Eerste Jag vir 2013
Posted: Tue May 14, 2013 11:18 am
Uiteindelik het die kans aangebreek vir die eerste jag van 2013.
Donderdagoggend vroeg voor eerste lig laai ek vir Gerhard en Wikus, my twee jagmaats om die seisoen mee af te skop, op, en ons vat die pad binneland toe.
Die opgewondenheid loop dik in die bakkie soos elkeen uitsien na sy eerste bok vir die seisoen. Wikus is n boogjagter, en is nou al lank op soek na sy eerste Blouwildebees, asook Gerhard wat graag sy Blouwildebees rekening wil open.
Ekself gaan maar net saam vir die kuier en saam in die veld wees.
Duskant Usakos steek die son sy kop uit, en die koffiebottel word in die kar rondgestuur om die ergste oggedkoue te verdryf. Dan is ons deur Karabib en die plaas is nie meer ver nie. Soos ons deur die hek ry en die eerste wild begin gewaar, raak die manne stil soos die vooreg by ons insink om weer in die veld te wees.
Aangesien dit Hemelvaartsdag is het ons reeds besluit om nie die dag te jag nie, en net n gamedrive te vat ombietjie die plaas te sien.
Namiddag sit ons die staanrib op en vat so laaste sundowner trip voor die groot jag Vrydag begin. Na ete kuier ons nog so ruk langs die vuur tot die manne begin stil raak en ons gaan inkruip vir die groot dag more.
Vroeg Vrydagoggend is Wikus in sy hideen wag geduldig vir daai BWB met sy nommer op.
Ek en Gerhard en die gids Andreas vat die pad veld toe op soek na Gerhard se BWB asook n Gemsbok vir die plaas self.
Vroegoggend is ons gelukkig, en na n rukkie se soek kry ons n trop Blouwildebeeste. Na wat voel soos n ewigheid kry Gerhard n skietkans en sit op mooi skoot met sy 375 die BWB neer in sy spore.
Na die gebruiklikke gelukwensings en fotos neem, gaan haal ons die bakkie om op te laai en terug te vat slagplek toe.
Nou is dit my beurt. Gelukkig weet Andreas die gids waar loop die mooi Gemsies, en kry ek daem gou n kans op n mooi bul wat ook net daar in sy spore val met my 7x57 looppil wat sy kopseer sommer net so gee en neem in millisekondes..
Terug by die kamp het Wikus nog nie sy bok se nommer gekry nie, en besluit hy om self ook Saterdag et die geweer uit te gaan eerder as om in die hide te sit met die boog.
Vrydagaand braai ons steak en kuier lekker laat voor ons eers so middernag swem vat en dan gaan inkruip.
Vroeg Saterdag is Wikus uit met die gids, en ek en Gerhard gaan stap in n ander kamp om te kyk vir Jakkalse of varke.
Vandag is toe darem Wikus se gelukkige dag, en hy trek self n mooi BWB plat met sy 308.
Met ons al drie wat darem nou so iets platgetrek het, is die kuier langs die vuur Saterdagaand sommer heeltyd n recap van elkeen se jagverhaaal.
Sondagoogend stap ons vir oulaas so draai deur die veld om afskeid te neem van die plaas, voor ons die vleis en die bagasie laai en die rekening vereffen.
Dan is dit met n goeie gevoel in die hart maar so effense swaar gemoed wat ons die pad weer terug vat see toe. Maandag is werk, maar geen geld kan rerig die kuier en samesyn in die veld koop nie. Hoop julle manne geniet die fotos en die storie.
Groete,
Cor