Goeiedag aan almal,
Ek is Johan Degenaar van Secunda en is ‘n nuwe lid op die forum. My broer Danie (degenad) is reeds ‘n lid op hierdie forum. Ek het groot geword met jag en probeer om darem so een maal per jaar in die jagveld te kom as die tyd dit toelaat. Wintermaande skiet ons gereeld jakkalse op een van my vriende se plase in die omgewing. Ek is ook redelik aktief met die herlaai van my eie ammunisie, maar is nog relatief “jonk” in die herlaai proses. Daarom vind ek hierdie tipe forums baie handig om meer te leer by die “gesoute” manne. My geweer kolleksie bestaan uit die volgende:
• .177 BSF hefboom windbuks
• .177 Gamo nekbreker windbuks
• 9mm Star Para pistol
• 357/38spl Rossi karrabyn
• 12br Mosberg Haelgeweer (slot aksie)
• .243 Sako (Forester) met ‘n Leupold VX3 4.5-14x40 teleskoop
• 7mm x 57 Brno met ‘n Leupold VX3 4.5-14x40 teleskoop
• .303 maar hy is oppad na ‘n vriend toe (wag vir die papierwerk!!)
• 9.3mm x 64 Mauser Obendorff met ‘n Leupold VX3 4.5-14x40 teleskoop
• 12br dubbel loop Pedersoli black powder haelgeweer
Ek het nou onlangs bietjie geld spandeer op van my gewere om hulle weer bietjie op te dollie!! Die 7mm en die .243 is nou ge-glass bed en die wear & tear plekke op die staal is weer mooi geblou. Die 9,3 x 64 was bietjie ‘n ander saak. Hierdie geweer het ons destyds by my neef oorgekoop omdat hy nooit ‘n lisensie vir die geweer in Botswana kon gekry het toe hy soontoe getrek het nie. Hierdie spesifieke geweer het 11 olifante en 17 buffels geskiet toe my neef-hulle destyds op jag ekspidisies in Botswana/Zim/Zam was. Die geweer het toe al die tyd in my kluis gestaan. Ek het so af en toe ‘n skoot geskiet op ‘n teiken, maar hierdie ding het geskop soos min donkies!!
Nou onlangs het ek besluit om hierdie geweer bietjie reg te kry sodat ek hom kan gebruik vir bosjag. Ek het so bietjie ruitwerk op die hout laat sit, die geweer is weer oor geblou en ge-glass bed, scope mounts is gemonteer en laastens het ek ‘n kwikbuis (Sissy tube) in die kolf gesit met ‘n goeie recoil pad. Wat ‘n wondelike geweer om nou mee te skiet – ek is eintlik spyt dat ek so lank die geweer net in die kluis laat staan het!!! Patrone is bietjie skaars, maar ek het nog so 30/40 patrone/doppe en ‘n stel dies. Na redelike klomp eksperimente en raad van Karl Stumpfre het ek op ‘n lekker lading afgekom wat mooi groepeer. Hierdie jaar is dit bosveld toe met die 9,3mm oor die skouer!! Ek sukkel nog ‘n bietjie met ‘n lading vir my 7mm, maar dis een van my redes hoekom ek by hierdie forum aangelsuit het.
In my “bucket list” is daar nog ‘n mooi gemsbok, ‘n Livingstone eland bul en ‘n ordentlike buffel!! Laasgenoemde sal seker eers bietjie later wees tensy daar ‘n groot bargain iewers opspring!!
Ander stokperdjies waarmee ek my ook besig hou is diepsee- en strand hengel, selfry trips na Botswana/Namibia met die familie, bakkie & off-road trailer , lekker saam kuier met my friende en dan spook ek nog so tussenin met microlights as die wind dit toelaat.
Groete
Johan
Nuwe Lid
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Nuwe Lid
Dis mos nou hoe n mens jouself voorstel!
Dagse Johan en baie welkom om die kampvuur. Sien uit na jou deelname hierso
Dagse Johan en baie welkom om die kampvuur. Sien uit na jou deelname hierso
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Smiley
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm
Re: Nuwe Lid
Welkom Johan, geniet dit.
- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: Nuwe Lid
Johan
Baie welkom en goed om nog n Secunda man te sien
Klink of jy n mooi versameling het
Groete
Henk
Baie welkom en goed om nog n Secunda man te sien
Klink of jy n mooi versameling het
Groete
Henk
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75