Page 1 of 2

Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaalsrus)

Posted: Fri May 10, 2013 10:20 am
by evdberg
Dagse Manne

Weet julle waar kan ons n Mooi Eland Bul jag in Noord Vrystaat (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaalsrus) omgewing ?
Die bul moet darm hier by die 250kg+ uitslag.
Prys klas waarna ek kyk is tussen R6000 - R7000

Groete

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 10:39 am
by Wismit
Ek glo nie jy gaan daai grote bul kry vir R6000 -R7000 klas nie?
Kyk maar na R8000-R10 000.

Ek hoop jy kom reg

W.S

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 10:45 am
by DWB
PM vir Marno op die forum

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 10:49 am
by Roger
Plaas Helderwater (Pat Slabbert) en Nooitgedagt (Buks Steenkamp)

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 10:55 am
by evdberg
Dankie Roger. Helderwater het , maar geskat sal hulle so 200 - 220kg oplewer.

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 11:03 am
by Eugene
Praat met Jakkalsgat, hy sal jou heel moontlik kan help!

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 11:06 am
by Jakkalsgat
Eugene

Dankie vir verwysing maar ek het hom na Stanman moes verwys en lyk my dis hy wat die kinder Elande het :o

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 11:14 am
by kopskoot
Jakkalsgat wrote:Eugene

Dankie vir verwysing maar ek het hom na Stanman moes verwys en lyk my dis hy wat die kinder Elande het :o
Jaco

As jy weet waar hulle pappa's rondloop, laat weet my asb.

Ek sal graag op hulle wil skiet!! :o

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 12:28 pm
by evdberg
Jakkalsgat wrote: ek het hom na Stanman moes verwys en lyk my dis hy wat die kinder Elande het :o
Ja, Nee - ek wil nie vir kinder mishandeling toegesluit word nie....

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 2:30 pm
by grumpy
Jammer maar ek het hom klaar geskiet!! ;D ;)

>:(

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 4:17 pm
by Jakkalsgat
Eugene

Se gou wat moet daai Elandbul waarna jy soek karkas (vel af) uitslag?

Groete

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 7:11 pm
by evdberg
Ek kyk na n 400kg Karkas wat so 280 - 300 kg vleis massa sal gee.

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 8:23 pm
by Jakkalsgat
Eugene

Praat ons m.a.w van 280 - 300kg skoon vleis, sonder bene?

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 8:25 pm
by evdberg
yes, 280 - 300 kg vleis, sonder bene.

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 8:35 pm
by Jakkalsgat
Kom ons vat 'n maklike som en ons se 300kg se vleis wat beteken dis 55% van jou karkas m.a.w dit gee vir jou Eland karkas van 545kg @ R25 per kg (ons werk sommer net op Jaracal se prys) R 13 636.

Jy wil die Eland skiet vir R6000 tot R 7500?

Nou dink ek ons moet 'n man soos Robbie1 hier kry wat al bietjie vleis gewerk het dat hy vir ons kom vertel of hy al so Eland geslag het.

Is hierdie jou eerste Eland waarna jy opsoek is?

As ek die gewigte so kyk is jy opsoek na Livingston wat hier by ons naastenby daai gewigte gaan uitslag.

Ek wil nie vir jou slegte moed inpraat nie maar Livingston gaan jy nie vir R 14 000 skiet nie en daai gewig gaan jy nie kry by Vrystaat Eland of enige ander gewone Eland in SA nie.

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 8:45 pm
by grumpy
Daai Eland is n klein Olifant met so gewig.

Ek sal graag so groot Eland wil sien. Ek het gedink my Eland was groot maar as jy so Eland soek is myne nog n baba! :):

>:(

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 8:51 pm
by evdberg
Jy slaan die spyker op sy kop, ek het vandag Baie oor Eland geleer. Ek kaan nie die hoeveelheid vleis kry vir die geld wat ek wou betaal nie.
Eland bulle se gewig het n groot range.Sien hier onder. Ons praat van die gewone eland.

Eland males are much larger than females, weighing 400-1000 kg compared to 300-600 kg for females. Hides are a uniform fawn color with some vertical white striping on the upper parts. A dewlap, thought to be an adaptation for heat dissapation, hangs from the throat and neck. Heavy horns are twisted in a corkscrew fashion and grow up to 4 ft. long on males, 2.2 ft. long on females. A short mane occurs on the nape, and males have long hairs on the throat
http://www.wild-about-you.com/GameCapeEland.htm

Hier is n Baie nice opsomming oor die verskillende Eland spesies, weet net nie of dit 100% akuraat is nie...
http://www.africahunting.com/hunting-af ... eland.html

ongelukkig is Eland nou van my menu af ....

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 8:55 pm
by grumpy
Niks fout metEland. Laat Jaco jou vat. Glo my jy sal n mooi grrot een kry en baie vleis.

Weet nie of jy my foto met Eland gesien het? Baie groot en genoeg vleis.

