Page 1 of 1

Dexter beeste

Posted: Sun May 12, 2013 9:42 pm
by Jacquesb
Naand Vriende
Ek het 'n klein stukkie grond buite PTA, daar is hartwater en moontlik rooiwater. Ek dink daaraan om dit in te rig om 'n paar Dexters aan te hou! Skape word te maklik gesteel en die jakalse kom haal die lammers. Die grond is te klein vir groot beeste om die poging ekonomies haalbaar te maak. En bure te naby om jakke te jag!

Enige raad, artikels, pryse, voor en nadele, siektes, ens oor Dexters sal waardeer word. Ek wil nie krale bou wat vir geen ander diere, groter of kleiner bruikbaar gaan wees nie,
Op Overvaal Dexters se FB blad raak ek nie veel wys nie! Moet nog gaan Google.

Dankie
Jacques

Re: Dexter beeste

Posted: Sun May 12, 2013 11:42 pm
by Johnnie De Wet
Maak seker jy kry negatiewe (bulldog geen) diere.

Re: Dexter beeste

Posted: Tue May 14, 2013 11:42 am
by Johnnie De Wet

Re: Dexter beeste

Posted: Tue May 14, 2013 1:04 pm
by Smirre
Hallo
Maak seker die diere wat jy koop se DNA is getoets vir die bulldog geen

Moet nie diere koop wat nie getoets is nie

Jy sal dan ook sien die dexters is groter as hulle negatief is

Groete