Page 1 of 1

Carbon

Posted: Thu Oct 07, 2010 7:52 pm
by boeta
Naand almal

Net n paar vrae
As ek my silencer afdraai is daar carbon voor aan die loop by die kroon.Hoe maak mens dit skoon.Moet n mens dit skoon maak.As ek dit nie skoon maak nie sal dit my akuraatheid beinvloed

Hoor graag wat julle se

Boeta

Re: Carbon

Posted: Fri Oct 08, 2010 7:49 am
by Geno
Boeta, moet dit net nie met 'n mes afkrap nie...
Ek het dieselfde storie met myne, ek dink as jy 'n lappie met solvent natmaak en dit dan op die loop smeer en bietjie los sal dit werk, kan dit dan net met 'n tandeborsel afhaal as dit sukkel.

Manne wat weet, help my reg as dit verkeerd is.

Re: Carbon

Posted: Fri Oct 08, 2010 12:14 pm
by Mac
Use a rag soaked with CARB cleaner, takes 2 min, and no scrubbing.

Re: Carbon

Posted: Fri Oct 08, 2010 12:16 pm
by 243Songdaug
Geno.

Jy is heeltemal reg - die beste solvent wat ek tot op hede gekry het om so iets te doen is Boretech se Eliminator.
Die Eliminator los die carbon mooi op en dan vee dit mooitjies af sonder om jou kroon te krap.

Belangrik!!!!
Moet net nie die kroon skuur met staalwol of iets in die lyn nie.

Greote.
Jaco

Re: Carbon

Posted: Fri Oct 08, 2010 1:01 pm
by Jeagermeister
Manne,

Gee hierdie gif 'n probeer.. het nie daai skerp amoniak reuk nie, en werk soos 'n bom!! Op die kroon, LM se interne parte..


http://www.slip2000.com/carbonkiller.html

Is beskikbaar by die webtuiste..

http://www.hailstormza.com/?gclid=CNGzlMeOw6QCFQOazAodZD_lCA

Die diens van Deon Storm is regtig iets om aan te beveel..

Hoop dit help

Jagermeister