Dankie Tafjak en Hebron
Posted: Mon Apr 22, 2013 11:32 am
Taffie en Willem
Baie dankie vir die kursus op Sutherland.
Taffie, jy het nie net my kennis oor jakkalse en nagroep ongelooflik groter gemaak nie, jy het met jou entoesiasme my sommer weer nuwe moed vir die koue nagte gegee.
Die manier waarop jy die lesings aanbied is puik. Om ons lot so vas genael te laat sit vir ure is nie maklik nie. As jy nie af en toe moes rook nie sou daar dalk, soos in sub A, van die manne glipse gemaak het omdat hulle vergeet om "kamer te verlaat".
Aan Willem, dankie vir jou reelings en gasvryheid. Om jou huis vir so 'n klomp manne beskikbaar te stel is nie sommer niks nie. Dankie vir die lekker eet- en drinkgoed.
Dankie ook vir die "spaar" van die 2 jakkies vir Taffie se demonstrasie!
Sterkte aan die ander kursusgangers en dankie vir al die lekker gesels.
Willem Symington