Page 1 of 1

Howa/plastiek kolwe

Posted: Thu May 23, 2013 8:05 pm
by Cobus(Cobb)
Enige tips oor hoe om die kolwe te "onderhou" en skoon te maak???

Cheers

Re: Howa/plastiek kolwe

Posted: Thu May 23, 2013 8:15 pm
by vlakvark1
Ek haal myne af gooi hom in die bad en was met spons en skottelgoedseep
Blaas goed droog met vrou se haardroër ;D ;D

Re: Howa/plastiek kolwe

Posted: Thu May 23, 2013 10:23 pm
by 243Songdaug
Ek vee myne so af en toe af met 'n thinners lappie, dit maak hulle sommer mooi skoon.

Re: Howa/plastiek kolwe

Posted: Fri May 24, 2013 8:39 am
by andre007
More manne, wil sommer bietjie op Cobb se post "in hack". Wat is daar wat die manne aan die bg kolwe doen. ekt gehoor dat die manne die kolwe vol maak agter in met bv putty ens om dit gewig te gee vir ballans en n staalstaaf in die voorlaai vir versterking, sommiges doen self bedding. Wat se ander tricks gebruik julle?

Re: Howa/plastiek kolwe

Posted: Fri May 24, 2013 8:45 am
by Geno
Ek het die .204 se Hogue kolf vol gemaak met 'n mengsel van so 200-300x 143gr .30cal FMJ's en 'n buis silikoon.

Swaar, maar hy werk nou al te lekker.

Re: Howa/plastiek kolwe

Posted: Fri May 24, 2013 1:35 pm
by Cobus(Cobb)
Geno,gee bietjie daai roer van jou se gewig deur toe...myne met scope,kd(clarence),en dik loop is kwaai swaar..as hy nou 2poot ook kry,weet ek nie waar hy gaan eindig met gewig nie...

Cheers

Re: Howa/plastiek kolwe

Posted: Fri May 24, 2013 1:37 pm
by Geno
Cabous,
My roer (dun loop Howa), met Terminator, en MTC Taipan scope, magasyn leeg, weeg nou so 16lb. Ek like 'n swaar geweer, so hoe meer gewig, hoe beter.

Re: Howa/plastiek kolwe

Posted: Fri May 24, 2013 2:56 pm
by Cobus(Cobb)
My skaal sê 4,4kg...maar hy lyk nie reg nie...sal maar op ander skaal loop kyk, thanx vir die benchmark.

Re: Howa/plastiek kolwe

Posted: Sat May 25, 2013 4:38 am
by andre007
Geno. So bietjie van die topic af. Ek sien jy gebruik n Mtc teleskoop. Hey pryse gekry en is een van my opsies vir die 223. Hoe vergelyk hulle met bv Nikon en Lynx?

Re: Howa/plastiek kolwe

Posted: Tue May 28, 2013 1:35 pm
by BLOK
Geno wrote:Ek het die .204 se Hogue kolf vol gemaak met 'n mengsel van so 200-300x 143gr .30cal FMJ's en 'n buis silikoon.

Swaar, maar hy werk nou al te lekker.

Nou hoekom sou jy dit nou doen, hoop nie dit is omdat jy bang was vir daai recoil nie. ;D ;D ;D ;D

Re: Howa/plastiek kolwe

Posted: Tue May 28, 2013 4:26 pm
by bex
Ek hou van die plastiek kolf op my Howa. Ek het ook soos Geno gemaak met bietjie lood en n buis silikon agter in. Die rubber op die kolf werk vir my baie goed in die veld, geen kommer oor krappies ens wanneer ek onder bosse moet deurkruip nie.