Page 1 of 1
Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Fri Apr 05, 2013 5:26 pm
by NEGE3
Toe ek my Bevoegdheid Sertifikaat wou hernu is ek deur die beampte gevra waar kry ek die Vorms. Ek het mee gedeel dat ek dit van die Inet afgetrek en gedruk het. Sy reken my dat die Vorms nie op datum is nie en dat hulle nie meer Afrikaanse aansoek Vorms aanvaar nie.
Die tweede ding is dat jou Bevoegdheid Sertifikaat verval op die datum wat jou nuutste geweer lisensie verval.
Derdens as ek nou 'n lisensie vir 'n wapen kry net voor die Bevoegdheid Sertifikaat se datum verstryk beteken dit dan dat die Bevoegdheid weer vir 10 jaar geldig bly sonder dat ek dit hoef te hernu of waar gaan hulle die streep trek. So ek kan nou elke 10 jaar 'n nuwe geweer koop en hoef dan nooit weer te bekommer oor Bevoegdheid nie.
Groete.
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Fri Apr 05, 2013 6:02 pm
by G-force
Dis ou nuus die.Solank jy n geldige lisensie in daai kategorie het sal jou bevoegdheid geldig wees.Dit is seker al amper twee jaar so.
Oor die afrikaanse vorms weet ek nie.Seker net mislik met die boere.
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Fri Apr 05, 2013 6:05 pm
by ROBBIE1
Nege3, Ek gaan ook saam lees op die een, 2 verskillende weergawes. Ons vuurwapen afdeling se jy MOET elke 10 jaar hernu, maar die Jagtersvereniging se dis bog, die wet se solank jou jongste lisensie geldig is. Daar is dus n "loophole" in die wet hier, en ek gaan dit verseker gebruik!!
Wat se die slim manne, ons luister!
Wat die afrikaanse vorms aanbetref, dink ek vul maar eerder die engelse een in, al wil ons nie, maar hulle gaan jou verseker laat wag as daai afrikaanse vorm op die tafel van die verkeerde een beland, net om "spite full" te wees.

Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Fri Apr 05, 2013 6:16 pm
by JTM
Dit is soos jy daar sê. Dit bly geldig solank jy 'n geldige lisensie vir die tipe vuurwapen het. Die nuwe bevoegdheid sertifikate het nie meer 'n vervaldatum op nie.
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Fri Apr 05, 2013 9:32 pm
by NEGE3
Die Bevoegdheid Sertifisering is dan juis ingebring sodat hulle jou dwing om ten minste elke 10 jaar op hoogte te kom met die nuutste wetgewing ens. As die Serifikaat nou nie verval nie gaan ons weer terug waar ons was voor die instelling daarvan.
Die man wat sy bevoegheid sertifikaat saam met sy eerste wapen verkry sal na 10 jaar altwee moet hernu, dis vestaanbaar. Sou hy na 9 jaar nog 'n wapen bykoop beteken dit dat sy Bevoegdheid Sertifikaat automaties vir nog 10 jaar geldig sou wees. ens, ens, ens,
Sou dit dan ook geld as jy 'n loop vervanging doen voor die bestaande Bevoegheid verval.
Sou my wapen gesteel of vernietig word binne die tyd en ek verkry 'n nuwe een.
Ek het probeer kyk of ek iewers 'n wysiging in die wetgewing hieroor kon sien maar kry nêrens iets hier oor nie.
Dit is nie nuus vir mense wat aan jagtersverenigings en forums behoort waar hulle met die grapevine ingelig word nie. Daar is baie jagters met een geweer wat eenmaal per jaar gaan jag en hoe word hy ingelig as dit so onder die kombers gedoen word.
Miskien is hier 'n kundige op hierdie gebied wat vir ons kan duidelikheid gee.
Robbie jy is reg. Gaan volgende keer 'n vorm in Zulu invul. Miskien kry ek dan my liksense binne 'n paar uur.

Groetnis.
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Sat Apr 06, 2013 4:37 pm
by JAGTERSREG-JRM
Hi
Die afrikaanse storie is ongrondwetlik!!!!!Aaaaai die klomp wat maak net wat hulle wil maak my sterrrre lam
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Mon Aug 12, 2013 9:55 pm
by Petrie303
Dagse,
My bevoegdheid kaartjie het laasjaar verval, die polisie in middelburg se ek moet weer aansoek doen vir bevoegdheid.... waar staan dit geskryf dat jou bevoegdheid verval saam jou nuutste geweer lisensie, dalk by SA Jagters hoor? Glad nie lus om weer aansoek vir bevoegdheid nie....
Groete,
Petrie
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Tue Aug 13, 2013 7:13 am
by mariusr
Ja glo hulle is self deurmekaar soos kots in tuimeldroe!? My bevoegdheid verval ook die jaar maar my lisensies eers in 2018 ? Toe my seun sy haelgeweer so ruk terug kry toe se hulle daar word nie meer bevoegdheid kaartjies uitgeryk nie!?Ander ding die ou plastiek groen lisensies is nog steeds geldig!? Dink hulle weet nie meer watter kant toe met die tammaletjie wat hulle gemaak het!!??
