POFADDER en Pofadder wors
Posted: Tue Apr 30, 2013 12:11 pm
Hierdie om die net gekry.
DIE GEHEIM IS OM DIT STADIG TE BRAAI!
1 skaapvetderm
1 skaaphart , 2 niertjies, 1 lewer, gemaal
350g gemaalde vleis (verkieslik met bietjie vet aan)
ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
koljander, grofgemaal
Sout en swartpeper na smaak
Meng alles goed deur en stop in vetderm.
Bind oop kante toe met tou.
Braai stadig op die kole en draai gereeld om.
POFADDER:
Kry die harslag van 'n bok,skaap of springbok
Haal die vliese van die lewer ,hart en niere af en maak skoon soos normaal .
1 Groot ui
Lewer,hart & niere
Vetderm skoongemaak en met koue water deugespoel
Sout - na smaak
Peper - nasmaak
Worcester sous - na smaak
Grof gemaalde geroosterde koljander - 1 teelepel
Sny die ui in kwarte
Sny die lewer , hart en niere in blokke van +/- duim blokkies
Voeg bogenoemde in jou voedselverwerker.
Voeg speserye by en en kap met die metaal lem totdat die inhoud korrelrig is en nie 'n totale pappery nie.
Bind die onderkant van die vetderm toe met 'n toutjie of hierdie draadjies vir plestieksakkies .
Sny die bekgedeelte van 'n 2liter plastiek koeldrankbottel af sodat dit 'n tregter vorm .
Bind die bokant van die vetderm vas waar die prop van die bottel moet wees .
Skep nou die inhoud van die voedselverwerker met 'n koppie of ander gabba en stop die pofadder . Onthou dit moet nie stokstyf wees nie anders gaan dit bars , so 75 % vol .
Daar gaan vulsel oorbly waarvan jy later koekies mee kan bak .
Braai oor matige kole soos wors . Jy sal sien as die pofadder begin vaal en styf word is dit reg .
POFADDER WORS:
1 lewer (bees of wild)
Peper
Steak en Chops speserye
250gram kaas
2 medium tamaties
1 groot ui
100 ml vars room
Skaap vet derm
Metode:
Was die lewer skoon en trek die velletjie af (dit kan langdradig wees en jy moet geduld hê).
Sny die lewer in blokkies (10mm x 10mm) Voeg peper speserye by en meng goed.
Rasper kaas met ‘n growwe rasper.
Sny tamatie en ui op in klein blokkies.
Plaas alles in een bak bymekaar en meng goed.
Spoel die vet derm goed uit en sorg dat dit goed skoon is droog die derm af.
Bind die een kant van die derm toe met tou stop nou die mengsel in die derm. Moet nie die derm te styf stop nie anders sal dit bars as jy dit braai. Dit moet ook nie pap wees nie. (so hard as wat jy wors stop).
Gooi die oortollige room in en bind toe met tou.
Sit die pofadder in die yskas sodat die speserye en room kan werk. (3 ure plus)
Braai op ‘n medium hitte vuur tot gaar.