Page 1 of 4
.308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 10, 2010 6:42 pm
by caracal
Ek het 'n Sako .308 en gebruik 150gr sp PMP punte vir jakkals skiet. Die geweer skiet perfek op 100m. Verder as 100m sukkel ek om mooi te groepeer. Ek wil graag 'n platter trajek h? sodat ek nie nodig het om raai raai te speel nie. Ek soek iets wat meer stabiel is. Ek sukkel om afstand te skat in die nag en in die jag situasie is daar nie tyd vir range finders nie. Wat sal julle voorstel? Moet ek ligter punte gebruik bv 125gr of 110 gr? Is daar dalk iets anders wat ek kan doen?
Dankie
Caracal
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 10, 2010 7:29 pm
by Monrique (SJ)
Caracal herlaai jy of nie? Hier is heelwat manne wat jou kan help met die herlaai van .308! Die enigste uitweg vir jakkie se kind is 6mm!! HAHA Groetnis SJ
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 10, 2010 7:35 pm
by Ponkie
Caracal
Ek het die 110gr V-max van Hornady op die oomblik wat ek gebruik vir jakkals en ander ongediertes. As hy op 100m so 40mm hoog is, zero hy by tussen 190m en 210m en dan van 230m af begin hy drasties val todat hy op 300m 7duim laag skiet. Hierdie lading wat ek gebruik is so ver oor maksimum dat ek dit seker nie eers kan noem op die forum nie

, maar hy werk vir my, ek sien egter geen tekens van drukking nie.
Die 125gr van Sierra groepeer glad nie in my geweer nie, maar indien jy 'n platter trajek soek met 'n 150gr punt, kyk na iets soos die Nosler 150gr Ballistic tip of iets soortgelyk wat 'n beter BC het.
Kyk onder "herlaaidata", daar behoort jy tot vervelens toe raad en opinies oor die 308 te kry.
(Vergeef my as ek jou as Oom moes aangespreek het, ek weet nie hoe oud almal is nie)
Groetnis
Ponkie
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 10, 2010 9:40 pm
by caracal
Ponkie wrote:
Caracal
Ek het die 110gr V-max van Hornady op die oomblik wat ek gebruik vir jakkals en ander ongediertes. As hy op 100m so 40mm hoog is, zero hy by tussen 190m en 210m en dan van 230m af begin hy drasties val todat hy op 300m 7duim laag skiet. Hierdie lading wat ek gebruik is so ver oor maksimum dat ek dit seker nie eers kan noem op die forum nie
Ponkie
Baie dankie vir die inligting. Jy kan maar jou lading gee en wat is die spoed wat jy kry.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 10, 2010 10:08 pm
by Danie Lombard .243
Ou Caracal
Vertel eers vir ons wat is jou .308 se groefdraai. Daar is van die .308 gewere wat 10 duim groefdraai het en hul is heel vol twak as dit by ligte punte stabiliseer kom. Het al selfs beleef dat van die lope met 14 duim groefdraai ook soms beneuk kan raak met sekere tipe gewig punte.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 10, 2010 10:14 pm
by Ponkie
Caracal
Ek het 'n 1 in 12 twist en dan laai ek die 110gr 47gr S335 met 'n PMP Primer en PMP dop. Ek het hulle deur die chronie gehad en dan hardloop hulle so 3300 - 3330ft . Op 100m kry ek 'n <20mm groepering en op 250 groepeer hy steeds nog baie goed. Daar was die laaste keer 'n lekker windjie op die baan en dan skiet ek steeds gemaklik die 8duim gong op 250m raak.
Dis soos Danie se, jou twist is baie belangrike faktor.
Ponkie
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 10, 2010 11:24 pm
by caracal
Danie .243 wrote:
Ou Caracal
Vertel eers vir ons wat is jou .308 se groefdraai. Daar is van die .308 gewere wat 10 duim groefdraai het en hul is heel vol twak as dit by ligte punte stabiliseer kom. Het al selfs beleef dat van die lope met 14 duim groefdraai ook soms beneuk kan raak met sekere tipe gewig punte.