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Tue Aug 13, 2013 7:43 am
by Gregvzyl
Petrie303 wrote:Dagse,
My bevoegdheid kaartjie het laasjaar verval, die polisie in middelburg se ek moet weer aansoek doen vir bevoegdheid.... waar staan dit geskryf dat jou bevoegdheid verval saam jou nuutste geweer lisensie, dalk by SA Jagters hoor? Glad nie lus om weer aansoek vir bevoegdheid nie....
Groete,
Petrie
Petrie, het jou bevoegtheid kaardjie/drukstuk 'n verval datum op? Dan is dit veiliger om eerder weer aansoek te doen. Jou nuwe bevoegtheid drukstuk sal dan die volgende op he.
The Firearms Control Amendment Act, no 28 of 2006 stipulates that the Competency Certificate remains valid for the same period of validity as the period determined in the act in respect of the licence to witch the competency certificate relates, unless the Competency Certificate is terminated or renewed in accordance to the provisions of the act.
En geen verval datum nie.
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Fri Sep 04, 2015 5:03 pm
by PWV
Bogenoemde is 'n ou "post", maar dit het dieselfde strekking. Ek en my seun, Chrisjan, se bevoedheidserifikate is op dieselfde tyd, saam uitgeneem. Dit verval Oktober 2015.
Ek gaan na die polisiekantoor in die Paarl en hulle raai my aan om dadelik heraansoek te doen vir 'n nuwe - moes al twee maande gelede gedoen gewees het. Kry al die dokumente (en 2 foto's) in orde + R70.00 en haas my terug.
Ek waarsku Chrisjan en vertel hom wat hy moet doen en sommer dadelik. Hy bel my loater en is baie verontwaardig dat ek hom so op hol gejaag het, want in Vryburg vertel hulle vir hom dat sy Bevoegdheid verval wanneer sy jongste wapenlisensie verval.
HOE NOU?? GEE MY KRAG!!
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Fri Sep 04, 2015 11:58 pm
by ruaanb
Dit us hie ek dit het oom Pieter. As jy die bevoegdheid kaartjie het verval hy op die datum op die kaartjie andersins saam met jou jongste wapens lisensie. DFO in Durbanville het dit so aan my oorgedra.
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Sat Sep 05, 2015 11:50 am
by WILLEBEES
JTM wrote:Dit is soos jy daar sê. Dit bly geldig solank jy 'n geldige lisensie vir die tipe vuurwapen het. Die nuwe bevoegdheid sertifikate het nie meer 'n vervaldatum op nie.
Ek het my handwapen lisensie velede jaar hernu en my vrou het hare nou onlangs hernu.
Nie een van ons het nodig gehad om bevoegdheid te hernu nie.
Gaan net vooraf na jou polisiekantoor en vra vir die henuwingsdokumente asook wat jy anders sal nodig he bv kleur ID foto's, kopie van ID boek, ens.
Sorg dan net dat jy 3 maande voor die vervaldatum op jou huidige lisendie vir hernuwing aansoek doen.
Na sowat 8 weke behoort jy dan jou nuwe lisensie te kan gaan haal.
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Sat Sep 05, 2015 1:25 pm
by PWV
Ek verstaan hoe julle die saak sien . My storie is dit dat alle DFO's nie konsekwent is nie.
Ek moet hernu (Paarl), maar my seun hoef nie (Vryburg)!
Ek het gedink alle reels, wette, regulasies is dieselfde oor die land!
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Sun Sep 06, 2015 2:08 pm
by Henry
Verwys jou DFO na 'n SAPS memo wat uigegaan het na alle takke om dit duidelik te maak aan die wat nie wil luister wat die wet bepaal nie.
Die brief is op NatShoot se site. Ek post die link sommer hier.
http://www.natshoot.co.za/uploads/docum ... 202006.pdf
Druk dit uit en wys dit aan jou DFO as hy wil het jy moet jou kompetensie hernu voor die verstryk datum van jou wapen se lisensie gekoppel aan daardie kompetensie.
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Mon Sep 07, 2015 6:21 am
by sako 30-06
My Kompetensie kaartjie het n vervaldatum opgehad en dus moes ek hom hernu.
Deesdae kry n mens net n printout(Compentency certificate) en hulle het nie n vervaldatum op nie en is dus geldig solank as wat jou wapen se lisensie is.
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Mon Sep 07, 2015 7:45 am
by Henry
Ek gaan sommer in die nuwe jaar vir my 'n pistool vir sportskiet kry sodat my handwapen kompetensie geldig is vir minimum 10 jaar.
Re: Bevoegdheid Hernuwing.
Posted: Mon Sep 07, 2015 8:00 am
by DanieDegenaar
More,
Ek het self van SAP die naweek 'n sms gekry my handwapen verval in Desember. My vraag is nou, my kompetensie is vir handwapen, geweer en haelgeweer. Ek het wel laas jaar 'n nuwe geweer gekoop. Is alles dan weer geldig of moet ek aansoek doen vir kompetensie vir handwapen en haelgeweer?