JAG ONGELUK

User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

JAG ONGELUK

Post by Frikkie Coetzee »

Naand Manne

Ek sit en dink nou al van gister af of ek die storie moet plaas of nie. Op die einde dink ek ek moet sodat ander kan leer. Jy het geen idee hoe so n gebeurtenis jou skok en weer realiteit in die oe laat kyk nie.

Ek jag vir jare en het nog nooit n ongeluk gehad nie. Ek is pynlik oor veiligheid reeds omdat iemand my al half doof geskiet het. Ek sal myself beskryf as pynlik versigtig oor veiligheid.

Wel nie meer nie.

Ons het die naweek gaan varke skiet. So gebeur dit dat ek een kwes en my vriend se Jack Russel keer die vark vas. Ek wil toe die vark die doodskoot gee van so ses meter af. Mojo word weggeroep en ek wil die vark deur die kop skiet. Ek het seker gemaak Mojo is nie in my skietvlak nie. Soos ek aanle en die sneller trek sien ek hoe hardloop die Mojo na die vark toe en agter die vark inmaar ek kan nie stop nie.

Ek skiet die vark agter die oor en die koel is dwarsdeur die vark en breek natuurlik op. Stukke tref Mojo agter die blad, die nek en vergruis sy kakebeen aan die een kant. Dit het my jagervaring versuur. Meer as dit ek het my vriend se hond seergemaak.

Ek het vanaand met Mike gepraat. Mojo is OK maar sal n kaak rekonstruksie moet kry en het n bloedoortapping gekry ( van n Boerboel) en was nou vir twee dae op n drip. Hy eet en drink wel water. Hy is tans op pyn medikasie. Die veearts kan nie glo die hond lewe nie. Wys jou hoe tuff is n Jack Russel

Ek voel so sleg en betwyfel myself en veiligheid nou ernstig. Mense ek was seker my skoot was veilig maar julle weet wat het dog gedoen.

Maak sewe keer seker oorveiligheid. Veiligheid gaan nie net oor mense en kwes bokke nie maar ook oor honde en vriendskappe. Ek het daardie skoot 100 maal oor en oor in my kop gespeel. Ek was seker dit was veilig maar dit wys jou hoe in n breukdeel van n sekonde omstandighede kan verander. Mens moet dit in jou denke inbring as jy n skoot neem. Ek het nie en daarin le my fout. Die veilige venster vir my skoot was nie daar soos ek gedink het nie. Ek moes dink dat die hond se instink sou oorneem en dat hy sou terug gaan na die vark toe. Ek moes wag tot hy vasgehou was. Die vark se rug was af so ek kon wag vir daai paar sekondes ekstra

Ek wens so ek kon tyd terugdraai en daai skoot nie neem nie. Dit was vir my n wake up call waaroor ek nog nie kan kom nie. Verwyt as julle wil. Niemand kan my meer verwyt as ek self nie.

Leer asb uit my ongeluk asb

Frikkie
User avatar
.243
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Thu Sep 15, 2011 8:30 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by .243 »

Sterkte ou maat, jy sal ons almal nou twee keer laat dink.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by PWV »

Frikkie, ek glo dit was nie 'n aangename ondervinding nie. Maar dit het gebeur en dan voel jy mos of daar so 'n magteloosheid oor jou spoel - amper soos kleintyd toe jy een van jou ma se waardevolle koppie laat val het.

Ja, 'n mens kan nooit versigtig genoeg wees nie en tog, nieteenstaande jou versigtige optrede, gebeur sulke dinge.

Sterkte, ou maat.
Groetnis
uitenwaj
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by uitenwaj »

dankie vir die inligting, met die jag seisoen nou aan die gang is dit n goeie "wake up call" om nie konsentrasie te verloor nie. Ongelukkig kan jy so versigtig wees as wat jy wil maar n mens kan nie alles beheer nie en sulke dinge gebeur en dit is hoekom dit 'n ongeluk genoem word.
So ongeluk gebeur so vinnig dat jy niks kan doen tot dit te laat is nie.

Sterkte vir Mojo en hoop regting die mannetjie maak dit. Daai honde is net soos n ratel en min kry hulle onder.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by Frikkie Coetzee »

Dankie almal

Ek wil byvoeg. Ja die is dalk n hond, maar wat as dit n mens was?

Vir my is daar nie n verskil tussen Mojo en n mens nie. Ek het iets geskiet wat ek nie wou of mag geskiet het nie

Frikkie
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by spekieries »

Sterkte Frikkie

Ek kan my indink hoe jy moes gevoel het en steeds voel. Dit is presies waarom die woord "ongeluk" opgeneem is in die Afrikanse taal. Dit is iets wat gebeur het en dit moes nie gebeur het nie.

