Page 1 of 1
Decron tussen kruit en punt??
Posted: Mon Apr 15, 2013 8:16 am
by Koedoebul
Dagse,
Ek is redelik nuut tot herlaai vir gewere maar het so te se n wen resep vir my .303 ontwikkel.
Gee my n 4 skoot groep in n duim op 100m. 2skote wat sny op 2 plekke in die blok gemiddeld.
Ek het die naweek met n knaap gesels wat voorstel om so ongeveer 0.5gr decron (hollow fibre batting) tussen die kruit en punt te sit, maar so om nie die kruit te compress nie.
Dit hou glo al die kruit by mekaar en verskaf meer konstante kruit verbranding wat glo lui tot meer akkuraate groeperings.
Sal julle wat weet van herlaai dit voorstel? Is die decron wat brand nie skadelik vir die loop nie?
Terloops laai ek PMP doppe, 174gr Hornadys, 40gr S341 met n TPL van 76mm.
Dankie ek wardeer die insette.
Re: Decron tussen kruit en punt??
Posted: Mon Apr 15, 2013 10:19 am
by SV MAD (Henk)
Gewoonlik op ladings minder as 75-80% dopkapasiteit kan jy dacron insit om die kruit teen die slagdop te hou. as jy hoer as 80% dopvul het is dit onnodig.
Gewoonlik op reduced loads waar jy 30-50% dopvul het gebruik mens dit
Dacron brand heeltemal weg, nie skadelik nie. Moet nie watte ens gebruik nie.
Wat is jou dop water kapasiteit?
Re: Decron tussen kruit en punt??
Posted: Mon Apr 15, 2013 11:15 am
by tripodmvr
As jy reeds so goeie groepe skiet dink ek nie die Dacron gaan dit verbeter nie. Moenie vroetel waar dit nie jeuk nie sĂȘ die spreekwoord.
Re: Decron tussen kruit en punt??
Posted: Mon Apr 15, 2013 11:21 am
by Koedoebul
Ek hoor julle manne. Hy gee so af en toe n flyer, maar ek gee dit oor die skut eder as die lading.
Ek sal weer op die range gaan toets en seker maak dat hy doen wat hy moet.
Weens die TPL kan ek nie meer uit die geweer se magasyn laai nie, is daar iets wat jul kan voorstel.
Ek worry maar altyd in die geval van n vinnige "back up" skoot.
Re: Decron tussen kruit en punt??
Posted: Mon Apr 15, 2013 11:32 am
by tripodmvr
By die swaarder koele kan ek darem by so by 78mm uitkom. Met die 150gr en korter sukkel my magasyn om hulle vas te hou en voer hulle maar swak.
Re: Decron tussen kruit en punt??
Posted: Mon Apr 15, 2013 11:49 am
by Louis Kriel
Koedoebul wrote:Dagse,
Ek is redelik nuut tot herlaai vir gewere maar het so te se n wen resep vir my .303 ontwikkel.
Gee my n 4 skoot groep in n duim op 100m. 2skote wat sny op 2 plekke in die blok gemiddeld.
Ek het die naweek met n knaap gesels wat voorstel om so ongeveer 0.5gr decron (hollow fibre batting) tussen die kruit en punt te sit, maar so om nie die kruit te compress nie.
Dit hou glo al die kruit by mekaar en verskaf meer konstante kruit verbranding wat glo lui tot meer akkuraate groeperings.
Sal julle wat weet van herlaai dit voorstel? Is die decron wat brand nie skadelik vir die loop nie?
Terloops laai ek PMP doppe, 174gr Hornadys, 40gr S341 met n TPL van 76mm.
Dankie ek wardeer die insette.
Nee wat met daai lading gaan dacron glad nie nodig wees nie. Dis hoofsaaklik vir "reduced loads" met pistool kruit. (bv 14gr mp200.)