Page 1 of 1

weiding fooi?

Posted: Tue May 28, 2013 8:48 pm
by Christo
Wat is deesdae die going rate vir skape.

Is daar verskillende tipes weiding met verskillende fooie? Se^ maar Karooveld, gesaaides, aangeplante droeland hawer.

Ook vir bees as kan.

O ja, maak getalle verskil.

Re: weiding fooi?

Posted: Wed May 29, 2013 7:18 am
by cg rossouw
Christo hier by ons in Oos Kaap(Dordrecht) gaan bees so tussen R120- R160, skaap Tussen R60 -R 100. Dit is op veld. Weidings dink ek sal jy meer betaal maar net tot weiding op geeet is.

Hoop dit help.

CG

Re: weiding fooi?

Posted: Wed May 29, 2013 7:19 pm
by Christo
cg rossouw wrote:Christo hier by ons in Oos Kaap(Dordrecht) gaan bees so tussen R120- R160, skaap Tussen R60 -R 100. Dit is op veld. Weidings dink ek sal jy meer betaal maar net tot weiding op geeet is.

Hoop dit help.

CG
Die arme ou wat by my wil wei gaan skok van sy lewe kry. Hy praat van R15-R25/maand vir skaap. Hy sal hulle moet oppas en weghou van groente af.

Re: weiding fooi?

Posted: Sun Aug 04, 2013 10:59 am
by Brand
More Oom Cristo

Oom dit is maar n moeilike een hier in suidwes(nam) lyk dinge maar sleg maar dit is party boere se eie skild.Met die 11 of 12 goeie jaare wat ons ge had het het party boere baie oorstok en self hulle nekke af ge snui.Ek self help nou n paar boere.

Skaap vra die meeste mense nou 20-25 rand per kop vir n maand selwers soos wat ek ook nou ge doen het vat sekere aantal diere vir n jaar vir die helfte van die aanteel of vir n 40% 60% die eienaar kry 40% en die ou wat die weinding gee kry 60%

Bees baie die selfde,Maar kop gewys is dit so vir n groot bees 110 per kop.Koei met kalf vra hulle nou al 150-200 per kop


Groetnis Brand

Re: weiding fooi?

Posted: Sun Aug 04, 2013 5:56 pm
by wlm
Christo wrote:
cg rossouw wrote:Christo hier by ons in Oos Kaap(Dordrecht) gaan bees so tussen R120- R160, skaap Tussen R60 -R 100. Dit is op veld. Weidings dink ek sal jy meer betaal maar net tot weiding op geeet is.

Hoop dit help.

CG
Die arme ou wat by my wil wei gaan skok van sy lewe kry. Hy praat van R15-R25/maand vir skaap. Hy sal hulle moet oppas en weghou van groente af.
Christo
Die prys word bepaal deur die tydperk en dra-krag. Ek sal mos baie meer betaal vir 6 maande as ek verseker is daar is genoeg kos vir die tydperk as bv. 3 jaar, waar ek dalk 1 of 2 swak jare ook moet deurwerk.
As ek 1000 hektaar, met 'n dra-krag van 1 ooi op 10 hektaar, vir 50 ooie kan ek meer betaal omdat ek basies net die helfte van die dra-krag gaan benut.
'n Langtermyn-huur glo ek aan 1/3 van die opbrengs vir die eienaar,1/3 vir bedryfs-koste en onderhoud an infrastruktuur en 1/3 vir die huurder. D.w.s. R780 (inkomste in Williston/ooi/jaar) deel deur 3. Drakrag van een ooi op 10 hektaar.
Hoe swakker die area is hoe laer die huur. Dit gaan maar oor droogte. Goeie area's R300/350 per ooi/jaar.
Swak areas R150/250 per ooi per jaar. Lammers bo 4 maande tel vir groot skaap.
Hoop dit gee jou 'n paar riglyne.