel
Gert,
Wat ek kan sien is die lem heel afgewerk, so hier is 'n ander voorstel. Hoekom laat jy nie iemand soos stephensonknives vir jou 'n nuwe lem maak en in die knipmes insit nie. Op daai wyse kry die mes 'n verlengde lewe. Ek het eenkeer gelees in 'n verhaal waar een van die karakters vir die held 'n 'Battle-Ax' gee en hom vertel dat die persent nog nie waarde het nie, maar soos wat dit deur generasies van een seun na die volgende oorhandig word, kry dit waarde. En as die 'battle-ax nou deur die generasies heen sou breek of skade kry en die latere generasies vervang dele van die 'battle-ax' maak dit nie saak nie, dit bly dan nog steeds die 'battle-ax of your ancestors'. Die redenasie het in my kop vasgesteek en ek hou daarvan. Ek dink dis hoe ek met my pa se oorerfgoed sou wou omgaan as iets breek of ondiensbaar raak, maar weer bruikbaar gemaak kan word deur die onbruikbare gedeelte te herstel of te vervang.
Ek sit huidiglik met so 'n mes, 'n regte cheapie namaaksel van 'n okapi, wat my pa sn was. Die lem is uitstekend. Hy is vlymskerp en hy hou sy skerpte goed. Slag twee blesbokke geheel af met hom voor ek weer moet skerpmaak. Sy hefgedeelte het in stukke gebreek, nou is die mes onbruikbaar. Nou as ek vir hom 'n nuwe meer duursame hef kan laat maak, dan bly dit tog mos nog steeds my pa se mes wat ek gekry het en dit verander nie sy sentimentele waarde ten opsigte van die mes nie. Ek het bykomende sentimentele waarde daaraan, want ek het hom nou mos bietjie laat 'customise'! Hoe klink daai redenasie vir jou?

Groete,
JHN

Re: Wtter tipe (naam) sakmes/knip mes is die?

Posted: Wed Jun 05, 2013 2:59 pm
by Gert Odendaal
Groot dankie vir julle bydrae, my seun, Ruan (12) het toe maar my keuse vir my gemaak, dit is nou sy mes, hy het kuratorskap geneem van die mes, hy sal hom skerp maak, en saam met sy jag toerusting dra aan sy regter sy, aan sy linker sy sal hy `n Dow knipmes dra waarmee hy sy bok se keel sal afsny en laat uitbloei. Sy oupa se mes sal net heeltyd saam met hom wees. Met ander woorde , hy gaan die mes mooi oppas, en terselfder tyd hom "gebruik" as uitstal-item aan sy sy. So hy ego al julle manne se sentimente, en deel tog sy pa se siening...`n wen, wen situasie... ;D ;D