Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post Reply
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Nico de Jager »

Jis Manne
Ek hoor party ouens weeg hul doppe en maak dan "batches". Hoeveel kan/moet die verskil in so "batch" wees. Maak dit regtig n verskil? Ek benchrest nou nie maar as ek weet my ammo en geweer is 100% reg dan het ek meer selfvertroue en skiet beter.
1- Ek het klompie 25-06 R-P doppe geweeg en lyk vir my hulle middel gewig is 192.2 grein. Wat moet die batch se min en maks gewig dan wees? Hierdie doppe het ek al 4 keer herlaai.
2- Ek het nou so 80 wat nog net eenkeer geskiet is, kan ek hulle volgens gewig by bogenoemde "batches" indeel of gaan die feit dat hulle minder herlaai is n verskil maak?
3- Hoe werk mens jou batches uit, gestel 200 doppe. Maak jy n lig,meduim en swaar batch of n lig en swaar een.
Groete
Ribbok
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Ponkie »

Oom Nico

Ek het amper 400 308 doppe en eerstens sorteer ek hulle volgens "brandname" en daarna weeg ek vir arguments onthalwe 50 doppe uit wat almal met nie meer as 0.3grein van mekaar verskil nie. Hierdie 50 skiet ek dan weg en as ek weer herlaai weeg ek eers weer 50 uit.

Baie eenvoudig en seker nie die 100% regte manier nie, maar sedertien kon ek die verskil in my groeperings sien.

Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Jagtersdok »

Ponkie

Jou manier is heeltemal reg. Hoe minder jou batch se standaard variasie met gewig hoe beter
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Francois Marais »

Ribbok

Die uitweeg van doppe is maar n deel van wat ons doen om ons veranderlikes so min as moontlik te hou. As jy n Benchrest skut is, is doppe van presies dieselle gewig amper n vereiste. Ek weet Oom Chris v Niekerk het vir n jaar of wat net met 11doppe al sy kompitiesies geskiet, hylle was persies tot 0.1 grein dieselle.

Die regte manier om te beginne is met n batch nuwe doppe, of dan once-fired. Ek is nie lus vir die lang verduidelik nie, ek tik te dem stadig, gaan vir jou n artikel copy en paste, dit is breedvoerig geskryf en is maar die manier waarop ek werk.

http://www.6mmbr.com/jgcaseprep.html

Ribbok, dit is miskien bietjie meer as wat jy wou weet, maar dit is nodig om die stappe vooraf ook te doen, anders, as jou doppe se lengtes bv. verskil, gaan die uitweeg nie die wenslike resultate he nie, het in my soieke na die artikel ook op die man se stelling afgekom. Hy reken die uitweeg is tydmors.
I don't weigh cases as the tolerance you are measuring is within the variations in the machining of the extractor groove. How important is that? Weighing was a quick and easy method to try and identify cases of differing volume. However, it is not a reliable method. Just find some brass from the same lot that varies in weight, then compare volumes. I bet the volumes are near identical. I figure, if I want to compare case volumes, compare case volumes.
Die quote vanaf hierdie bladsy; http://www.longrangehunting.com/articles/precision-reloading.php

Hoop die gee jou darem n antwoord of twee op jou vrae.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Ponkie »

Oom Francois

Met ander woorde, dis beter om liewers doppe met diesele volume te he as 'n dop wat diesele gewig het?
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Raven »

Ponkie,
Dis die binnekant wat saak maak, soos ek hom ook verstaan. Ek het altwee artikels deurgelees, maar 1 ding pla my ook nog. As 'n man dan nou tegnies wil wees, moet jy dan weeg en volume toets.

Want 'n dop met dikwande en ander met dun wande, maar dieselle volume sal mos ook verskillend skiet dink ek(lees makliker uitsit). Soms raak 'n man ook te tegnies...  ???. Ek dink ek is selfs soms skuldig daaraan.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by 243Songdaug »

Manne

Koop vir julle Glen D. Zediker se boek.  Kyk vir die boek met die Turret press op die voorblad - dink sy naam is Reloading to make the target bigger.

