Page 1 of 1
Herlaai skaal. Zero.
Posted: Fri Apr 12, 2013 10:46 am
by HJA
Goeie dag,
Ek het die volgende probleem met my herlaai skaal.
Dit is 'n RCBS 505. Ek moet hom so na elke 10 patrone weer zero.
Ek het 'n stewige herlaai tafel net vir die skaal.
Enige raad asseblief
Henk
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Fri Apr 12, 2013 11:22 am
by Flip Nel
HJA wrote:Goeie dag,
Ek het die volgende probleem met my herlaai skaal.
Dit is 'n RCBS 505. Ek moet hom so na elke 10 patrone weer zero.
Ek het 'n stewige herlaai tafel net vir die skaal.
Enige raad asseblief
Henk
Lees bietjie op die link dalk help dit
http://www.xdtalk.com/forums/ammo-can/1 ... issue.html
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Fri Apr 12, 2013 11:31 am
by Cobus(Cobb)
Maak seker daar val nie korreltjies kruit onder jou pannetjie in nie, as jy dribler gebruik...3korrels extra en jy sal moet oor zero....daai skaal is ook baie moeilik en grom vir jou as daar 'n ligte windjie deur die vertrek waai of as jou asem jaag....
Cheers
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Fri Apr 12, 2013 11:38 am
by LUAN
Kan jy nie net die korrels uitgooi en terugsit of moet jy weer oor zero?
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Fri Apr 12, 2013 11:42 am
by Flip Nel
.303 wrote:Kan jy nie net die korrels uitgooi en terugsit of moet jy weer oor zero?
Ek dink hy bedoel as jy die skaal Zero met daai 3 korreltjies extra dan moet jy hom weer zero as jy hulle uithaal, nie elke slag as te baie kruit ingegooi het nie
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Fri Apr 12, 2013 3:12 pm
by Cobus(Cobb)
HJA wrote:Goeie dag,
Ek het die volgende probleem met my herlaai skaal.
Dit is 'n RCBS 505. Ek moet hom so na elke 10 patrone weer zero.
Ek het 'n stewige herlaai tafel net vir die skaal.
Enige raad asseblief
Henk
wag Henk, nou wil ek jou eers vra hoe jy weet jy moet hom oor Zero??????
As jy begin, word hy gezero en hang als op 0 gn in balans of ekwalibrium(as jy wil slim klink)
Nou laai jy jou skale, kom ons sê 40gn.....nou hang alles vorentoe/of links met +40gn en jy moet dan 40gn kruit gooi om als weer te balans.
Na jou 10 e laai, hang alles weer links met + 40gn......hoe weet jy jy moet oor Zero???
Cheers
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Fri Apr 12, 2013 7:57 pm
by JPS
Cobus,
Ek glo hy sit hom op zero en dan is hy nie in balans ( of jou groot woord) nie.
Mooiloop
JP
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Fri Apr 12, 2013 8:01 pm
by Johan Nel
As die tafel stewig is, dan is die skroefdraad van die stelskroefie dalk uitgewerk wat die die zero laat skuif?
Groete,
JHN
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Fri Apr 12, 2013 8:06 pm
by Cobus(Cobb)
JPS wrote:Cobus,
Ek glo hy sit hom op zero en dan is hy nie in balans ( of jou groot woord) nie.
Mooiloop
JP
nee...dan word daar bolle aangejaag....
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Sat Apr 13, 2013 8:08 am
by smitjs
Dit is ook moontlik dat die mikkies waar dit skarnier vuil is of opgefoeter is.
Maak skoon met asetoon en kyk weer. Indien nog befoeterd kan 'n vergrootglas dalk help.
Goeie raad is om nooit die balkie in plek te hou wanneer die skaal nie in gebruik is nie.
Voorspoed!
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Sat Apr 13, 2013 1:30 pm
by ruger
Draai die skaal om en kyk na die magnete of daar nie yster veisels vas sit nie, dit befoeter ook sy werking
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Mon Apr 15, 2013 9:30 am
by HJA
Goeie môre,
Lyk vir my die skroef draad op die stelskroefie is uitgewerk. Die skroefie sit sommer lekker los. Wat nou gedoen ? Agente van RCBS in SA.
Lekker dag
Henk
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Mon Apr 15, 2013 9:33 am
by LUAN
Myne is ook maar los sit n stukkie prestik onder
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Mon Apr 15, 2013 9:38 am
by Flip Nel
HJA wrote:Goeie môre,
Lyk vir my die skroef draad op die stelskroefie is uitgewerk. Die skroefie sit sommer lekker los. Wat nou gedoen ? Agente van RCBS in SA.
Lekker dag
Henk
draai 'n stukkie toilet papier om die stelskroefie en draai in, die sal die speling opneem, kyk dan of jou probleem opgelos is.
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Mon Apr 15, 2013 10:19 am
by Cobus(Cobb)
plumbers tape nie dalk beter nie?
Re: Herlaai skaal. Zero.
Posted: Mon Apr 15, 2013 10:29 am
by Flip Nel
Cobus(Cobb) wrote:plumbers tape nie dalk beter nie?
+1 beter permanente opsie