kaas hamburger pastei

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
ou Bles - Gert
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Sat Sep 29, 2012 9:31 pm

kaas hamburger pastei

Post by ou Bles - Gert »

Kaas-Hamburger-Pastei
sonneblomolie om patties te braai
4 klaargemaakte hamburger-patties
8 snye cheddarkaas
2 velle (400 g elk) blaardeeg
1 eier, geklits
Verhit jou oond tot 220 °C.
Braai die hamburger-patties vir so 2 minute weerskante tot bruin. Plaas 4 snye kaas (ewe ver van mekaar af, na die hoeke toe) op die eerste vel blaardeeg.
Sit ’n patty bo-op elke stuk kaas. Hoewel die vleis nog warm is, sal die kaas keer dat die deeg pap word.
Sit nog ’n sny kaas bo-op elke patty.
Smeer die deeg rondom elkeen goed met die geklitste eier.
Plaas die tweede vel deeg oor en druk dit goed af om elke stapeltjie.
Sny die deeg rondom elke stapeltjie af en druk die deeglae weer goed opmekaar vas.
Vou die deegrande stewig om sodat die pasteie goed verseël is. Plaas op gesmeerde bakplaat , verf bo-op met geklitste eier. Bak vir 20 - 25 minute
Sit voor met tamatiesous en slaai.
Post Reply