Dis een van die beste geskrifte wat ek nog gelees het en dit maak uitstekende naslaan/verwysings materiaal vir die tye wanneer die internet af is.

90% van die vrae wat ek vanaf herlaaiers kry kan uit die boek beantwoord word.

Hy s? ook dat hy sy doppe klas op 2 maniere - meet die nekwanddiktes of die skiet metode.  Nekwande meet is voor die hand liggend.  Die skiet metode is die luigat manier - hy s? hy laai eenvoudig die nuwe doppe en skiet hulle vanaf die bench - die skote wat die X ring tref bly en die wat mis gooi hy uit.

Ek dink die skiet metode is fine - as jy nie mind om net vir 'n jaar met 'n loop te skiet nie.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Hein M. »

Hallo almal,

Dit is net logies dat 'n "batch" doppe met presies dieselfde binnevolume eenvormige resultate gaan lewer.  Mits alle ander aspekte in die herlaaiproses ook presies dieselfde is... 
Sommige papierskieters vul die betrokke doppe heeltemal met 'n baie fyn "bal-tipe" kruit en kies dan net die batch wat presies dieselfde hoeveelheid hou...

Ook maar gelees, maar dit is 'n interessante onderwerp

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Armand Steenkamp »

Mirrag se kerels

Gou n vragie.As jy jou doppe weeg moet jy mos n elektroniese skaal he of hoe?

Groete
Armand
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Raven »

Armand
Armand Steenkamp wrote: n elektroniese skaal ?
Dit maak die "job" net vinniger en makliker

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by KSV »

Armand,

Jy kry sulke klein elektroniese skale, Frankfort Arsonal en MTM is twee make wat ek van weet. Hulle is ook nie so duur nie.

Ek het n Franfort model wat ek nie gebruik nie.

Jy kan met die beam skaal weeg maar daai vat nogal tyd.

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Danie Lombard .243

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Danie Lombard .243 »

Ek sluit aan by KSV.

Kry 'n klein digitale skaal. Ek gebruik een om my doppe te weeg en dit dan te batch volgens gewig. Ek kan die verskil aan my groepe sien. Die weeg van doppe is belangrik by die skiet van klein groepe en komp skiet. Sorg ook dat doppe ge batch word volgens ewe veel kere geskiet.
Ek weeg slegs met my papier/komp. skiet doppe. My jakkie jag doppe word nie geweeg nie, maar ek sorg dat hul ewe veel aantal skote verouder.
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Nico de Jager »

Jis Manne
Francios, Ponkie en al die ander ouens dankie vir julle raad.
Groete
Ribbok
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Nico de Jager »

Jis Manne
Ek het my swaarste en ligste 25-06 R-P dop gevat en die volume toets met balkruit gedoen (na die beste van my vermoe). Ek het net S321 wat n balkruit is, ek dink nie dit is die ideale toets meduim nie.

Die ligste dop weeg 189,2gr en vat 67,4gr S321
Swaarste dop weeg 194,2gr en vat 66.3gr S321.

So dis omtrent 1gr verskil in massa\volume. Nou moet julle slim manne se hoe bepalend die verskil op jou resultate gaan wees.
As ek tyd het gaan ek die twee doppe laai met my gewone lading en n 2 skoot groepering skiet.
Dis nou so droog by ons is daar nie iemand (by wie dit miskien natter is) wat my eksperiment wil borg nie. Ek sal 2 cci 200 primers, 2 100 gr Sierra Match  en so 50gr S365 nodig he.
Groete
Ribbok
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by Nico de Jager »

KSV\Hein
Ek het ook so n Frankfort skaal, ek kry hom glad nie gezero nie. Is daar miskien n truuk wat nie op die aanwysings is nie. Ek sal hom graag vir jou wil pos dat jy kan kyk of hy soos joune werk. As dit reg is sal ek jou PM.
Groete
Ribbok
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Indeel van doppe in "batches"/Weeg van doppe.

Post by KSV »

Ribbok,

Maak so.

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Post Reply