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 8:58 pm
by evdberg
volgens my navorsing weeg n eland bull tussen 600kg en 900kg lewendig.
a mass of about 600 kg / 1330 lb. (cow) up to 900 kg / 1980 lb. (bull).
http://www.jagdfarm-bornholm.com/html/cape_eland.htm

Bulls weigh 400–942 kg
Male elands can weigh up to 1,000 kg
http://en.wikipedia.org/wiki/Common_eland

An adult Cape eland bull has a shoulder height of some 1,7 m and weighs up to 940 kg as opposed to 1,5 m and 460 kg in a cow
http://www.wildlifehunt.co.za/en/compon ... eland.html

Jy gaan wel n prys betaal van R12 000 plus vir n 900kg Eland.
My verwagting wat ek sou kry vir R6500 was heeltemal uit.

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 9:05 pm
by evdberg
Hier is nog n Mooi opsomming oor die Eland Spesies.
http://wildliferanching.com/content/ela ... aphus-oryx

Lyk my die vorige opsomming waaroor ek nie seker was nie is akuraat.

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 9:15 pm
by Jakkalsgat
evdberg wrote:
ongelukkig is Eland nou van my menu af ....
Ai Eugene

Dis rerig jammer want Eland is rerig lekker bok om te jag maar op sy tyd sal jou bok kom net soos met Grumpy sin, hou net jou oor op die grond. Al hierdie inligting wat mens oor bokke en karkasse kry is nie altyd so 100% reg nie.

Groete
Jaco

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Fri May 10, 2013 9:29 pm
by evdberg
Ja , ek het Baie uitgesien, maar my tyd sal kom.
kan nou meer kleiner bokke laat bakkie ry ;D

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Sat May 11, 2013 7:04 am
by evdberg
Jakkalsgat wrote:Kom ons vat 'n maklike som en ons se 300kg se vleis wat beteken dis 55% van jou karkas m.a.w dit gee vir jou Eland karkas van 545kg
Jakkalsgat, jou bewerking hierbo is nie 100% vir my nie.
N Karkas wat 465kg weeg gee 300kg vleis en 165 kg bene, bene op 35% uitgewerk.
300+165=465
165/465=35.48%
Eland kan amper op 40% been Massa uitgewerk word, dis tog die grootste bok wat bestaan.
465 kg Karkas gee Dan 279kg vleis en 186 kg bene op 40% uitgewerk.

N 545kg Karkas is n m&$rse Eland, hy sal so 1100 kg lewendig staan... :o
545kg Karkas sal jou 325kg vleis gee en 220kg bene , as bene op 40% uitgewerk word.

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Sat May 11, 2013 7:56 am
by Jakkalsgat
Jy is reg my berekening is nie 100% nie.

'n Eland van 465kg steeds is 'n murse bok wat jy bitter selde sal kry en ek kan jou brief gee dat vir daai bok kan jy jou regmaak vir ten minste R 15 000 want hierdie tipe van bok het nog trofee waarde aan hom ook. Kom ons wees realisties en ons praat van Eland karkas gewig en nie vleis gewig nie want dit is hoe dit algemeen geweeg word en ons se jy soek 'n Eland van 300 - 320kg en ons gaan soek vir jou so 1 en hy behoort jou te kos tussen R7500 en R 8500, jy gaan steeds sukkel om hom vir daai geld te kry maar jy kry dit wel. Ek wil my nek verder uitsteek en 'n bewering maak dat die gemiddeld, 'n goeie gemiddeld, van Eland bulle wat geskiet word in die omgewing van 300kg karkasse is.

Wat probeer ek se, moet nie vir jouself en ander mense op die forum die verwagting skep dat jy vir R6k - R7.5k 'n Eland gaan kry wat 250 ot 300 kg vleis gaan gee nie hier kan jy jou regmaak vir 'n karkas van tussen 240kg en 260kg want in die praktyk werk jou karkas jou gewoonlik so in die omgewing R30 / kg uit. Die hartseer is dat jy by die slaghuis vir hom net R 18 / kg kry en as jy hom sou werk by 'n slaghuis kos hy jou nog R 3500 of dan R15/kg.

Ek wil nie van hierdie 'n "pissing contest" maak nie ek praat net uit klomp jare se ondervinding en se ek weer daai wat jy soek gebeur wel maar baie selde. My ondervinding is ook dat baie jagters nie werklik hulle karkasse weeg nie maar werk op die duimsuig gewig wat die boer of PH vir hom voorhou want nadat die bok geval het wil elke jagter van hulle weet wat sal hy uitslag en omdat Eland se enorme karkas het skat die meeste van die manne verkeerd en lieg hulle onopsetlik baie gewig by. Ek wil nie eers ingaan op al die gewigte en goed wat Google en ander "search engins" aangebied word.

Ek hoop van harte jy kry Eland wat jou sak pas want soos ek reeds gese het is Eland baie lekker bok om te skiet en as ek hom kry gaan ek jou verseker in gedagte hou. Hulle kom van tyd tot tyd!

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Posted: Sat May 11, 2013 9:18 am
by Rasmus
Eland jag is bitter lekker! Mens raak maklik verslaaf daaraan. Maar die bokke het die laaste paar jaar baie duur geword.

Die plaas waar ons jag vra nie trofee pryse nie. Daarnkan jy Elande skiet vir R7500. My eerste bul op die plaas het 305kg uitgeslag, tweede bul was 280kg en ek het n koei geskiet wat ook 240 uitgeslag het.

Die plaas is nie vêr van Wouter se plaas nie.