Page 1 of 2

Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Wed Feb 18, 2009 9:56 pm
by Louis102
In hierdie uithoek van die aarde loop/ry daar nog nie vreeslik baie jakkalsroepers rond nie. Hier en daar probeer 'n man op die been kom deur geld te vra vir dienste gelewer.  Ek boer en jag/roep jakkals op my eie grond.  Die plase is egter groot in hierdie geweste (agv lae reenval en nie omdat ons ryk is nie)  Ek kom nie ooral uit nie.  Daar is wel 'n vriend wat dan en wan by my kom jag - uitgerus met die beste toerusting, nodige kursusse agter die blad, ervaring as voertuigbestuurder vir 'n pro-jakkalsroeper ens.  Die man is trots op wat hy doen en jy kan sien dat hy dit ernstig opneem.  My vraag is, indien ek hierdie persoon Kilometer-gelde, jagfooi en vir die jakkalse geskiet betaal, watter dienste behoort hy te lewer?

Behoort hy voor die tyd te  kom spoorsny?
Behoort hy die terein gedurende die dag te verken om moontlike staanplekke te identifiseer?
Moet hy sy eie drywer saambring?

Sy sukses die afgelope paar keer was nie goed nie en ek glo dit is omdat die nodige voorbereiding nie gedoen was nie.  Ek wil einlik graag weet hoe benader julle manne julle kliente.  Verwag julle van die boer om presies te s? waar die jakkalse loop, staanplekke uit te wys ens, of lewer julle hierdie diens?

As ek presies weet waar die jakkals loop en waar die beste staanplek is gaan ek hulle beslis self roep en skiet. Die roep en skiet ding begin ek nogal lekker onder die knie kry danksy Hein se kursusse, die regte toerusting en tips wat ek op die forum optel. Die staanplek identifiseer lyk my is mos 80% van die sukses - so behoort my proffesionele jagter dit nie self te doen nie?

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Wed Feb 18, 2009 10:44 pm
by Chris101
Yes


My sukses hang 80% van wat die boer se af.
Jag van tyd tot tyd plase wat so 50 000ha groot.
Die boer moet vir my spesifiseer waar sy probleem gebied is.
Moet indien moontlik vir my vooraf die kerngebied bepaal.
Vir my n goeie op datum kaart verskaf.
n Drywer wat goedbestuur en plaas goed ken offff HYSELF.
My staan plekke kies ek eger maar self as hy dit kies weet ek
hy het n week terug daar gestaan sonder sukses.

In my geval is tyd altyd geld.

Doen die boer sy voor beryding self kos dit hom net R650 plus die km tarief


Chris101

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Thu Feb 19, 2009 8:29 am
by jaracal
Louis
Die boer behoort die vooraf werk te doen van waar die jakkalse loop ens. Dit sal afhang van die sukses. Dit is ook beter as die boer self bestuur, dan kan hy sien wat gebeur en die doeltreffendheid van die jagter waarneem. Help ook nie veel vir staanplek kies in dag nie, plantegroei in nag is baie verskillend waargeneem met lig as met blote oog in dag. Dan speel die windrigting ook nog 'n groot rol.

Ek is tans op R3-50 'n KM gery heen en terug.

Groete

heinrich

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Thu Feb 19, 2009 8:58 am
by JACQUES BOTHA
L.
Dis presies soos Hein se. EK gaan net n voorbeeld noem. Een van mu klieente is n boer met n boesman wat net na sy skaap kyk. Hy ry perd en stap heinings.
As jakkals vang kry ek n oproep. Piet se my waar vang die jakkals en waar loop hy, so hy weet van die probleemkind. Ek het al 7 uur die aand by hom gekom en 8 uur weer gesit en koffie drink in die sitkamer...2 jakkalse geroep en geskiet.. en piet het gese hulle is 2 wat hier loop en ek lol nie sommer in kampe waar jakkals nie vang nie....onthou net in my geval ek werk voltyds en doen die jag ding deeltyds ..as ek egter vir 5 dae aaneen gaan jag en bv 6-10 plase moet dek(werk)  dan roep ek ook in kampe waar hulle voorheen verleise gehad het en tans nie skaap of wegneemetes in loop nie..Soms is daar bees en wildsplase tussen in wat ook gediens moet word en dan gaan ek so ver as moontlik onder die wind  en werk so teen die wind op tot dagbreek....So die boer of voorman wat weet waar die probleem is is jou grootste hulp. Ek vra ook die boer moet oplet van watter rigting die jakkasle kom, waar hulle vang, en waar hulle gehoor word....(daai outjies praat mos altyd met mekaar) Soms kry ek n oproep  tussen 5 en 6 in die oggend van een van my klieente en al wat hy se is "die black-sam het nou net hier agter die huis geskree..."

