Page 1 of 1

Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 2:59 pm
by GerhardDP
Jis Manne,

Hoop dit gaan goed? Ek is nou nie seker met wie ek gesels het wat vir my n kiekie van hulle hokaai gemail het nie.

maar op die kiekie het die rugertjie n bipod gemount gehad. en ek wil graag weet hoe hy dit gedoen het

die probleem is dat die geweerband se coupling op die loop en nie op die kolf sit nie. so n ou kan uit die aart van die saak nie die bipot daar mound nie..

sal graag julle insette wil hoor

EK onthou nou... die man met die mooi roer was SVMad

Thanks

Gerhard

Re: Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 3:00 pm
by DWB
Dit was dalk net 'n gewone Ruger Hawkeye stainless?

Re: Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 3:13 pm
by GerhardDP
DWB, ek is amper seker dit was n alaskan gewees, met die bipod en silencer......

Re: Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 3:21 pm
by DWB
Kyk die Alaskan het in die 375Ruger en 416Ruger gekom met die 20" loop.

Dink jy nie eerder net aan die all weather nie?

Re: Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 3:25 pm
by GerhardDP
Jis DWB,

Jy is 100% korrek, die geweer waarvan ek praat is die 375 Alaskan, met die 20duim loop en die hogue kolf.... die ding is die geweerband se coupling (as n mens dit so kan noem) sit op die loop ingering.

Re: Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 3:26 pm
by DWB
Kyk, dit sal 'n blerrie sonde wees as iemand 'n knaldemper en 'n bipod op so roer sit...

Re: Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 3:36 pm
by GerhardDP
Hi Deon, :-) . punt ingesien. ek moet se die geweer skiet ongelooflik lekker. so jy reken dit is nie die regte ding op te doen met die 375 nie?

Re: Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 3:43 pm
by DWB
Man, nee, ek hou nie daarvan nie maar dis net persoonlik.

Ek hou maar van die idee van 'n klassieke groot caliber...

oop visiere en al!

Re: Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 4:03 pm
by GerhardDP
Aah ek sien.. dan het ek sonde gepleeg :-D

Oop vesiere is af, 3x9 scope is op :-) bipod is gekoop.. en toe snoeker die roer se design my so bietjie

Re: Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 4:05 pm
by DWB
Ja daars nou nie meer hoop nie............. Voel jy al die hitte?

Re: Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 4:06 pm
by DWB
Boor 'n gat in die kolf en kyk of daar nie 'n Aluminium bedding block of iets is waar jy die ding kan inskroef nie

Re: Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 4:08 pm
by GerhardDP
hahaha... nee die vure word toe gesit ;-)

Re: Caldwell Bipod op Ruger Hawkeye Alaskan 375

Posted: Tue May 07, 2013 4:09 pm
by GerhardDP
neewat so belangrik is n bipod ook nou nie ne.... jy het my nog nie met n boor gesien nie :-) as ek klaar is kan n man n teerpaal regop mount