Page 1 of 1

Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Wed May 08, 2013 12:46 pm
by junglejulian
Ek het onlangs n hael masjien gekry en wil wonder wat is die beste vloeistof om te gebruik vir die afkoel van die hael.dit is met n no 7 nozzel.ek het parafien,diesel,water of motor olie in gedagte?
Moet ek enige smeermiddel gebruik op die oppervlak waaroor die hael rol?

Baie dankie

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Wed May 08, 2013 12:59 pm
by FHM
JJ lees bietjie hierso - dalk vind jy dit interressant.

Uittreksel:

The roundness of the lead shot depends on the angle of the inclined surfaces as well as the temperature of the liquid coolant. Various coolants have successfully been used, ranging from diesel fuel to antifreeze and water soluble oil.

Lead shot dropped quickly into liquid cooling baths when being produced from molten lead is known as "chilled lead shot", in contrast to "soft lead shot" which is produced by molten lead not being dropped as quickly into a liquid cooling bath. The process of rapidly chilling lead shot during its manufacturing process causes the shot to become harder than what it would otherwise be if allowed to cool more slowly. Hence, chilled lead shot, being harder and less likely to deform during firing, is preferred by shotgunners for improving shot pattern densities at longer (> 30 yard) ranges, whereas soft lead shot, being softer and more likely to deform during firing, is preferred for improving shot pattern densities at very close (< 20 yard) ranges as the softer and now deformed shot scatters more quickly when fired.

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Wed May 08, 2013 1:47 pm
by Geno
Ek het gehoor dat van die manne reken dat Stasoft mooi werk as afkoelmiddel.

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Wed May 08, 2013 1:49 pm
by smitjs
Diesel werk uitstekend

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Wed May 08, 2013 2:16 pm
by blaser
diesel is die beste
bordkryt werk goed bo op die val plaat

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Wed May 08, 2013 2:45 pm
by Zack Benade
Junglejulian

Ek sal haal by jou koop. Skreeu net.

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Wed May 08, 2013 3:30 pm
by Polla1983
Junglejulian.

Vertel ons meer oor jou toestel..Gebruik jy die shotmaker? Of het jy jou eie patent?

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Wed May 08, 2013 4:43 pm
by junglejulian
Ek het laas week n shotmaker gekry maar hy is te stadig.ek het vandag begin met n 300mmx400mmx5mm plaat shot maker.Ek met flatbar kante gemaak en het 5 ghries nipples in gesit wat se balletjie ek uit gehaal het.Het eers n element gebruik vir die verhitting maar sal more gou n gasflam prakseer.Hy behoort vinniger te werk.Ek beplan om 2 x10l dromme te gebruik om die balletjies af te koel.ek het gesien jou diesel moet net heeltyd koud bly anders verform die balletjies maklik.

dankie aan almal vir die raad

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Wed May 08, 2013 5:00 pm
by Tarzan
Junglejulian, sit bietjie n foto op asb man, eks nou vreeslik nuuskierig!

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Wed May 08, 2013 5:59 pm
by junglejulian
Ek sal die naweek fotos opsit as die ding 100% werk.ek beplan nog die haelgrootte en dinge.

@Zak
Ek sal laat weet as ek beskikbaar het.Ek soek nog bekostigbare lood.

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Wed May 08, 2013 6:58 pm
by Beretta
Jy moet die sweetspot slaan met die temp. Hoe groter jou nozzel hoe groter jou hael. Net soos remington se niks werk beter as diesel nie. Maak hom so dat die diesel sirkuleer van warm na koud. Hy kan maar warm word kom niks oor nie. As jy klaar is gooi die hael in n sykous omo seep net na degreasing fluid. Tumble in jou tumbler met graphite so n halwe teelepel op n 2 l coke bottel gebruik hulle maar cheap en breek nie as hy val nie
Net my manier vir n hele paar ton en jare later
Beretta

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Thu May 09, 2013 7:09 am
by blaser
gries nipples sal nie werk nie

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Thu May 09, 2013 7:58 am
by MEERKAT
Ook diesel eers gebruik , bly net gesukkel wanneer dit by skoonmaak kom, vernaamlik as jy paar ton per jaar maak soos iemand genoem het, Stasoft werk baie goed en maak lekker skoon , helfte van die moeite en baie skoner proses en geen verskil in kwaliteit van die hael vorm nie. Die val afstand vanaf plaat na voeistof is belangrik en bepaal vorm van korrels.