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Thu Feb 19, 2009 12:54 pm
by Louis102
Dankie vir die terugvoering.  Lyk of my man by die algemene praktyk hou.  Wou egter graag ietsie meer gehad het, maar sal dit met hom bespreek.

Nogmaals dankie
Louis

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Thu Feb 19, 2009 1:15 pm
by JACQUES BOTHA
L:
Ok  hier is die ander geval..
Die ander boer by wie ek jag, bel my en se hy vang op die plaas leeufontein...wanneer kan ek kom...
EK se hom dit sal oor die naweek wees. of die ander boer se hy vang in die berg kamp en in dier kamp reg langs die buruman ,
ek het sleutels vir n paar plase se hekke, Ek kom daar  met my drywer ,(of aleen)  ek ken die plaas, ek ken die kampe en ek laai die resultaat altyd op n sekere plek af..NIE TEEN DIE DRAAD HANG nie (ek het wel al) , van hulle betaal my geld direk in my bank in en van hulle betaal my as hulle weer in die stad kom...So daar is dit ek op my eie , net aanduiddings van watter kampe gee probleme... en omdat hy hoofsaaklik skaap boer, en ek weet jakkie loop soms verder as ander kere, as ek nie sukses kry ie, beweeg ek oor die hele plaas heen en roep en soek...soms met sukses en soms sonder sukses... maar tot dusver si hulle redelik tevrede met my diens...Vir sommige van die boere laai ek sommer sy geld by slagpale op en haal myne uit en laai die res by sy huis af met n kwitansie ..Dis net soveel  beter as jy n plaas ken en die boer jou ten volle vertrou...
Ek probeer altyd stop as ek op plaaspad ry en kry nog n nagjagter daar , of sien n ander lig rond dwaal...
Die ergste wat ek gekry het was n poliesman wat hom as jagter uitgee en wie op die plaas langsaan op selfde aand as ek gejag het,toe ek stop het hy eers verby gery,,, en ek draai toe om,, wat kry ek op sy bakkie,,,, 4 steeenbokke  en omtrent 10 hase en n hele paar lee bottels bruis drankies..... ek kon nie stil bly nie en het dadelik die boer wakker gebel en vertel van dit....Dit nadat ek aangbeid het om hom te leer hoe om "reg jakkalse te jag' enhy gese het hy weet van jakkalse enhet cd en lig en geweer.... 

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Thu Feb 19, 2009 10:21 pm
by Christo
Jacques

Die jagter met die keps is 'n herhalende verskynsel. Ek het dit ook al waargeneem.

Christo

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Fri Feb 20, 2009 11:41 am
by Caller
Louis

Jong die jakkies se loopgebiede is maar groot in die dro?r Westelike dele. "Luck" speel maar 'n groot rol om die jakkies raak te roep in daai w?reld. Jy moet maar 'n bietjie gedult h? met die jagter se sukses. Ek dink die kundige jagter lees die veld beter as die boer, ten opsigte van waar om jakkies te verwag en waar om te staan.

Om 'n skelm te vang, moet 'n poeliesman inligting h?, en hoe meer inligting hoe beter. Selfde met die jakkiejagtery. Boer moet maar soveel inligting as hy kan bymekaarmaak en aan die jagter deurgee.

Manne praat gerus met die arbeiders op die plaas. Hulle is baiemaal meer direk in voelling met die natuur en hoor ook meer gereeld die jakkalse skree (klein huisie/min vertrekke/loop in die nag om te gaan kuier).

Ja, die manne met die keps, hou hulle maar dop in die nag by jou wildjies.

Caller

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Fri Feb 20, 2009 5:19 pm
by Louis102
Caller

My jagter en my werknemers het 'n konflik van belang.  Hy vat die brood van hulle tafel af as hy te suksesvol is.  My werknemers verdien goed vir wat hulle doodmaak. Ek dink juis my werkers het hom al 'n paar keer om die bos gelei.  Ek wil die jagter graag 'n area gee om skoon te hou - maar dan sal hy moet skouer aan die wiel sit.  Dan kan ek meer suksesvol fokus op 'n kleiner gebied.

