Page 1 of 1
My 1ste Bobjaan.
Posted: Tue Oct 12, 2010 5:07 pm
by Ooploop
Dagse
n Foto van my 1ste bobbejaan,geskiet met 7 x 64.
Bobbejaan is die 1 in die middel!
Mooiloop
Ooploop

Re: My 1ste Bobjaan.
Posted: Tue Oct 12, 2010 6:04 pm
by Robert
Daai is 'n mooi kees.
Vertel bietjie hoever was die ou toe hy gesnewel het. Lyk of daat lekker koppe is waar die kese kan sit??
Lekker man.
Ek het my 1ste bob se kop loop begrawe in 'n lemoen sakkie by 'n mier nes en hom so paar maande later uit gespit en skoon gemaak. Hy pronk nou nog op sy plankie in my laai kamer.
Robert
Re: My 1ste Bobjaan.
Posted: Tue Oct 12, 2010 7:23 pm
by Nico Harris
mooi bob daai!! gee meer info!!
Re: My 1ste Bobjaan.
Posted: Tue Oct 12, 2010 8:18 pm
by Nico de Jager
Ooploop
Ek dog dis n 3 lid spanfoto van een of ander sport!
Groete
Ribbok
Re: My 1ste Bobjaan.
Posted: Tue Oct 12, 2010 9:51 pm
by Raven
Manne,
Het julle al gehoor van die oumens storie, dat as jy 'n bobjaan skiet, moet jy by hom uitkom net voor hy dood.
Blykbaar het hy 'n stokkie wat hy in sy kies bere, en as jy dit kry sal jy baie geluk in jou lewe het. Net voor hy sy laaste asem uitblaas bere hy glo die stokkie in die grond.
Wel, ek het dit by my Oupa gehoor, dourie jare en wonder maar nog steeds elke keer as ek een skiet.
Een ding is verseker, skiet hom met 'n .22 deur die maag en hy gaan mal, en trek sy derms uit, die het ek al self in my jonger dae beleef, en dit is nie mooi om na te kyk

Groete Raves
Re: My 1ste Bobjaan.
Posted: Wed Oct 13, 2010 9:20 am
by Ooploop
More Robert en Harris
Dit is redelik gelyk waar ons boer,met bitter baie kalk klippe wat op die lande voorkom.Hier kom nie bobbejane voor nie,meer na die berge se kant toe wat so +- 25 km van ons is,is daar baie bobbejane.
Die spesifieke mannetjie het 1 van die bure se klein volstruisies gevang en die voer bakke omgegooi.Hy het ook my werkers op n hoop gejaag by hulle huise.
My broer het hom op die lande gesien waarna ons hom gaan skiet het.
Hy was verskriklik wakker gewees en dadelik begin padgee toe hy ons gewaar het.
Ek het hom op so 120 m geskiet terwyl hy besig was om so skuins van ons weg te hardloop,140gr sierra game king, 7x64.Net daar in sy spore geval.
Ek het ook sy kop op n klip hoop gesit sodat die miere hom kan kaalmaak vir my,maar hulle is nog besig!
Mooiloop
Ooploop
Re: My 1ste Bobjaan.
Posted: Wed Oct 13, 2010 9:22 am
by Ooploop
Ribbok more
Party dae dink ek ook of dit n span kan wees........
Groete
Ooploop
Re: My 1ste Bobjaan.
Posted: Wed Oct 13, 2010 10:47 am
by Robert
Ooploop
Jy moet net oppas dat die tande nie uitval as die skedel droog raak terwyl die miere hulle werk doen nie. Dit is hoekom ek myne in 'n lemoemsakkie gesit het. Die miere loop regop deur die openinge maar die tande muis kom haal nie tanne nie.
Dit bly maar lekker om hulle uit te oorle.
Robert
Re: My 1ste Bobjaan.
Posted: Wed Oct 13, 2010 11:30 am
by baboonstalker
Ek het al self 'n hele paar bob-skedels skoongemaak en vir my werk die volgende metode goed. Die skedel kom spierwit uit.
Verwyder soveel as moontlik vleis van die skedel. Moet net nie in die been insny nie.
Krap die harsings uit waar die rugmurg by die skedel uitkom. Spoel/ krap met 'n draad "loop" tot alles uit is.
Sit hom in 'n lemoensakke en begrawe in die komposhoop. Sit net iets bo-op dat die honde dit nie uitgrawe.
Na so 3 weke kan jy hom maar uitgrawe en met borseltjie skoonskrop.
Ek gooi hom dan in 'n emmer water saam met die swembad se chloor dobber vir 'n dag of so. Sit hom nou in die son en hy is klaar.
Pieter
Re: My 1ste Bobjaan.
Posted: Wed Oct 13, 2010 12:32 pm
by Ooploop
Robert
O goeiste ou kerel, ek gaan nou dadelik kyk of die tande nog daar is....
Ooploop
Re: My 1ste Bobjaan.
Posted: Wed Oct 13, 2010 12:33 pm
by Ooploop
Pieter
Klink na goeie plan.
Ooploop
Re: My 1ste Bobjaan.
Posted: Wed Oct 13, 2010 4:22 pm
by Monrique (SJ)
Ooploop, mooi so. Ek wil ook nog vir Bob se kind looi,met die roer!! Groetnis SJ
Re: My 1ste Bobjaan.
Posted: Wed Oct 13, 2010 5:45 pm
by baboonstalker
O-ja, onthou ook as jy die skedel in diei son sit om dit so te doen dat jou honde hom nie in die hande kry nie!
Ek het een Sondag by die huis gekom net om my RW vlakvark skedel die hele gras vol te sien l?