Hoe bepaal mens die "twist"? Ek is nie heeltemal seker hoe om dit te doen nie. 'n Vriend het my een keer gewys met die cleaning rod, maar dis lank terug en ek kan nie meer onthou nie.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 10, 2010 11:28 pm
by caracal
SJ wrote:
Caracal herlaai jy of nie? Hier is heelwat manne wat jou kan help met die herlaai van .308! Die enigste uitweg vir jakkie se kind is 6mm!! HAHA Groetnis SJ
Nee, ek herlaai nie op die staduim nie. Ek wil eers kyk hoe die 125gr of 110gr groepeer voor ek die geld spandeer en die moeite doen om die toerusting te koop. As die resultaat nie goed is nie gaan ek nie die geld spandeer nie, dan skiet ek sommer met pmp's van die rak af.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 10, 2010 11:31 pm
by caracal
Ponkie wrote:
Caracal
Ek het 'n 1 in 12 twist en dan laai ek die 110gr 47gr S335 met 'n PMP Primer en PMP dop. Ek het hulle deur die chronie gehad en dan hardloop hulle so 3300 - 3330ft . Op 100m kry ek 'n <20mm groepering en op 250 groepeer hy steeds nog baie goed. Daar was die laaste keer 'n lekker windjie op die baan en dan skiet ek steeds gemaklik die 8duim gong op 250m raak.
Dis soos Danie se, jou twist is baie belangrike faktor.
Ponkie
Met daai spoed neem ek aan die trajek is baie plat. Ek weet nie veel van herlaai nie. Ek is nog aan die wik en weeg of ek die toerusting moet koop. Dankie vir die inligting.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 10, 2010 11:32 pm
by Monrique (SJ)
Caracal, jy vat jou skoonmaak stok met n lappie wat baie styf in die loop is. Druk die stok stukkie in en maak n merkie op die stok, druk die stok tot die merkie 1 volle omwenteling gedraai het en maak weer n merkie. Meet die lengte tussen en dan kry jy die groefdraai! Groetnis SJ
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 10, 2010 11:37 pm
by caracal
SJ wrote:
Caracal, jy vat jou skoonmaak stok met n lappie wat baie styf in die loop is. Druk die stok stukkie in en maak n merkie op die stok, druk die stok tot die merkie 1 volle omwenteling gedraai het en maak weer n merkie. Meet die lengte tussen en dan kry jy die groefdraai! Groetnis SJ
Baie dankie. Ek sal dit doen en terugvoering gee.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 10, 2010 11:39 pm
by Monrique (SJ)
Caracal, ek weet nie hoe baie jy skiet nie,maar 1 ding is verseker as jy jou geweer se akkuraatheid wil sien MOET jy herlaai en jou geweer se sweetspot kry! Hier is baie ouens op die forum wat uitmaak van herlaai,vra net en hulle antwoord graag! Groetnis SJ
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Mon Oct 11, 2010 6:56 am
by Freddie101
Caracal wrote:
Ek sukkel om afstand te skat in die nag en in die jag situasie is daar nie tyd vir range finders nie. Wat sal julle voorstel? Caracal
Rooikat. n Rangefinder is baie handig in die nag. Reeds omdat mens nie afstand lekker kan skat nie en veral as jy nie n kaliber het wat baie platskiet nie. Die jakkies is geneig om nou verder te staan. Wat jy doen is as jy by jou roepplek gaan sit moet jy in elk geval bietjie wag dat alles na normaal terugkeer en dan range jy n paar punte soos n booom, klip ,rant en dan weet jy min of meer.
Groetnis freddie
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Mon Oct 11, 2010 9:12 am
by Piet Breedt
Caracal wrote:
Danie .243 wrote:
Ou Caracal
Vertel eers vir ons wat is jou .308 se groefdraai. Daar is van die .308 gewere wat 10 duim groefdraai het en hul is heel vol twak as dit by ligte punte stabiliseer kom. Het al selfs beleef dat van die lope met 14 duim groefdraai ook soms beneuk kan raak met sekere tipe gewig punte.
Hoe bepaal mens die "twist"? Ek is nie heeltemal seker hoe om dit te doen nie. 'n Vriend het my een keer gewys met die cleaning rod, maar dis lank terug en ek kan nie meer onthou nie.
Gaan kyk hier
http://www.gsgroup.co.za/twistchecker.html om te sien hoe om dit te doen. Jy kan ook n stywe lappie om jou ramrod se punt sit soos SJ verduidelik het.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Fri Oct 15, 2010 8:08 pm
by caracal
Baie dankie vir al die raad. Ek was so paar dae weg van my laptop af en het eers nou kans gehad om te antwoord.