Soek nog die jagter wat meer in voeling as ek is op my eie plaas - onthou dit is my brood en botter.  Elke lam wat gevang word vat aan my gatsak.  Ek sien al op my skape se gesigte en lees duidelik in hulle gedrag as 'n ongedierte pla - r?rig.  Ek is elke dag in die veld.  Baie nagte ook - ek jag self en het nie tyd om vir my jagter te dryf nie.  (Sal as een van julle "gurus" hier is.  Het ook aan die begin vir my jagter gedryf - todat ek tevrede was my sy erns en sy kunsies geleer het)  My besigheid is net te groot om ooral uit te kom - daarom soek ek 'n jagter wat die selfde erns en dringendheid as ek het.

Ek hoor presies wat jy s? oor die droe? westelike dele en stem in 'n groot mate saam.  Ek glo egter dat jy jou voorbereiding juis om jou genoemde redes behoorlik moet doen.  'n Nag is net so lank en daar is nie tyd om dan te "hanna hanna" nie.  As jy net "mogge troffe" veld toe gaan sal jy sukkel soos reeds hier by my bewys is.  Daar sal nagte omgaan wat jy nie eers 'n jakkals hoor roep en geen oog sien as jy jou voorbereiding nie ordentlik doen nie.  Jy moet weet waar die spore is, wat jou plan vir die aand is ens.  En daarvoor maak ek nie staat op plaaswerkers nie - ek doen dit self.

Sal graag een van julle "gurus" hier by my wil kry.  Dalk sal my opinie dan verander.

Tot dan....

Louis

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Fri Feb 20, 2009 8:34 pm
by jaracal
Louis
'n Klient van my het vir elke jakkals wat ek skiet 'n sekere bedrag aan sy werker gegee wat kan se waar die jakkalse loop. Op daardie manier wen altwee en jy. Die werker kry vinnig meer geld en jy ly minder verliese en die jagter kry sy geld. 'n Wen Wen situasie.

Hoop dit help. Ongelukkig moet ons 'n werkspermit uitneem om daar te gaan jakkals jag.

Groete

Hein

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Fri Feb 20, 2009 11:35 pm
by tafjak
Louis102

Ek jag op die oomblik in presies dieselfde toestande as wat Hein vandag genoem het.
'n Klient van my het vir elke jakkals wat ek skiet 'n sekere bedrag aan sy werker gegee wat kan se waar die jakkalse loop. Op daardie manier wen altwee en jy. Die werker kry vinnig meer geld en jy ly minder verliese en die jagter kry sy geld. 'n Wen Wen situasie
Ek ondervind ook dieselfde. Die afgelope 2maande is al 37 jakkalse met honde en ysters gevang. Ek skiet toe die eerste paar aande rondom 15 jakkalse en gaan nog so 4 of 5 nagte hier jag om die hele gebied te dek. Hulle is 'n paar boere en area is omtrent 35 000 hektaar. Ek jag ook as 'n re?l 2 keer per jaar hier. Die plan werk die afgelope 2 en 'n half jaar goed. In ag geneem dat die gebied reg langs 'n 42 000 hektaar wildresevaat gele? is klink die aantal jakkalse miskien nie te waffers is nie, moet darem ook byvoeg dat ons tussen 7 en 10 stelle skiet in die vroe? lente en dit help om die getalle laag te hou. Elke keer as ek hier kom is die area wat ek moet jag groter omdat belangstelling meer raak agv. die sukses van die metode om honde, ysters en roep en skiet te kombineer. Dit is ook belangrik dat ek noem dat daar slegs een pak goed opgeleide jaghonde is en onder een persoon se verantwoordelikheid geplaas is.

Dan wil ek ook meer spesifiek wees en jou antwoord op die stelling wat jy gemaak het en ek haal aan:
Wou egter graag ietsie meer gehad het, maar sal dit met hom bespreek.
As dit is wat jy wil h?, moet jy uit die veld bly en die taak aan die jagter oorlaat omdat dit frustrerend is om in die stof te jag van vorige jagter. Die nuwe jagter weet egter nie wat vorige jagter gedoen het nie en daar is nogal jagters wat goeie maniere het om nie na die vorige jagter se doen en late uit te vra nie. Jy kan nie 2 motorwerktuigkundiges aan dieselfde masjien laat werk en dan die foute halveer nie. Jy sal ook nie sommer 2 werktuigkundiges kry om dit te doen nie. Daar is boere, en moet ook sommer noem dat ekself boer, wat dink dat as hyself roep dit die geldlas ligter maak. My vriend, gaan maak somme! Die armboer se lam is net soveel werd as die rykboer! Dit neem ook langer vir die profesionele jagter om gebied onder beheer te bring as die vorige metodes nie profesioneel gedoen is nie. Ek wil eienaars van grond aanmoedig om te roep AS hulle die tyd en kennis het en dan sommer die taak enduit behartig.