Bietjie duiwe geskiet daar in jul wereld so maand gelede maar lande is darem baie groot, volgende dag deurgery Kimberley toe en daar was een groot sirkus van duiwe op die pivots net oor 400 vir dag geskiet. Die KTM gedra hom nog baie goed sover.

Groetnis
MEERKAT

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Thu May 09, 2013 8:04 am
by smitjs
Stem saam met Beretta en Meerkat. Die temperatuur van die lood is belangrik, en die diesel moet koud bly. Let ook op dat daar nie toringkies hael gemaak word in die diesel nie, dan werk dit nie meer nie.
Ek het gemaak die grootte van 'n groot spiraal element, en die element vasgebout onder aan die plaat.
Drie gate geboor in die vertikale stuk voor, en nipplels ingesit. Dit het ek op die draaibank gemaak uit kort 8mm boutjies. Die gate was in die omgewing van 0.8mm vir kleiduif hael. Die plaat het op sowat 20 tot 30 grade skuins gestaan. Dit het goed gewerk, maar ek het dit later weggemaak. Ek skiet te sleg met die haelgeweer, en lood het skaars geraak.
Johan Smit

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Thu May 09, 2013 8:08 am
by junglejulian
Dankie oom wallie!

Gebruik oom suiwer stasoft of meng oom dit in water in?
sover beplan ek net vir self gebruik.ek gaan die naweek maar rondspeel en kyk wat werk

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Tue May 14, 2013 5:45 am
by Tarzan
Sit bietjie foto op asb!

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Tue May 14, 2013 8:09 am
by MEERKAT
Jungle

Normaalweg koop ons die staysoft in sulke plastiek sakkies en jy kan dit meng met water soos die aanwysings op die sakkies.

Sien daar word 'n progressive MEC reloader geadverteer , mens sien hulle eintlik selde en so masjientjie kan haelpatrone laai net plesier maak.

Groete
MEERKAT

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Mon Jan 19, 2015 1:05 pm
by DanieDegenaar
MEERKAT wrote:Ook diesel eers gebruik , bly net gesukkel wanneer dit by skoonmaak kom, vernaamlik as jy paar ton per jaar maak soos iemand genoem het, Stasoft werk baie goed en maak lekker skoon , helfte van die moeite en baie skoner proses en geen verskil in kwaliteit van die hael vorm nie. Die val afstand vanaf plaat na voeistof is belangrik en bepaal vorm van korrels.
Meerkat,

Ek is nou maar nuut aan die korrels maak, wat reken jy is die beste afstand wat die korrel moet val om hom so rond as moontlik te kry?

Dankie

Danie

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Wed Jan 21, 2015 4:22 pm
by Viking
Vries coke bottels - 500ml / 2 liter na gelang van jou diesel opvangbak en plaas dit in die houer. Ruil gereeld as die diesel begin warm raak, dit help om die diesel af te koel.

Ek dink ook die ghries nipple gaan te groot korrels maak. Die shotmaker se gaatjies is maar klein. onthou die lood loop uit en vorm dan 'n "druppel" wat oor 'n afstand rol voor dit in die opvangbak beland en begin afkoel. Die rolproses help die rondheid van die korrel vorm!



Danie

Die val afstand tot in die vloeistof word in alle amerikaanse bronne gegee as sowat 'n 1/4 duim - dis ongeveer 8 mm. Die AFSTAND IS KRITIES VIR RONDHEID VAN DIE KORREL!

Re: Watter vloeistof vir haelkorrel masjien

Posted: Thu Jan 22, 2015 7:55 am
by DanieDegenaar
Dankie vir die hulp.

Ek het toe Staysoft gebruik en het my eerste klomp mooi perfek rond #7's gekry.

Mamma gaan die arme bediende moet aanvat omdat sy so baie Staysoft gebruik >:D