Page 1 of 1
springbok vel gewig
Posted: Fri May 31, 2013 2:58 pm
by sako 30-06
Middag manne
Wat weeg n springbok se vel?
Ek wil gaan springbok skiet,maar die springbokke word geprys per kg met die vel aan.
Dankie
Re: springbok vel gewig
Posted: Fri May 31, 2013 3:02 pm
by FHM
Hopelik sonder die kop?
My beste raaiskoot is n nat / vars vel behoort so 2-3 kg te weeg afhangende van die bok se groote natuurlik.
Re: springbok vel gewig
Posted: Fri May 31, 2013 3:05 pm
by sako 30-06
Ja dis kop en pote af,pens uit met vel aan.
Nou om net weg te kom by werk want hulle doen net dagjagte deur die week.
Re: springbok vel gewig
Posted: Fri May 31, 2013 3:15 pm
by FHM
Ok so dis kop en pote af - daar verloor jy vel gewig alreeds.
Ek dink jy is veilig as jy
werk op 2 kg op standaard groote springbok met kopvel en pootjies vel af. Ek het gou ook n Taxidermis in WHK geskakel en uitgevra daaroor, en hy stem.

Re: springbok vel gewig
Posted: Fri May 31, 2013 3:22 pm
by Chevvy SS
Pasop net, party los die harsslag in en beskou dit nie as deel van die pens in nie. Nog meer as ''n kg wat bykom.
Re: springbok vel gewig
Posted: Fri May 31, 2013 3:24 pm
by FHM
Chevvy SS wrote:Pasop net, party los die harsslag in en beskou dit nie as deel van die pens in nie. Nog meer as ''n kg wat bykom.
Nee dis feite Chevvy!
Sako 30-06 jy sal net moet seker maak dis hartslag ook uit - soos Chevvy noem