Die punt is as jyself besluit het om te roep moet jy ook die verantwoordelikheid vir verdere ekstra skade aanvaar en nie die jagter wat kom help as die sondaar afmaak nie.

Groete

Taffie

N.S. Ek boer in vennootskap met my suster en ons het 80 dorperooie, 150 angoraooie en 60 boerbokooie op 1100 hetaar in die Karoo.

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Sat Feb 21, 2009 12:02 am
by tafjak
Louis

Jammer dat ek die pos gestuur het voordat ek ook kon saamstem met Caller.
Jy moet maar 'n bietjie gedult h? met die jagter se sukses. Ek dink die kundige jagter lees die veld beter as die boer, ten opsigte van waar om jakkies te verwag en waar om te staan.
Jy sal verbaas wees wat 'n paar van die mense ( gurus soos jy hulle noem) kan baasraak op jou grond. Dit lyk vir my of jy maar moeilik tevrede gestel kan word, maar ek kan jou verseker dat 'n goeie speurder/jagter enige inbreker/jakkals sal vang/skiet op een af ander tyd. Inligting kan egter die taak vergemaklik, bepoedig en geldlas verlig. Ek gee ook die volgende voordeel aan boere dat as die werker/boer die nes uitwys betaal hy slegs vir die ouers van kleintjies en dit help weer my om die werk gouer klaar te kry en meer werk te doen waar dit nodig is.

Saamstaan is die wagwoord!

Taffie

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Sat Feb 21, 2009 1:51 am
by Louis102
Hein en Tafjak

Dankie vir jul goeie raad.  Ek neem notisie en sal voorstelle ernstig oorweeg.

As dit klink of ek my jagter verkwalik - dan kom ek verkeerd oor.  Die man is soos ek ges? het ernstig met wat hy doen, goed opgelei, professioneel toegerus en ek leer baie by hom.  Voorts is my indruk dat hy nederig en eerlik is met hope integriteit.  Inteendeel, hy is die eerste man wat ooit 'n roeper op my grond aangesit het.  Hy en ek het die eerste paar maande met myself as drywer gejag - en ons was baie suksesvol.  Inteendeel, ek probeer hom steeds in areas laat jag waar daar lanklaas of nog nooit geroep was nie en so dan en wan bestuur ek nog steeds om te sien watter nuwe trieks hy het.  En ja, ek wil hom sy eie gedeelte gee waar ek nooit roep nie - hy moet net suksesvol wees.  Sukses in my beskeie opinie loop hand aan hand met goeie voorbereiding en dit is waar ons verskil - seker omdat my ervaring nog te min is.

Die volgende is redes hoekom ek self begin roep het:

Dit is moeilik om weerstoestande vooruit te skat as ek 'n maand voor die tyd 'n afspraak met hom moet maak, hy het ander kliente ook. Ons heersende wind is 'n sterk, koue suidewind in die nag. Gedurende Oktober, November en Desember was daar miskien in totaal 10 nagte waar die maan lekker donker was en die wind die besadigd genoeg was. Somersnagte is kort en daar kan net enkele stane per nag gemaak word.  In die winter is die goeie nagte vir jag nog minder.  So as my afspraak op die verkeerde nag(te) val sit ek met my vinger op die verkeerde plek.

Glo my dat ek moeite gedoen het om eers 'n kusus van Hein te doen voor ek die eerste keer 'n roeper aangesit het.  Ek het met die raad van my jagter die beste toerusting aangeskaf en as ek nie te windgat klink nie, het ek nogal selfvertroue in my skietvermoe?. (ek is ook nie die enigste wat so dink nie)  My jagter het my in die proses bygestaan met raad en ons deel mekaar se erns en entosiasme.