Baie versigtige en uiters koelkop mense het al ongelukke gemaak en gehad. Dit gebeur.

Die les wat ek hieruit leer is: Dink aan die onvoorsiende voordat jy handel. Baie dubbelsinnig want 'n mens het dit juis nie op daardie oomblik voorsien nie.

Ek sluit af deur te sê nogmaals sterkte ou Frikkie.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: JAG ONGELUK

Post by mariusr »

Frikkie ek dink jy is te hard op jou self diere is onvoorspelbaar en beweeg in 'n oog wink jy kon dit nie weet nie! Baie jammer vir brakkie ek sou die selfde gevoel het as dit my hond was wys net weer waar kinders en honde is en daar is wapens dink maar ook vir hulle en maak seker!

Sterkte
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: JAG ONGELUK

Post by theedge »

Baie sterkte Frikkie

Ek kan my indink hoe jy moes gevoel het en steeds voel.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: JAG ONGELUK

Post by Eugene »

'n Ongeluk gebeur bitter vinnig! Sterkte Frikkie, vir jou en MoJo!
Aim small, miss small
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by Frikkie Coetzee »

Mojo gaan vanoggend na n spesialis in PE om na sy kakebeen te kyk.

Hy byt sy pleisters en speel!

Frikkie
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by Smiley »

Frikkie, jammer om te hoor sterkte daar.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by tafjak »

Frik

Ou Mojo het geweet dat jy hom nie dood gaan kry nie, al doen hy wat!

Mooiloop maat
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 842
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: JAG ONGELUK

Post by Dawie Malan »

Frikkie

Jammer oor Mojo. Ek het twee Bassets wat jy enige tyd kan saamvat om te jag...
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by johnny »

Frikkie

Ai man dis tragies , maar daar is n oplossing en mojo gaan een van die dae weer pure hond wees en dwasdeur n bosvark byt met daai ysters.

Sterkte en hou ons op hoogte.

groetnis

Johnny
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: JAG ONGELUK

Post by Riaan Beeslaar »

Goeie dag Frikkie
Baie bly om te hoor Mojo is beter.
Ja, 'n ongluk gebeur regtig baie vinnig.
Ek is ook baie lief vir jack russel hondjies en gebruik hulle gereeld in die veld.
'n Mosambiek spoeg kobra en onglukkig omtrent so maand terug my een tefie gepik en sy het dit nie gemaak nie.
Sterkte daar en hou ons maar op hoogte.

Groete
Riaan
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by savage(P Coetzer) »

Dis n lelike storie as so iets gebeur. Deesdae is honde meer deel van die familie as wat hulle honde is.
My Jack russel tefie het een aand soos sy gereeld gedoen het saam gaan varke jag. Om een of ander rede spring sy uit die bakkie en skraap n ystervark nog voor ek kon skiet. Met n pen deur die oog en 5 in die lyf kry ek haar steeds nie weg van die ystervark om hom te skiet nie toe slaan ek maar die ystervark met die 303 om hom te briek. Kry die hond gevang en maak die ystervark van kant en vat my hond die volgende dag na die lokale veearts net om te hoor sy moet na n diere oog hospitaal in jhb gaan. Ek jaag toe deur met haar en R9002.43 later is haar oog gered alhowel sy nou glo vêrsiende in die oog is. Ek voel steeds baie skuldig oor ek haar nie gekeer het voor sy die ystervark getackle het nie maar dis n hond en daai hond is mal oor jag. Dink as sy alles kon oor hê sal sy weer daai ystervark aanvat. Ek ken nie eers vir mojo nie maar ek weet hy sal ook.
User avatar
stephensonsknives
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 305
Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by stephensonsknives »

dag frikkie

die ding kan aan n man vat ,maar hoe jy die stuasie gaan hanteer, gaan bepaal wie jy in die lewe is
en as ek so kyk na jou vorige post is ons in goeie geselskap

koop maar vir mojo n stuk kentucky as hy gesond is

ek moes verlede jaar 2 van my jack russels afstaan aan die dood en die ergste was dat my een reen ,westly amper met sy lewe geboet het tydens n huis inbraak , om my gesin te beskerm

dis seker hoekom ons jagters genoem word

frikman ons is in goeie geselskap

mesgroete
User avatar
stephensonsknives
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 305
Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by stephensonsknives »

frikman

ek het n gedagte ek sal n spesiale mojo mes maak ,dit in n kiaat boksie laat sit ,dan kan julle die mes opveil of trekking hou hier op die forum

kry vir stefan 762 , en n paar ander manne om n ordentlike mojo pakket saam te stel en gee dit op n trekking uit ,sodoende help ons almal vir jou en mojo

