Page 1 of 1

G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Mon Apr 29, 2013 8:28 pm
by Chevvy SS
My prosedure die naweek, na so 30 skote in elk van my gewere, was as volg:

Skoonmaakmiddel 1: stoot nat lappie deur, wag bietjie en stoot skones deur tot lappie mooi skoon uitkom.
Skoonmaakmiddel 2: Herhaal die proses
Skoonmaakmiddel 3: Herhaal die proses.

Aldrie sê dis goed vir koper, lood en poeier.

Ek is nou die derde keer deur aldrie middelsen elke keer kom daar eers groen en dan swart op die lappies voor die skoon lappie aan die einde.

Dus, na 9 skoonmake per geweer, is hulle nog nie skoon nie, want sou ek weer begin, gaan die proses hom herhaal.

g.atvol- wat nou?

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Mon Apr 29, 2013 8:32 pm
by PWV
Chevvy, gebruik groen en swart lappies, dan sien jy nie die vuiligheid nie! ::)

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Mon Apr 29, 2013 8:34 pm
by Cobus(Cobb)
Chevvy SS wrote:My prosedure die naweek, na so 30 skote in elk van my gewere, was as volg:

Skoonmaakmiddel 1: stoot nat lappie deur, wag bietjie en stoot skones deur tot lappie mooi skoon uitkom.
Skoonmaakmiddel 2: Herhaal die proses
Skoonmaakmiddel 3: Herhaal die proses.

Aldrie sê dis goed vir koper, lood en poeier.

Ek is nou die derde keer deur aldrie middelsen elke keer kom daar eers groen en dan swart op die lappies voor die skoon lappie aan die einde.

Dus, na 9 skoonmake per geweer, is hulle nog nie skoon nie, want sou ek weer begin, gaan die proses hom herhaal.

g.atvol- wat nou?

As jy braaf is, doen copper deplating, werk soos 'n bom, maar daar moet water in jou loop in....net as jy braaf is....
Behels amoniak, water, staal rod(piano wire) en 1.5volt batery.....

Cheers

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Mon Apr 29, 2013 8:41 pm
by Armand Steenkamp
Onthou partykeer ge jou ''jag'' ook af dan kom die lappie ook groen blou uit.

Groetnis

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Mon Apr 29, 2013 8:41 pm
by tripodmvr
M98 of Forrest Bore Foam haal die koper mooi uit. Ander vuilgoed word ook in die' proses verwyder.

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Mon Apr 29, 2013 8:43 pm
by ZKK
Gebruik jy n brass jag om jou lappies om te draai?

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Mon Apr 29, 2013 8:44 pm
by ZKK
Sien Armand het klaar gepost oor die jag

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Tue Apr 30, 2013 8:59 am
by Chevvy SS
My skoonmaakgoed in volgorde was:
Shooters Choice
Hoppe's no 9
Hoppe's Benchrest

Nee, ek gebruik nie 'n koper jag nie.

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Tue Apr 30, 2013 9:11 am
by Carl
Chev, M98 of dan Forest. Ek is baie tevrede met M98.

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Tue Apr 30, 2013 9:14 am
by tripodmvr
Kyk dat jy al die koper eers uitkry. Hou aan met die kopermiddel totdat jy nie meer koperneerslag met 'n flits voor in die loop kan sien nie. Lyk asof die neerslag die ergste daar is.

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Tue Apr 30, 2013 9:15 am
by PWV
Chevvy SS wrote:My skoonmaakgoed in volgorde was:
Shooters Choice
Hoppe's no 9
Hoppe's Benchrest

Nee, ek gebruik nie 'n koper jag nie.
Vir meer inligting oor Gunsmithy Traditional Gun Cleaner en ander produkte, google:
http://www.bushill.co.za

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Tue Apr 30, 2013 9:38 am
by Arnold
m98

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Tue Apr 30, 2013 11:41 am
by Armand Steenkamp
Ek gebruik ook maar M98. Het nog nie iets ander gebruik nie.

Groetnis

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Tue Apr 30, 2013 11:48 am
by FHM
Chevvy SS wrote:My prosedure die naweek, na so 30 skote in elk van my gewere, was as volg:

Skoonmaakmiddel 1: stoot nat lappie deur, wag bietjie en stoot skones deur tot lappie mooi skoon uitkom.
Skoonmaakmiddel 2: Herhaal die proses
Skoonmaakmiddel 3: Herhaal die proses.

Aldrie sê dis goed vir koper, lood en poeier.

Ek is nou die derde keer deur aldrie middelsen elke keer kom daar eers groen en dan swart op die lappies voor die skoon lappie aan die einde.

Dus, na 9 skoonmake per geweer, is hulle nog nie skoon nie, want sou ek weer begin, gaan die proses hom herhaal.

g.atvol- wat nou?

STOP NOU!!! olie die gunne en bere maat - as jy so aangaan sal jy jou gewere van vooraf moet inskiet... :-X

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Wed May 01, 2013 8:24 am
by mariusr
Chevvy voor ek gaan skiet vat ek skoon lappie gedoop in "spirits" stoot deur loop volg op met droe lappie !

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Wed May 01, 2013 8:32 am
by kopskoot
Carl wrote:Chev, M98 of dan Forest. Ek is baie tevrede met M98.
ek gebruik ook m98. Dis egter nou op.

Waar koop ek nog hiervan, en ook daai forester bore foam?

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Wed May 01, 2013 8:42 am
by Nickvn
Ek het ook nou onlangs M98 gekry en hy werk baie goed. Ek maak met hom skoon en volg op met Hoppies 9 olietjie. Voor ek skiet trek ek n boresnake deur om die olietjie weer uit e kry. Ek gebruik ook die boresnake na elke skietery om die kruit en stof uit te kry voor ek weer gaan skiet.

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Wed May 01, 2013 1:12 pm
by Ratel
Vir gewone skoonmaak na skiet gebruik ek Trisol (in die spuitkannetjie) en dan wanneer ek voor by die loop inkyk met die son van agter en ek merk koper gebruik ek Robla Solo mil. Werk baie goed vir my. Maak net seker daar kom 'n paar olie lappies NA die Robla Solo. Wanneer ek met Robla Solo skoon gemaak het vat dit gewoonlik heelwat skiet voor ek weer koper neerslag in die loop kan sien.

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Sun Jun 23, 2013 7:30 am
by jacojrdn
kopskoot wrote:
Carl wrote:Chev, M98 of dan Forest. Ek is baie tevrede met M98.
ek gebruik ook m98. Dis egter nou op.

Waar koop ek nog hiervan, en ook daai forester bore foam?
Kopskoot

Jy kan die M98 direk van GS Custom bestel. http://www.gsgroup.co.za/orderaccessories.html

Hoop dit help.

Jaco

Re: G.tvol skoongemaak- nou soek ek raad!

Posted: Tue Jul 09, 2013 11:38 am
by Capt. Yoda
Probeer gerus http://www.boretech.com/products/eliminator.shtml
Is al wat ek in my gewere gebruik en dit werk 100% vir my

Kry dit nou by al die groot winkels

Gebruik hom net soos hul agter op die bot se ne hy werk
As jy jou loop n " deep clean" wil gee draai die lappie om n borsel en gebruik hom so as hul verwys na "wet patches"

Onthou net om nie n brons borsel te gebruik nie ander gaan jy vir altyd sit en blou uit jou loop uit probeer kry