Wat laat kruit ontbrand?
- PaulM
- Hero Member

- Posts: 881
- Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Wat laat kruit ontbrand?
Moresê,
Dit klink miskien na 'n erg dom vraag, maar laat ek julle die geskiedenis vertel soos wat ek dit het.
Ek praat vanoggend met 'n vriend, en kort voor lank praat ons toe vuurwapens en jag, ens. Hy vertel my van 'n vriend van
hom (kom ons noem hom maar Koos) wat anderdag 'n ding oorgekom het, wat my by bogenoemde vraag uitbring.
Koos is besig om subsoniese ladings vir sy 308 te ontwikkel om saans saggies te kan varkjag. Sy berekeninge is so 'n bietjie
skraps, en hy land toe met 'n koeël wat halfpad in die loop vassit. Vriend word toe genader om te kom help. By Koos gekom,
neem hy toe 'n 6mm staalstaaf en 'n 4lb hamer, en nadat die slot verwyder is en die nodige gedoen is om die kolf te
beskerm, begin hy toe om die hardnekkige koeël uit Koos se loop te slaan. Na so omtrent vier houe het die koeël darem so
paar duim na die kroon se kant toe begin beweeg, en met die volgende hou is daar een helse slag, en die hele kamer is vol
rook.
Die koeël het letterlik die pleister van die muur af geskiet, en daar was 'n ordentlike terugskop teen die hamer. Die
staalstaaf was met 'insulation tape' toegedraai om die loop se binnekant te beskerm, en hulle het vooraf Q20 in die loop
gespuit vir smering.
Dit blyk toe later dat Koos probeer het om die koeël uit te skiet deur 'n bietjie kruit in 'n doppie te sit en die skoot af te trek
met die loop na bo gewys. Ek vermoed dit is hoe daar onverbrande kruit in die loop beland het. Dit was sekerlik nie 'n baie
slim ding om te doen nie, en Vriend het nie daarvan geweet toe hy die koeël begin uitslaan nie. Hy was maar onder die
indruk dat daar 'n stuk lood in 'n skoon loop vassit.
My vraag is - kan die impak van die hamer alleen die kruit laat ontbrand? Was daar dalk 'n vonk tussen die staalstaaf en die
(koper) koeël as gevolg van die impak? Of kon die Q20 iets daarmee te doen gehad het?
Darem was daar geen beserings nie, net baie bewerige knieë, maar dit kon so maklik anders uitgedraai het.
Enige idees?

PaulM
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Wat laat kruit ontbrand?
Dammit manne, ek is bly julle is nie beseer of dood nie. Kon 'n lelike ding geword het.
Ek dink dis die Q20 wat ontplof het, amper soos diesel wat onder druk ontplof. Die kruit was nat van die Q20, en ek glo nie dis die kruit self wat ontbrand het nie. Dis my mening.
Na aanleiding van die amperse "ongeluk" wil ek 'n dringende beroep op almal doen - gebruik gesonde verstand in so 'n situasie, want as iemand iets sou oorkom, gaan "jammer sê" na die tyd niks beteken nie.
Groetnis

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- PaulM
- Hero Member

- Posts: 881
- Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Re: Wat laat kruit ontbrand?
Ek weet nie watter kruit hulle gebruik het nie, maar glo dit was een van die Somchem kruite. Kon die Q20 en die kruit dalk een of ander
reaksie veroorsaak het wat die kombinasie onstabiel laat raak (iets soos nitro-gliserien)? Ek weet nie hoe die chemie agter die skerms
werk nie.
reaksie veroorsaak het wat die kombinasie onstabiel laat raak (iets soos nitro-gliserien)? Ek weet nie hoe die chemie agter die skerms
werk nie.
PaulM
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Wat laat kruit ontbrand?
Geen idee nie. Die chemiese manne sal hier moet kom vertel.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Wat laat kruit ontbrand?
Piet skiet
Was jy daar om dit tegesien het?Ek wonder net want ek moes al geroesde boude uitdraai dan vat ek n "cutting torche" en maak die spul wit warm en spuit dan Q20 daar op.Al wat gebeur is die olie rook erg maar slaan ni9e aan die brand soos bv kar olie nie.

J
ammer piet skiet Rupert slaap alweer "My bad" dit was bedoel vir PaulM
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Wat laat kruit ontbrand?
- PaulM
- Hero Member