1 x mojo mes coming up

waar is die res en jy sal dit moet dryf
mesgroet
en dan kan ons n artikel doen oor die koeels wat so opbreuk
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: JAG ONGELUK

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dit is n slegte een daai.Ongelukke gebeur en ons prober dit verhoed.Dankie vir die deel dit kan ons manne ok maar net wee mooi laat kyk en seker maak.Die positief is nou het daai Jackie boerboel bloed en is nou n ware hond!!!Sterkte mater en gee daai woef n steak as hy reg is
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by JohanvB »

Dankie dat jy dit met ons gedeel het, dit sê so baie van wie en wat jy is...onse mense..Sterkte.
User avatar
De beer
Full Member
Full Member
Posts: 127
Joined: Tue Apr 24, 2012 8:56 am

Re: JAG ONGELUK

Post by De beer »

Aai ou Frikkie dis nie lekker nie. Teminste was dit werklikwaar n ongelhk en gelukkig was dit n jack russel. Daai goed is darm taai jong.

Een van die bosvarkmanne se spoorhonde is so maand trug deur n mede jagter geskiet met n haelgeweer. Die ou het net beweging in die soyas gesien en geskiet. Skiet hy die man se beste hond vol ssg. R26 000 later en die hond leef. Dis nou nie vir jou n ongeluk nie
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: JAG ONGELUK

Post by DWB »

Frikkie, ja die goed is moeilik, maar dit bly deel van die risiko van met honde jag, ek is ook maar altyd op my senuwees, veral as daar 15 honde om 'n vark staan!

Bly die woef het dit darem gemaak!

Christiaan, ons Safety briefing sê altyd: Moenie dink dis 'n vark nie, weet dis 'n vark! Juis vir sulke gevalle.
Die adrenalien loop maar lekker hoog en mens word maar opgewonde as hier beweging in jou rigting kom
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by LongWolf »

FRIKKIE

Dit vat n man op n perd om se ervaring te deel, nie n meit op n mop nie.

Jy is met integriteit.
Ek haal my hoed af vir jou.

Dit was n ongeluk, en dis oor en verby, jou optrede na die tyd bevestig jou integriteit.

Dis tyd om jou self te vergewe en aan te gaan, dis gewoonlik nie maklik nie, maar dis belangrik om dit te doen voor jy op n plek beland waar jy jouself gaan laat twyfel oor elke skoot wat moet loop.

Sterkte ou maat, ons weet jou hart is op die regte plek.

rou been murg vir Mojo is soos n 5l redbull vir ons.
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: JAG ONGELUK

Post by Johan22 »

Gromit
Dankie Dat jy dit gedeel het vat volgende keer 'n handwapen saam sy koeels breek nie so maklik op nie.
Maar bly die jack russel leef en aan die gang

Johan22
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: JAG ONGELUK

Post by Martin Marais »

Frikkie
Ek is seker bietjie van die topic af,maar ek verstaan baie goed hoe jy voel. Ek jag paar jaar gelede jakkalse by 'n baie goeie vriend van my. Voor ons vertrek op die jag maak ons die vriend se skaaphond in die huis toe. Ek en vriend sien daar is hondespore in die land waar die lammers gevang word,en hy beveel my om enige hond wat daar rondloop summier dood te skiet. Ons roep vir ongeveer 'n uur,en besluit dat omrede dit so koud is ons eers gaan koffie drink en daarna van staanplek sal verander. Na die koffie besluit ek om eers gou te lig voordat ons oppak. Ek tel toe 'n oog sowat 200m van die voertuig op. Kyk deur die teleskoop en sien dit is 'n hond. Die hond haardloop egter weg van ons af,en ek noem aan die vriend dat dit lyk soos sy skaaphond. Vriend"My hond is in die huis,jy was by toe ons haar daar toegemaak het,skiet gou daai hond gaan nou oor die horison verdwyn". Ek skiet die hond toe so in die haardloop reg van agter. Toe ons nader ry,tref die onaangenaamste ding wat ek nog ooit beleef het my. Hier is die vriend se skaaphond met haar rug afgeskiet. Vriend se vrou het ingedagte die deur oopgemaak en die hond is uit die huis. Die treurigste van als was dat ek die hond toe moes doodskiet,want sy was regtig swaar gewond.
Manne dit is sekerlik die slegste ding wat met enige jagter kan gebeur. Die ergste is dit is jou vriende,jy ken die hond,en dan gebeur sulke ongelukke. Hierdie het seker 10 jaar gelede gebeur,maar glo my dit bly nog steeds onaangenaam.
Sterkte daar mater
Post Reply