Page 1 of 1
Re: hoeveel goedkooper is dit om 243 te herlaai vs 270?
Posted: Tue Oct 05, 2010 4:42 pm
by tafjak
Majubaketie
en die 1 se toe dat die 270 teduur is om telaai en dat jy oor i jaar i teleskoop kan koop met die prys verskil tusen om i 243 en 270 telaai
... ja, jou p?l kan regwees, moet net onthou om geld eenkant te sit vir nuwe loop ook. Om die 50c per skoot te wen moet hy min of meer 25 000 skote meer as 270 skiet om lope(minstens 3) en scope te kan koop. Weet ook nie na wat hy gaan skiet nie, vrou sal moet help.
Re: hoeveel goedkooper is dit om 243 te herlaai vs 270?
Posted: Tue Oct 05, 2010 6:09 pm
by Danie Lombard .243
243 is veel swaarder op lope as 'n 270. Om hul te skiet kos ook maar dieselfde. Die 243 gebruik net so 'n knerts minder kruit as die 270. Nie veel om oor huis toe te skryf nie. Hul kostes is maar dieselfde.
Re: hoeveel goedkooper is dit om 243 te herlaai vs 270?
Posted: Tue Oct 05, 2010 8:36 pm
by Louis102
Danie .243 wrote:
...243 is veel swaarder op lope as 'n 270...
Moenie so s? nie, my ou vrind oorkant die spoor se 270-loop het so pas gegaan. Die selfde maak loop as op my 243. Ek dink ek is net 'n kortkop agter hom met aantal skote, so dit voorspel niks goeds nie?
Re: hoeveel goedkooper is dit om 243 te herlaai vs 270?
Posted: Tue Oct 05, 2010 10:50 pm
by Boesman
Stem saam, Danie.
Louis...

begin bid...

Re: hoeveel goedkooper is dit om 243 te herlaai vs 270?
Posted: Tue Oct 05, 2010 11:19 pm
by Jagtersdok
As jy Remington of Winchester doppe gebruik kos hulle hier by ons presies dieselfde vir beide kalibers.
Nosler en Hornady punte ook dieselfde.
Die 270 vat 10grein meer kruit op 'n max lading.
So as jy 1000 skote per jaar skiet, sal die 270 jou 'n raps meer as 1 blik kruit ekstra kos en so R500 op 50cent per punt ekstra. Ek het beide kalibers en laai net premium punte. Ek het ook al die sommetjies gemaak
Re: hoeveel goedkooper is dit om 243 te herlaai vs 270?
Posted: Wed Oct 06, 2010 6:30 pm
by Hein M.
majubaketie wrote:
Jagtersdok wrote:
As jy Remington of Winchester doppe gebruik kos hulle hier by ons presies dieselfde vir beide kalibers.
Nosler en Hornady punte ook dieselfde.
Die 270 vat 10grein meer kruit op 'n max lading.
So as jy 1000 skote per jaar skiet, sal die 270 jou 'n raps meer as 1 blik kruit ekstra kos en so R500 op 50cent per punt ekstra. Ek het beide kalibers en laai net premium punte. Ek het ook al die sommetjies gemaak
en as jy loop lewe by tel kos hule 2 mar die sele. Kort sigtige pel wat ek het dink ek
MK,
As jy so se...
Raak ontslae van daai pel en koop vir jou 'n 243
Hein M.
Re: hoeveel goedkooper is dit om 243 te herlaai vs 270?
Posted: Wed Oct 06, 2010 6:34 pm
by 243Songdaug
Hein, dit is darem nou baie goeie raad wat jy vir MK daar gee!
Re: hoeveel goedkooper is dit om 243 te herlaai vs 270?
Posted: Wed Oct 06, 2010 7:04 pm
by Armand Steenkamp
Hahahaha SOOOODAAAAR!!
Re: hoeveel goedkooper is dit om 243 te herlaai vs 270?
Posted: Wed Oct 06, 2010 11:02 pm
by Jagtersdok
Dit is presies so as jy als uitwerk is die twee se kostes maar dieselfde, 6 van die een en half dosyn van die ander
Re: hoeveel goedkooper is dit om 243 te herlaai vs 270?
Posted: Thu Oct 07, 2010 9:39 am
by Danie Lombard .243
En 'n 243 is die BESTE PEL wat 'n man ooit kan he.
Hier na 'n lang tyd se saam wees kry die areme ou keel kanker van al die somchem rookery. Verder is daar nie 'n beter pel nie.
So sag soos die son en so blou soos die maan op die skouer.
Re: hoeveel goedkooper is dit om 243 te herlaai vs 270?
Posted: Thu Oct 07, 2010 9:57 am
by Monrique (SJ)
Danie.243
Praat jy nou, lekker.
Groetnis
SJ
Re: hoeveel goedkooper is dit om 243 te herlaai vs 270?
Posted: Thu Oct 07, 2010 2:20 pm
by Wielie Waps
Hel Daan , maar jy is filosofies en dit oor 'n ou geweer vol kanker.
Waar's hy nou dat jy hom nodig het die naweek. Ek sal maar vir jou die bonsai moet leen.
Groetnis