Page 1 of 1

Bosvarkwors

Posted: Sat Apr 06, 2013 4:08 pm
by Voorslag
Dagse manne
Het een van julle nie dalk n lekker resep vir bosvark wors nie
Dit sal lekker wees .om so bietjie te vergelyk

Re: Bosvarkwors

Posted: Tue Apr 09, 2013 10:40 am
by ROBBIE1
Voorslag, sien nie op jou profile van waar jy is nie, maar jys welkom om hom te bring dan maak ek vir jou wors, maar n slagter is maar synig met sy respte jong, anders gaan niemand mos meer daai vleisie bring dat ek ook kan eet nie!!

Re: Bosvarkwors

Posted: Tue Apr 09, 2013 1:37 pm
by egenis
ROBBIE1 wrote:...anders gaan niemand mos meer daai vleisie bring dat ek ook kan eet nie!!

Ek het dit geweet!!!!

Ek het altyd vermoed die slagter gom my lekker vleis en sit dan vir my doinkie vleis in die wors!!

;D

Sorry Robbie!! Maar ek moes

Re: Bosvarkwors

Posted: Tue Apr 09, 2013 2:14 pm
by ROBBIE1
Toemaar Egenis, jy kry van hulle, en ek kan n joke vat!! (weti waars my gesiggies heen nie, net verdwyn!!)

My dalk verkeerd verstaan, ekt bedoel as ek die vleisie bewerk, kry ek mos paar rand, en kan ek ook lewe, nie van Voorslag se vleis "hijack" om te eet nie, hahahahaha.

En ja, ek is maar k&k stinch met my resepte, 16 jaar gewerk aan hulle om hulle te vervolmaak, sosatie resep was my oupa sin, biltong spice mee gespeel vir jare tot die groot meerderheid van hom hou, droewors bietjie dit en dat bygesit tot die kliente nie meer ander plek wil koop nie, ens ens, so dan moet n man maar jou reseppies beskerm ne!!

Groetnis.

Re: Bosvarkwors

Posted: Tue Apr 09, 2013 6:58 pm
by Voorslag
Dankie Robbie ma ek sit hier doer in die ooskaap
As ek geweet sou ek n varkie omgegooi het en hom die naweek saam gebring het ek kom bietjie kuierda in die bloubul land

Moes darm lag vir die hijack

Re: Bosvarkwors

Posted: Tue Apr 09, 2013 10:04 pm
by mariusr
Robbie waar is jou slaghuis in Prt-noord wil kom proe of jy die waarheid praat!

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 2:57 am
by Gerhard
Ek het nog al die bosvarke wat ek geskiet het laat opsny soos n skaap.

n Bosvark tjop is darm vrek lekker.

Ek sou gewone boerewors laat maak het van n bosvark en russians en goed nie.

Daarvoor is bosvark vleis te lekker.

Los voor n vlakvark

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 2:58 am
by Gerhard
ROBBIE1 wrote:Toemaar Egenis, jy kry van hulle, en ek kan n joke vat!! (weti waars my gesiggies heen nie, net verdwyn!!)

My dalk verkeerd verstaan, ekt bedoel as ek die vleisie bewerk, kry ek mos paar rand, en kan ek ook lewe, nie van Voorslag se vleis "hijack" om te eet nie, hahahahaha.

En ja, ek is maar k&k stinch met my resepte, 16 jaar gewerk aan hulle om hulle te vervolmaak, sosatie resep was my oupa sin, biltong spice mee gespeel vir jare tot die groot meerderheid van hom hou, droewors bietjie dit en dat bygesit tot die kliente nie meer ander plek wil koop nie, ens ens, so dan moet n man maar jou reseppies beskerm ne!!

Groetnis.
n Blokman wat vleis en vleis verwerkin regtig verstaan met die regte resepte en spesirye word deesdae nogal n skaars ding...

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 2:01 pm
by ROBBIE1
Marius jys welkom, op die hoek van Koos de la Rey en Brits weg, gps Brits weg 410, Pta Noord.

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 2:17 pm
by ROBBIE1
Baie waar wat Gerhard se, tjoppies heavy leka!!

Maar as jy n mooi resep het, is sy boerewors ook iets om oor te vertel, kan dit nie met gewone wors vergelyk nie. Vlakkie maak met sulke lekker wors, baie van my kliente beweeg daai rigting, weg van cabanossi en salami.

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 2:36 pm
by FHM
ROBBIE1 wrote:Baie waar wat Gerhard se, tjoppies heavy leka!!

Maar as jy n mooi resep het, is sy boerewors ook iets om oor te vertel, kan dit nie met gewone wors vergelyk nie. Vlakkie maak met sulke lekker wors, baie van my kliente beweeg daai rigting, weg van cabanossi en salami.

Kom maak vir jou n tak hier in Swakopmund oop - jy gaan geld maak...veral met my - ek roei die varke elke jaar tot so mate ek gee vir die volk

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 2:40 pm
by ROBBIE1
Jissie FHM, is daar nie n manier dat mens die karkasse hier kan kry nie? Sorry Voorslag, nou hijack ons jou post!!!

Voorslag, as jy belowe jy sal nie die resep uitgee nie, sal ek jou PM met my resep!!

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 2:42 pm
by Gerhard
Robbie,

Ek hou nie van vlakvark vleis se smaak nie... Sover die enigste wilds vleis waarvan ek nie regtig hou nie.

Die verwerking van n karkas na kaas wors en russians en cabanossi en salami kos baie keer meer as wat dit gekos het om die vark te jag.

Vir die rede jag ek nie vlakvarke nie en sal veel eerder n rooibok skiet.

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 2:42 pm
by Riaan Beeslaar
Robbie

Ek is volgende naweek in PTA, sal bietjie kom draai maak daar by jou slaghuis.

Groete
Riaan

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 2:44 pm
by FHM
ROBBIE1 wrote:Jissie FHM, is daar nie n manier dat mens die karkasse hier kan kry nie? Sorry Voorslag, nou hijack ons jou post!!!
Sorry voorslag ou maat!
Robbie ek kan die varke kry - genoeg, maar ek sien nie kans vir die oor die grens uitvoer / invoer / rooi tape en allerhande permitte en Natuurbewaring en Staatsveearts en al daai nie. ;)

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 2:59 pm
by ROBBIE1
Jys welkom Riaan, bel net voor jy kom, dan sorg ek dat ek hier is.

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 3:07 pm
by Gerhard
Robbie,

Ek het op n stadium boerewors van BWB gemaak met sagte droe vrugte in...

Dink nogal dit kan bakgat werk met bosvark ook.

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 4:17 pm
by ROBBIE1
Gerhard as jy van droe vrugte se smaak hou ja, maar dis nie baie gewild nie, en die krap kom by die vries, ek weet nie, maar dink nie dit gaan lank hou in die kas nie, of wat was jou ervaring?

Re: Bosvarkwors

Posted: Wed Apr 10, 2013 4:21 pm
by Gerhard
Nee sagte vrugte soos peer ens het baie lekker gewerk.

Dink die geheim is sagte droe vrugte met redelik suiker.

Het ook nie probleem gehaad vries van die wors nie.

Re: Bosvarkwors

Posted: Thu Apr 11, 2013 5:12 pm