My jagter boer self en hy verstaan 100% dat ek nie op 'n goeie nag by die huis kan sit terwyl die jakkalse my lammers vang nie!  As hy 100% van die tyd beskikbaar was sou die prentjie seker anders gelyk het.  Die lekkerste van alles is dat ek al hoe meer suksesvol raak.  Of moet ek s? die foute wat ek maak raak minder.  Dit danksy, onder andere die forum en omdat ek 'n passie het om die kuns te bemeester.

Jammer as dit klink of ek moeilik tevrede gestel word.....Of dalk is dit nie so slegte eienkap nie?  Die speenpersentasie van my lammers is in 'n groot mate my maatstok van sukses - en daarmee is ek ook nie tevrede nie, al is dit baie ho?r as die meerderheid boere in my omgewing.

Respek vir wat julle doen en weet!

Groete

Louis 

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Sat Feb 21, 2009 8:37 am
by charles
Louis
Wat ek nou gaan se is seker holrug gery.
Die boer moet ook in sy optrede professioneel wees. Wat kos die meeste die geld wat jy die jagter betaal of die geld wat jy verloor agv die ongedierte?
Hoe minder die jager hoef vis te vang hoe beter.(visvang beteken gaan soek vir jak en kat) min katte word ingeroep jy ry hulle raak of as jy weetwaar hulle vang is dit n ander storie daar is planne wat jy kan maak as jy weet wat die vreet patroon is en hoe daar gevreet word dan werk jy dieooreenkomstig. Maak dit vir die jagter so maklik moontlik, moenie eers self gaan probeer en dan die hele besigheid opneek nie want dan breek jy sy spoed hoe makliker die aand begin hoe beter eindig dit en hoe n groter area dek die man vir jou.  Die boer se rekkie(verkening is baie NB)  jou efford gaan bepaal hoe suksesvol die jagter gaan wees.
Charles

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Sat Feb 21, 2009 10:40 am
by tafjak
Charles

Ek wil ook vir jou noem dat ek al gehoor het van manne wat glo dat die jagter moet werk vir die R650/jakkals. So van 'n innievoetskietery het ek nog nooit op ander terreine tee gekom nie. Baie waar wat jy s?, hoe makliker hoe effektiewer is die poging. Om jakkalse en katte te skiet is al moeilik om mee te begin en om dit moeiliker te maak is na my mening net nie aanvaarbaar nie.

Groete

Taffie

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Sat Feb 21, 2009 10:59 am
by Yalair
Taffie
Party boere is maar net deur die ### hy wil he jy moet kom skiet , maar dan is hy bang jy skiet te veel ? hoe nou. Hoe meer jy skiet mos hoe meer sukses vir albei partye. ek is te dom om sekere goet te verstaan en hierdie is een van

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Sat Feb 21, 2009 11:31 am
by tafjak
Yalair

Ek skiet in Julie 2006 4 stelle jakkalse ( 9jakkalsex R500= R4500) by Johan Bosch in die Somerset-Oos distrik. 4 Tewe is dragtig met 26 kleintjies en ek kan jou verseker dat dit van die Boere is wat die werk verstaan. Hy laat my die volgende oggend verstaan dat daar meer kon gehang het en sou net so bly gewees het.

Die 13de Desember van dieselfde jaar maak ek toe 'n draai by van sy bure en skiet ek dink in die omgewing van 25jakkalse (25jakkasexR500= R12500).

Die belangrikste feit is toe dat Johan Bosch 300 lammers meer gehad het om te bemark as ooreenstemmende tyd die vorige jaar. Die maklike som het toe omtrent so gelyk: 300lammers x R450 = R135000 en dit is 'n bruto wins van R131000 en ek glo nie my somme laat my nou in die steek nie. Nodeloos om te s? dat Johan wat ek toevallig daardie jaar ontmoet het, van my grootse ondersteuners en vriende geword het.

Ja, die ou sommetjies is maar partykeer 'n turksvy.

