Dagse Manne,
Ek het bietjie raad nodig asseblief.
Soos in my eerste "post" genome, boer ek met wild in die Dullstroom omgewing en is ek die enigste een tussen my bure wat jakkals skiet. Ek sukkel om die goed in te kry, mens hoor hulle die hele aand maar sien hulle nie. (Hulle roep die hele tyd 'n roep wat klink soos die Tafjak 1 Enkel klank).
As hulle inkom(wat maar min is), dan steek hulle so 300m ver weg en gan sit vir so uur net doodstil. Ek loop altyd na my staanplekke toe en gebruik net rooi lig en/of nightvision. Ek kruip goed weg en kamoefleer myself heeltemal so die kans dat die jak my sien is bitter skraal-(hy kyk natuurlik heeltyd in die rigting van die roeper). Die jakkalse wat ingekom het het ek almal geskiet gekry, behalwe een wat oor n randjie weg geraak het toe ek haar maat geskiet het.
Nou verstaan ek dalk hoekom hulle nie wil inkom nie: Een van my buur plase is 'n toerisme plaas (kampe ens word daar gehou). Ek het toe nou gehoor dat hulle mense uitvat en met hulle FoxPro jakkalse roep- nie om te skiet nie maar sodat almal die diertjie kan sien aan gedraf kom. Dan kom die jakkalse binne 30m en nadat hulle agterkom daar is niks kos nie draf hulle maar terug in die grasse in.
My buurman wil sy FoxPro aan my verkoop omdat die jakkalse nie meer inkom nie, dis hoe ek dit weet.
Hulle het dit 'n paar keer gedoen en toe belangstelling verloor, niks skote is ooit geskiet op die jakkalse nie en hulle het dit meestal van bakkies of 4 wiel fietse af gedoen.
Hoe nou gemaak?
Moet mens dalk net minder roep en langer stil sit, of moet mens daai skelm gemaakte jakke eerder met die spotlight gan soek en dan die "jonger generasie" jakke op gewone manier roep?
Dankie vir die hulp en geniet die rugby vanaand- Haaaak Vrystaaaaat!
Groete
Alex
Moeilike jakkalse
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Moeilike jakkalse
Hulle is nie skelm nie, net roep gewoond, vind uit watter roepe hy gebruik het, en speel iets anders wat inpas by die tyd v/d jaar.
Op 300m moet hy val, vat jou wapen skietbaan toe, en werk op verskillende afstande, jy kan moontlik jouself verbaas.
Nagsig is plainweg 'n bitch as jy nie 'n ligbron het nie, ek gebruik myne net na sononder, tot so uur na donker, of vroeg oggend voor dit lig word, en dan net in die kern gebied. Soos jy kan aflei gebruik ek hom bitter min.
Gebruik eerder 'n bakkie, dan kan jy 'n dimmer gebruik, baie meer effektief in die nag, en pas jou huidige skiet metode aan by dag skiet. Sit net baie stil, en kyk dat hy jou nie van agter kan verras nie.
Wil nie snaaks wees nie, maar nader een v/d beroeps jakjagters (of suksessvolle ou hande) in jou gebied, en bestuur vir hom vir 'n rukkie, of doen 'n kursus, daar is nie 'n beter leermeester as tyd in die veld nie.

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Moeilike jakkalse
Fluitjie-Critt'r Call
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Moeilike jakkalse
Taffie het ons geleer dat 'n jakkals net slimgeleer word met kosklanke...nie met jakkals roepe nie....(onthou ek reg Taff?)tafjak wrote:Fluitjie-Critt'r Call
Klink my die jakke ken nou al die kosklanke en weet nou dit is "wolf wolf" stories....nou moet jy hulle nuuskierigheid prikkel....iets ongewoons soos prinses voëltjie of 'n "skweek" klank of so iets....
Iets anders wat dalk mooi sal werk, is as jy en jak mekaar gelyk sien, duik eerste weg tussen die bosse....dan dink jak jy is bang vir hom....en dan kom soek hy jou....
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
test
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Tue May 07, 2013 10:45 pm
Re: Moeilike jakkalse
Ek gan bietjie die fluitjie probeer, dankie tafjak. Ek gebruik nog nie regtig jakkals klanke nie, ek wil dit hou vir wanneer ek voel ek meer kennis het oor wanneer om wat te speel, so op hierdie stadium speel ek gewoonlik net kos.
Jy is reg Mac, op 300m moet hy val- my geweer ken ek goed genoeg om dit te doen, ek verkies maar net om nader skote te vat waar ek die teiken 100% kan identifiseer, daar is baie duikers by my en ek het al gesien hulle kom ook in vir die roep, so n ou is maar eerder versigtig!
Dankie vir die raad manne, ek gan vrydag aand weer gan roep- dit behoort mooi donker te wees!
Jy is reg Mac, op 300m moet hy val- my geweer ken ek goed genoeg om dit te doen, ek verkies maar net om nader skote te vat waar ek die teiken 100% kan identifiseer, daar is baie duikers by my en ek het al gesien hulle kom ook in vir die roep, so n ou is maar eerder versigtig!
Dankie vir die raad manne, ek gan vrydag aand weer gan roep- dit behoort mooi donker te wees!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Moeilike jakkalse
Cobus
Ja, jy het reg geluister. Jakkalsroepe werk goed vir slimgeleerde jakkalse, maar die fluitjie werk wonderlik vir die kosklanke.
O ja, ek het gister by die huis geland en die dvd is 'n baie goeie stukkie werk, baie dankie en sal dit slegs vir eie gebruik hou.Sien vlekkie gooi weer 'n curved ball. Al 2 gate gekry met kleintjies in Mei-maand.
Mooiloop.

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Moeilike jakkalse
Alex,Alex Kilbride wrote:ek gan vrydag aand weer gan roep
Moet tog asb nie die plek oor roep voor ek soontoe kom nie.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Chrisjan
Re: Moeilike jakkalse
Tafjak se raad is op die kol.
Saterdag was ek en Michiel op 'n plaas waar die jakke dokters grade het. (Hulle is deur die boer se seun vrek slim geroep). Ons was met 2 bakkies daar. Ek het geskuif en my caller op die vorige staanplk vergeet.
Ek wou nie weer opstart en ry nie en het sommer maklik met die fluitjie 3 ingeroep. Hulle het sommer vinnig in gedraf gekom.
Fluitjie het sy plek by slim jakke, elke blaas klink anders en jy kan jouself as akteur uitleef..

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Moeilike jakkalse
tafjak wrote:Cobus
Sien vlekkie gooi weer 'n curved ball. Al 2 gate gekry met kleintjies in Mei-maand.
Mooiloop.
Hier is n stukkie interresante nuus. So daai ander stel met jonges waarvan ons gepraat het laas kon ook dalk moontlik wees.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"