Page 1 of 1

Kondensmelktert

Posted: Tue Apr 30, 2013 2:09 pm
by Frikkiedbr
1 x 397g blik kondensmelk
3 koppies water
6 eetlepels mielieblom
2 eiers, geel en wit apart
1 teelepel margarien
1 teelepel vanielje geursel
tennisbeskuitjies

Verhit die kondensmelk en water. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en roer dit by die melk. Roer die mengsel tot dit dik word en verwyder van hitte. Voeg die geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot dit gaar is. Voeg die botter en geursel by. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbord en gooi die helfte van die vulsel oor, dan nog ‘n laag beskuitjies met die res van die vulsel oor. Rol ‘n paar beskuitjies fyn en strooi bo-oor of kaneel.

Re: Kondensmelktert

Posted: Tue Apr 30, 2013 2:12 pm
by Riaan Beeslaar
Frikkie jy het my nou 'n goeie plan gegee vir more se vakansiedag.
Honderlewers vir voorgereg.
Pofadder vir hoofgereg en melktert vir nagereg.
Groete
Riaan

Re: Kondensmelktert

Posted: Tue Apr 30, 2013 2:14 pm
by FHM
As ek die meeste van jou poste so loer vandag is een ding duidelik:

Ma is op n kursus vir n paar dae - en jy sit en lees haar kookboekke en verlang jou alie af na haar en haar kos....!!!! ++>:


Riaan,
probeer eerder HOENDER lewers my ou maat en bly weg van HONDER lewers - dit gaan nie lekker afgaan nie... ;)
(sorry - moes net)

Re: Kondensmelktert

Posted: Tue Apr 30, 2013 2:17 pm
by Frikkiedbr
ja nee FHM dis heel waar, daai lekker kos wat mens so mooi maer maak :o :o

Re: Kondensmelktert

Posted: Tue Apr 30, 2013 2:35 pm
by Riaan Beeslaar
Jammer vir die spelfout FHM, sal maar liewer by die hoender lewers bly - haha
En ja ma is weg vir 'n paar dae