Taffie

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Sat Feb 21, 2009 5:39 pm
by charles
Taffie
Niemand wou my laas ondersteun nie. Julle ouens wat nag na nag jag baie geld spandeur gereeld na die keelspesialis moet gaan moet op n vasgestelde tarief besluit.R1000 nag R1000 per jakkals of rooikat en tenminste R4 per kilo.  Gestel jy skiet n reun en n teef op een plek jy ry 150km  =  R3600 voor die boer agter gekom het daar word by hom gevang het hy alreeds R15-R20 000 verloor.  Jou bakkie kos R150 000(ek praat nie van Land Rover nie hulle is of baie werd of niks afhangende van hoeveel keer hy al gaan staan het) geweer + scope R15-R30 000 roeptoeristing + ligte nog +/- nog R10 000 Jy praat nog nie eens van jou ondervinding nie.  Julle vra hopeloos te min n jong wat ysters stel kos jou tenminste R3000 per maand =R36 000 per jaar:  BETAAL DIE JAGTER SY R1000 PER NAG EN R1000 PER JAKKALS OF KAT EN R4/ PER KM DIT IS N GOEIE BELEGING VIR DIE LAMSEISOEN. Dit sal die Regte jagters van die res skei. n Boer sal dan baie goed gaan spoorsny en self kyk en nie vir die jong vra nie.
Charles

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Sat Feb 21, 2009 6:19 pm
by Louis102
Taffie en Charles

As my jagter dink ek is deur die "###" hoop ek hy loop jag eerder op 'n ander plek.  Vra is vry manne - en weier daarby.  Dit geld seker vir die jagter sowel as die boer.  As julle leuenstoel speurders wil wees, is dit reg - ek weet dat ek die jagter gaan kies wat suksesvol is en bereid is om van sy bakkie af te klim en self ook 'n bietjie voetwerk doen.  Die speurder wat bietjie uit sy kantoor kom en die saak self ondersoek, moet tog die diewe makliker vang as die 'n speurder wat net op hoors? staatmaak.

En dis goeie oefening om spoor te sny manne! Geniet die natuur terwyl jy sommer so bietjie oefening ook inkry. (grappie)

Louis

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Sat Feb 21, 2009 7:46 pm
by jaracal
Louis
Ek het baie meer sukses waar die boer die voetwerk doen. Hy en sy werkers is elke dag in die veld en behoort op hoogte te wees waar die jakkalse loop. As jy nag vir nag jag, dink ek nie jy het tyd om nog spore te soek ook nie. As die boer bereid is om 'n dagfooi te betaal vir die soek van spore sal ek dit ook met graagte doen maar is daar gewoonlik nie tyd nie. Die boer betaal as daar nie sukses is nie deur die verliese, so ek dink dit is beter om vooraf voetwerk te doen en die persoon in te kry, te laat jag by die probleem areas en dan is die sukses ho?r en die jag gaan gewoonlik vinniger en hoef jy nie die hele area te dek nie.

Hoop dit maak sens.

Groete
Hein

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Sat Feb 21, 2009 9:27 pm
by Louis102
Oraait, ek gee op.  Maar dit sou lekker gewees het!

Louis

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Mon Apr 06, 2009 5:08 pm
by Albe
As ek mag inchip.                                                                                                                                                              Het n klient waar ek jag so 150km van my,op n pos van hom. Sy werker vertel elke keer van waar die jak kom (spore). Gewoontlik 2 paare, die tyd wat hulle roep. Help baie, meer as eenmaal vroeg by huis met groot sukses. So jaar laas daar gejag, toe hy my weer kontak daar gekom en gevra, Samiul waars die jak kom hy my nie meer se want  het n tv met groot spekers gekry kyk nou seepies.        Ga dalk nou op tone trap ma ek dink die seepies maak dat baie van ons boere nie meer die jak hoor en spore kan sien nie.                                                                                                                                                                        ns.Boer self en is onmoontlik om almal se huiswerk te doen                                                                                                        Groete                                                                                                                                                                            Jakata

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Mon Apr 06, 2009 6:36 pm
by jakkie 735
Jakata,

Ek dink nie jy trap op tone nie. Jy slaan die spyker op sy KOP!!  Ek het ook 'n paar kli?nte en twee van hulle kan altyd vir my presies s? waar die probleem jakkalse is. Ek maak korte mete met jakkals.  Onmoontlik om almal se werk te doen.  Boer self ook en probeer om boere in omgewing te help met ongediertes.

Jakkie 735

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Mon Apr 06, 2009 9:49 pm
by Louis102
Naands? Jakkie 735

Ek dink jy moet mooi lees wat Jakata s?.  Hy s? jy moet minder Egoli kyk en meer spoorsny!  Trek bietjie daai vinger uit en snuffel die spore op jou kli?nte se plase uit.  Jy moet mos jou geld verdien, so swoeg en sweet so 'n bietjie daarvoor! ;D

Oraait man, maak net 'n grappie!  Ek het mos al lankal in 'n vorige "post" oorgegee!  Hou aan met die goeie werk! 

