Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post Reply
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by PWV »

Die Ou Ballie se jakkals en vlakvark.

Ja, ek het trots gevoel op die koedoe wat ek twee dae tevore geskiet het. Ek glo hy het na jare op my pad gekom, want so ‘n bul het ek nog net oor gedroom.

Gister het die belowende wolke hul belofte nagekom en 50 mm welkome reën het mens, plant en dier laat jubel. Vanoggend het daar ook nog ‘n paar buitjies geval en die middag het die son ons weer gegroet. Weereens het ek die skepping met verwondering aanskou - alles skoon en vars.

So vieruur se kant laat Koos weet dat ons ‘n draai moet ry.
Na so ‘n reën kan jy maar seker wees die jakkalse loop rond op soek na prooi of aas”, sê hy. Hy ken die Kalahari - kennis wat hy oor die jare hier opgedoen het en ek dink dat dit jammer is hierdie goeters kan nie op skrif gestel word en vir die nageslag bewaar word nie. “Ons gaan ook so om die aartappellande ry om te kyk of die sonnetjie nie die vlakvarke uit hul gate gejaag het nie.”

Met die tweespoor paadjie na die land en jou werklikwaar hier draf die jakkals asof die wêreld aan hom behoort. Koos draai skuins in die pad sodat ek oor die spieël kan aanlê en skakel die bakkie af. Hy maak ‘n skree-geluid soos ‘n jakkals en ta gaan staan en kyk om. Op daardie oomblik was die kuishare al op sy oor en toe die skoot klap, trek hy soos ‘n lap oor die grond. Met ‘n 168 gr Sierra Match King uit die Tombi op 80 meter, het die jakkals sy hele kop verloor.

En toe om die land. Die sirkel is 500 meter in deursnee en toe Koos vir my die varke wys, skat ek dat dit tussen 250 en 300 meter moet wees.

Koos, dis bietjie ver vir my - nie vir die Tombi nie. Kan ons bietjie nader”, vra ek.
Nee Pieta, as ons nader gaan, sien hulle ons en dan kan jy maar vergeet. Skiet man, die goed vreet my aartappels!

Ek klim op die bakkie se bak om bietjie hoogte te kry en lê die geweer oor die kap. Die teleskoop op 20 vergroting en ek draai die torinkie op die 275-merkie en dan doodstil.
Kalm wees, Vorster, kalm wees en maak seker”, sê ek vir myself.
Toe die skoot klap, spring die vark in die lug, so asof die geweld van die koeël wat hom in die middel van sy torso getref het, hom oplig. Hy struikel twee tree en bly net daar lê.

F#k, Pieta, daardie vark sal nie weer ‘n aartappel vreet nie”, laat Koos hoor.

Die volgende dag het JP vir my die afstand met sy Garmin Orgegon 550 gemeet - 309 meter. Skielik dink ek toe aan die bakleiery op die Forum oor die langafstandskiet. Een-skoot, dood-skoot, maar ek het die afstand met 9 meter oorskry! En dan sal daar ook diegene wees wat beweer ek het die koedoe gejag, maar die vark en die jakkals geskiet!

‘n Suksesvolle jag het tot ‘n einde gekom met ‘n koedoe, ‘n jakkals en ‘n vlakvark. Net drie skote en dis verby. Nou maar weer terug op papier waar ek darem meer skote sal kan skiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by LongWolf »

Oom PW

dis n mooi "wielneus"

is daar darm n kiekie van die ander 2 ook.

en geluk met jou 3 vir drie - is dan mos n "hatrick"

++>: ++>: :laugh: ++>: ++>:
uitenwaj
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by uitenwaj »

baie mooi vertel oom Pieter, Jong ek sal daarvan hou om saam oom om 'n kampvuur te sit op so jag en net terug te sit en luister na al die jag verhale.

As trotse SA Jagters lid sal ek oom vergewe vir die 9 meter wat oom oor die 300 meter geskiet het al was dit baie onverantwoordelik, solank dit net nie weer gebeur nie! :laugh: >:+ :laugh:

Baie mooi GEJAG oom Pieter en moet asseblief nie ophou om oom se mooi verhale met ons te deel nie.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by Foxcreek »

Dankie oom Pieter, dit was 'n verkwikkende skrywe.......maak 'n mens sommer lus vir die veld.
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by Smiley »

Weereens mooi vertel Oom PW. Maggies met REGTE toerusting kan dinge mooi gebeur op afstand.
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by Johan22 »

Mooi geskiet Oom Pieter ja hy sal nie weer by die aartappels kom nie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by PWV »

LongWolf wrote:Oom PW

dis n mooi "wielneus"

is daar darm n kiekie van die ander 2 ook.

en geluk met jou 3 vir drie - is dan mos n "hatrick"

++>: ++>: :laugh: ++>: ++>:
LongWolf, met die skiet van die jakkals en die vark, het ek nie 'n kamera by my gehad nie. So, het die vark eers by die huis afgeneem. Die jakkals was 'n bloed-massa en Koos wou hom nie oplaai nie - in die bosse gelos vir ander roofdiere.
Die koedoe-foto is op my ander post. Jy moet die horinglengte skat!

Baie dankie aan almal wat sulke mooi kommentaar lewer oor my pogings. Ek moet dit geniet, want my myle in die jagveld raak minder en ek kan nie die ou lyf inruil vir 'n nuwer model nie. Tans dankbaar dat ek nog geseend is om die voorreg te benut.
Groetnis.
PWV
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by Johan22 »

Dan moet Oom maar nader aan die kos pot lood gooi en dan maar van die bakkie af dit doen op 'n kamp stoel

Johan22
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by James Wilson »

Baie geluk. Klink of oom dit terdee geniet het. Plus oom het nog oom se kant vir die boerdery ook gebring deur die vark en jak van kant te maak. Netjies
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by LUAN »

Waste koeels het oom gebruik op die ander twee? ook matchkings of praat ons nie daaroor :D
Mooi storie en oom is vergewe vir die bakkie jag ;)
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by FHM »

N lekkerrrrrr lees, dankie Oom PW! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Stasoft
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by Stasoft »

Mooi storie en varkie.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by Riaan Beeslaar »

Dankie Oom PW
Pragtig vertel en baie geluk met die driekuns
Groete
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by Schalk.vdB »

Ek wil ook SO oud word.
Baie mooi storie Oom PW
SR = M
Solid rest is equal to meat
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by theedge »

Baie netjies oom en baie geluk
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by Armand9 »

Mooi vertel, lekker gelees daaraan oom!
Oom skiet skote waaraan ek nog net oefen!
Groetnis
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3647
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by JPS »

Mooi vertel oom PWV,

Baie mooi geskiet daar oom, vir 'n ou ballie mag oom maar.

mooiloop
JP
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by Marc »

Aaitsa Oom PW

Daai tappel dief se dae is getel, Oom sal moet oppas met daai afstande, een van die dae betreë Oom ook daai :-X afstande >:D

Mooi gegooi Oubaas, daai Varkie was seker lekker vet gewees 8)
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by Johan Nel »

Oom Pieter,
Ek het oom se stories baie geniet. Soos wat ek al voorheen ook gesê het, skryf asseblief so voort, ons ander lees graag.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Die Ou Ballie looi 'n jakkals en vlakvark

Post by evdberg »

Oom Pieter, lekker storie om te lees, dankie, laat mens sommer heimwee kry !
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
Post Reply