Ponkie
My geweer se twist is 1:12. Ek het maar besluit op 130gr punte. Ek sal ook 110gr toets. As ek na die manne se poste kyk lyk dit vir my of ek so op 200 meter moet skiet.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Fri Oct 15, 2010 9:02 pm
by iceman1982
Danie .243 wrote:
Ou Caracal
Vertel eers vir ons wat is jou .308 se groefdraai. Daar is van die .308 gewere wat 10 duim groefdraai het en hul is heel vol twak as dit by ligte punte stabiliseer kom. Het al selfs beleef dat van die lope met 14 duim groefdraai ook soms beneuk kan raak met sekere tipe gewig punte.
Hang ook af watter punt ons van praat. Onthou jou punte soos GSC of Barnes TSX is slegs uit koper gemaak. Koper is ligter as lood , so dus moet die punt langer wees om die gewig op te maak. Die langer maar ligter punt stabiliseer mooi in jou 1:10 .308'e
Groete
Marius
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Thu Oct 21, 2010 12:58 pm
by Stefan764
Rooikat
My raaiskoot is jy gaan die platste trajek met n 90gr Impala CFN kry. Onthou net jy moet eers uitvind of "like" jou geweer die ligte punte en dit vat maar tyd. Soos ek jou verstaan skiet jy net jakkals, so dan kan geen ou jou moeilikheid gee oor solids op wild en al daai tiep van klagtes nie. Jy gan n hoe spoed kry met uit die aard van die saak n baie platter trajek. Die punte is ook relatief goedkoop, @ R240 vir 50. Jy kan ook natuurlik Hornady se 110gr V-Max probeer. Hulle is so R380 vir 100.
Ek sou herlaai sterk oorweeg as ek jy is. 'n Ordentlike laaistel kan jy trugbetaal in 4jaar as jy redelik skiet en onthou die ding gaan jou 15jaar of langer hou. Jy spaar baie en jy skiet baie!!
Anyway, mar net my 2c...
Groetnis,
Stefan
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Oct 31, 2010 9:27 pm
by caracal
Ek het nou die 130gr punte getoets. Hulle groepeer mooi op 100 meter met 'n lading van 44gr s335. Ek het ook van die 90gr Impala punte gekry. Ek het dit nog nie getoets nie. Ek het is afgeraai om daarmee te skiet. Dit gaan glo die loop van agter brand volgens 'n vriend wat meer van wapens weet as ek. Wat dink julle. Ek waardeer die hulp en kommetaar. Dankie.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Mon Nov 01, 2010 11:29 am
by James Wilson
caracal, oorweeg dit maar om te herlaai. ek het altyd teen herlaai geskop, hoekom kan ek nie vandag vir jou se nie. skiet al jare met n 308, maar vandat ek herlaai kom die geweer eers tot sy reg. pasop net herlaai raak n adiction. jy is gewaarsku.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Mon Nov 01, 2010 11:31 am
by James Wilson
terwyl ons op die punte van 308 is : is hier iemand wat met Berger punte ligter as 150grn uit sy 308 skiet?
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Mon Nov 01, 2010 12:22 pm
by mossie
Goeie dag
Kyk maar- vir jag met n 308 is daar net een opsie- 130 gr GSHV.
Dankie
MOSSIE
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Thu Nov 11, 2010 1:06 pm
by 222
mossie wrote:
Goeie dag
Kyk maar- vir jag met n 308 is daar net een opsie- 130 gr GSHV.
Dankie
MOSSIE
Mossie
Ek stem 100% saam, my geweer like hulle kwaai en my seun het nou besluit die 308 is syne.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sat Nov 13, 2010 7:19 pm
by James Wilson
wat is GSHV
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sat Nov 13, 2010 10:54 pm
by 243Songdaug
GSHV
Dis een van die reekse koe?ls wat deur GS Custom vervaardig word. Eienaar Gerhard Shultz - dink ek het nou sy van lekker verkeerd gespel! (Hy is een van ons forum lede)
GS - eienaar se naam
HV - High Velosity
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun Nov 14, 2010 10:10 am
by James Wilson
ek het gedink dit is so iets. ek dink ek en Gerhard is iewers saam op n Amerikaanse sight. die yankees het nogal groot respek vir sy produk. my naaste wapenhandelaars is in Bloem en/of Kby. ek wonder of een van hulle dit daar aanhou? kan ek nie maar die punte by Gerhard self bestel nie?