Ek vaar self nie te sleg as ek eers die kerngebied opgespoor het nie!  Daarom kap ek maar daai kwaaddoeners van nou af sommer self - het ook nie altyd die geduld om 'n paar weke te wag vir die "pro" om by my uit te kom nie.  Het nog minder geduld as die "pro's" nie na my wil luister nie!  Vertel mos anderdag vir die jagter presies waar hy moet loop jag. Net anderkant witrug se dam s? ek.  Wat maak hy -steur hom nie aan my nie en loop jag op 'n ander plek!  Skiet niks vir die aand nie en ek roei toe maar self die nes uit.

Het onlangs 'n verdere ervaring gehad. 'n Ander "pro" het na twee en 'n halwe nagte nog niks by my geskiet het nie.  Ek dryf (sorry bestuur) vir hom om kwansuis te leer.  Drie uur die oggend van die derde nag luister / of hoor hy uiteindelik wat ek s?.  Van 3uur tot 5uur skiet hy toe 2 jakkalse en een rooikat.  Hy mis ook twee skote op 'n verdere rooikat wat van nou lekker ligsku gaan wees.  Nou wonder ek wie weet meer?  Ek wonder ook of hy nou loop en vertel hoe goed hy was op my plaas!  Maar dit daar gelaat.  Ek glo nie ek sal weer van hom hoor nie.

Ek wil my ook soms verbeel dat ek goeie welslae het is a.g.v. die feit dat ek die terein en die aard van Jakkie se bedrywighede, ter plaatse, beter verstaan as 'n vreemdeling.  My tyd is kosbaar en daarom skenk ek eerder onverdeelde aandag aan my eie bedryf.  My welslae/vordering met die roepery gee my groot satisfaksie en beteken finansie?l meer as dit wat ek kan verdien uit geld vra vir jag in my omgewing (julle ouens jag vir te goedkoop).  Ek laat geen steen onaangeraak om te leer nie en sal myself nooit as volleerd beskou nie.  Wat my egter bietjie krap is die sogenaamde "volleerde pro's" wat neerkyk op 'n boer wat sy eie roepery hanteer.  Hierdie soort "pro" is gewoonlik die ou wat dink alle boere is dom, onervare, maak jakkalse slim en weet nie hoe om 'n geweer te hanteer nie.  In my o? is dit nie nodig vir geld skiet om te weet waaroor dit gaan nie!  (Eintlik skiet ek vir groot geld as jy kyk na my goeie speenpersentasie - noudat ek daaraan dink!)

Ek het die grootste respek vir die kennis en ervaring van manne wat 'n lewe uit jakklsjag maak - dit moet seker tel onder die ondankbaarste beroepe inaggenome tyd van die huis af weg ens.  Maar verbeel ek my of is dit juis die manne wat bereid is om raad uit te deel en nie neersien op die vermoe? van alle boere nie, wat meer suksesvol is in hierdie bedryf?  Daardie professionele jagter wat sy klient se behoefte kan opsom en hom werklik waarde vir sy geld kan gee.  Daardie professionele jagter wat se ego nie so groot is dat hy doof is vir wat sy klient s? nie.  In my o? is hulle die ware "pro's".  En ek is dankbaar om 'n paar van hierdie "genuine pro's" op die forum raak te loop.

Maar genoeg gal gebraak vir eers - ek smaak van manne, soos jy, wat kan korte mette maak met die kwaaddoener skaapvangers!  Ek is baie dankbaar vir die hulp wat jy veleen aan mede boere en die feit dat jy nog tyd het om so af en toe my gat te krap!  My agterw?reld se velle sal seker weer vlieg na hierdie post.  Wag in spanning.

Vriendelike Groete
Louis

Ns. Hardloop daai vinnige valetjie nog steeds?

Re: Professionele Dienste / Praktyk

Posted: Tue Apr 07, 2009 12:00 am
by Louis102
Jakata

Ek wil graag die sepie sien wat meer interessant is as hierdie forum!  Die voordeel is dat jy jou laptop op die stoep kan sit sodat jy die jakkalse hoor.

Jy het my egter 'n blink idee gegee.  Is daar nie 'n draaiboekskrywer onder die forumgangers nie.  Hier is mos 'n hele paar karakters waaroor 'n top sepie geskryf kan word.  Egoli en 7de laan se kykersgetalle sal mos daarmee heen wees !

;D ;D ;D

Groete
Louis