Page 1 of 1

Elektriese raad

Posted: Sat Feb 21, 2009 10:33 am
by Yalair
In my omgewing het manne begin om elektriese draad op hull heining te sit. Hoe efektief sal dit wees ?. Ek onthou my oupa het my vertel toe hy nog met honde gejag het het 'n jakkals in die hoek oor 'n jakalsproef draad geklim en honde agter gelos. Sal so groot uitgawe die probleem koste gewys bymekaar kan bring en hoe lank sal jakals vat om die plan van boer te uitoorle.

Re: Elektriese raad

Posted: Sat Feb 21, 2009 10:47 am
by Kruger
Elektriese draad is baie effektief, maar daar is baie onderhoud aan verbonde. Dit is nie so duur as wat die meeste mense dink nie, veral indien langer afstande gedoen word. Of jy nou 1 km of 50 km doen die basiese koste (Energiser en kragpunt of sonpanele en batterye) bly amper dieselfde. Al wat bykom is die draad wat jy gebruik en dit is die goedkoop deel. Bergagtige, sloterige en baie bebosde gebiede is problematies. Ek het die koste verbonde aan my elektrifisering betaal met die verhoogde inkomste as gevolg van minder verliese binne die eerste jaar. Dit was so 8 jaar gelede. Persoonlik glo ek die waarde van elektrifisering l? daarin dat erdvarke en sy gelyke, maniere kry nadat hulle 'n paar keer geskok het en dus minder gate grawe onderdeur jou drade, dus word daar minder inkomplek gemaak vir jakkie. Dit sou nodeloos wees om swak drade te elektrifiseer. Kry jou drade in n goeie toestand en elektrifiseer dan en jy sal sukses h?. Indien daar egter vlakvarke binne 'n duisend seemyl aan jou plaas is, los maar. Hulle sal al jou goeie werk ongedaan maak. My heining het baie goed gewerk vir etlike jare maar deesdae skakel ek dit nie eers meer aan nie as gevolg van daai varke.

Re: Elektriese raad

Posted: Sat Feb 21, 2009 11:03 am
by Yalair
Dankie Kruger

By my is gelukkig nie, nog nie vlakvarke nie, sal nou definitief begin kyk hierna. Doen eerder onderhoud in dag en weet skapie slaap lekker in nag, en ek ook.

Re: Elektriese raad

Posted: Sat Feb 21, 2009 11:45 am
by tafjak
Kruger en Yalair

Ek 'n man met die naam Adriaan van Rensburg gister ontmoet wat hierdie elektriese heinings profesioneel oprig en het my verseker dat hy 'n plan gemaak het om vlakkies uit te hou.

Sy besigheid Stafix se no. 082 373 2393.

Taffie

Re: Elektriese raad

Posted: Thu Feb 26, 2009 8:07 am
by JACQUES BOTHA
TAFFIE
Ek dink daar staan iets soos Bosvark op sy lorrie..
So ek neem aan dat die elektrifiseering van heinings jou probleme vermnder maar nier uitskakel nie...
Ek is n stadige begryper , so as julle dit klaar uitgeklaar het sorry...

Re: Elektriese raad

Posted: Sun Mar 08, 2009 10:27 pm
by Ambessa
Hallo Yalair/Kruger

Nou eers die stukke van julle raakgeloop. Wys maar net daar is geen enkele manier wat die rooijakkals effektief troef nie (behalwe dood en dan mag die ander perre net weer spoedig oorneem?) Selfs met goeie drade wat ook nog geelektifiseer is moet onderhoud gereeld gedoen word. Dit verminder verliese behalwe natuurlik as die varke weer inmeng en weet waar jou plaas is? En so gaan dit aan, en aan, en aan....

Nietemin, elke bietjie verligting help.

Ambessa

Re: Elektriese raad

Posted: Mon Mar 05, 2012 7:36 pm
by Yalair
Ek het die topic lank terug aangeroer, het na deeglike oorweging nou besluit om my een kamp van so 350 hektaar te elektrifiseer, dis waar ek net ooie met lammers laat loop van lamtyd tot 3 maande oud met byvoeding ens. Ek span gewonnlik 'n 3 draad elektries in die kamp wat verskuifbaar is om skape makliker te kraal elke aand. Nou gaan ek die kamp toespan en skoonmaak binne en dan nie meer kraal nie, koste is 27 lammers. Is nou moeg om elke aand die buurman se jakkalse in my lam kamp te skiet.

Nog enige raad/instee sal wardeer word.

Groete

Re: Elektriese raad

Posted: Mon Aug 12, 2013 8:19 pm
by Jassie
Air

het jy jou draad toe al gebou en wat is jou sukses daarmee?

Groete
JAS