- Posts: 881
- Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Re: Wat laat kruit ontbrand?
RUPERT wrote:Piet skiet
Was jy daar om dit tegesien het?Ek wonder net want ek moes al geroesde boude uitdraai dan vat ek n "cutting torche" en maak die spul wit warm en spuit dan Q20 daar op.Al wat gebeur is die olie rook erg maar slaan ni9e aan die brand soos bv kar olie nie.
Rupert,
Ek was nie self daar nie. Het die storie maar oorvertel so goed ek kon, omdat dinge vir my ook maar duister klink. Blykbaar het
die eerste klompie houe die koeël laat beweeg, en daardie laaste een het die koeël heel by die loop uit. Ek het self ook al die
Q20 spuit op 'n warm bout gedoen, sonder enige snaakse gevolge. Daarom het ek gewonder oor 'n moontlike chemiese
invloed wat die Q20 op die kruit gehad het wat dalk onstabiliteit kon veroorsaak.
PaulM
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Wat laat kruit ontbrand?
Ek het nie 'n verklaring vir julle probleem nie, maar ek weet dat iets wat, nadat dit "getrigger" is spontaan verder ontbrand en onder druk verkeer, 'n ontplofing veroorsaak. Jy kan 'n bietjie kruit op die grond uitgooi en dit sonder enige gevaarlike gevolge brand steek. Dit brand net lekker. Sit dit egter in 'n geslote ruime en steek dit brand, en 'n moewiese ontploffing.
Weet nie of Q20 nie dalk dieselfde effek het nie. Vra maar net!
Weet nie of Q20 nie dalk dieselfde effek het nie. Vra maar net!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Wat laat kruit ontbrand?
PietmanPiet-Skiet wrote:Dit kan. Spuit q20 agter in 'n pellet se skirt en skiet dan daai pellet.
dink jy slaan die spyker nou op sy kop!
-
Danie Lombard .243
Re: Wat laat kruit ontbrand?
Het julle al gehoor van om nooit olie in 'n geweer loop in te spuit en dan die skoot te skiet?? Die druk tussen die koeel mantel en die loop maak dat die olie so erg ge "press" word dat die olie ontlof en die loop beskadig "buldge"
Dit is wat met die Q20 gebeur het. Q20 en ander tiepe dun verfynde olie is niks anders as baie skoongemaakte verfynde diesel wat weer aanvanklik ru olie was met geboorte.
Enige olie kan onder druk ontplof en as die olie warm is ontplof dit nog beter.
kom ek vertel vir julle iets van olie......
Gaan praat met die ruwwe manne wat dink turbo diesel engine bakkies in resies karre, en laat hulle vir jul vertel wat gebeur as die turbo se veins ingee teen die lekker vinnige spoed en die turbo shaft bushes ingee weens misbruik deur die drywer en die cranck case olie wat die buste van die turbo shaft smeer deur lek intake toe. Hulle almal se die bakkie het skielik sommer baie beter begin spoed optel en laat waai maar daar was 'n groot swart wolk rook agter die bakkie. En toe hul die lepel los toe hou die bakkie aan met beter en beter hol??? Want nou suig die piston vacuum die lekkende warm olie van die kaput turbo shaft deur die intake direk sleeves toe deur die intake valves en die warm olie verbrand nou stukke beter onder druk as diesel. Die bakkie wil nie stop nie en tel net meer en meer spoed op. Warm olie word sonder moeite teen hoe volume deur die intake gesuig, gemeng met suurstof en gepers teen die cylinder head deur die piston. So 'n bakkie hou aan spoed optel en hou aan jaag todat die rockers breek, valve bounce kry of iets soortgelyk, meeste van die kere sterf die engine van dry seeze omdat die hele cranck case se olie deur die olie pomp turbo shaft toe gepomp was en die was weer sleeves toe deur die intake. Dit alles gebeur sommer gou gou. 'n Engine se olie pomp vat nie tyd nie en pomp olie teen 'n baie hoe druk en tempo deur die engine.
As gewone engine olie (15W40 ens ens) dit kan doen, wat kan dun fyn olie onder druk doen?
Sou die man kruit in 'n dop gesit het met 'n lewendige primer en die skoot geskiet het sou al die kruit verbrand het. Daar sou nie onverbrande kruit in die loop agter gebly het nie.
Ek glo nie kruit sal ontplof as jy dit met 'n hamer slaan nie
Ek weet nie. Ek gaan dit nie probeer nie.

Ek het intussen uitgevind by kenners dat kruit wel kan ontplof,ontbrand as dit hard gekap,geslaan, gekompakteer word onder groot druk soos bv in die geval waar mens kruit met 'n hamer slaan.
Na aanleiding van die boonste gesprek dink ek steeds nie daar was kruit in die loop nie. Die olie kon dalk die ontplofing veroorsaak het.
Dit is maar 'n duim suig kans vat redenasie. Ek hoop nie om ooit so 'n ervaring te beleef nie.
Danie
Na aanleiding van die boonste gesprek dink ek steeds nie daar was kruit in die loop nie. Die olie kon dalk die ontplofing veroorsaak het.
Dit is maar 'n duim suig kans vat redenasie. Ek hoop nie om ooit so 'n ervaring te beleef nie.
Danie
- PaulM
- Hero Member

- Posts: 881
- Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Re: Wat laat kruit ontbrand?
Dankie vir al die terugvoer. Ek dink wat presies plaasgevind het, sal seker maar in die duister bly. Ek weet egter dat die manne
met die "reduced loads" eers die lope maar mooi moet skoonmaak voordat die vassit-koeël uitgeslaan word....