Page 1 of 1
Fiocchi slagdoppe
Posted: Thu Mar 28, 2013 5:26 pm
by Hein M.
Alle poeiergooiers,
Iemand ondervinding met Fiocchi primers? Het by S&O gekoop en was baie verbaas oor die prys: R60 vir 'n pakkie 150, large rifle
Almal daar en sommige kliƫnte het my van die kwaliteit verseker.
Hoor graag!
Hein M
Re: Fiocchi slagdoppe
Posted: Thu Mar 28, 2013 6:01 pm
by Arnold
sjoe, ek sal moet gaan kry. enige iets anders as pmp kan net goed wees.
Re: Fiocchi slagdoppe
Posted: Thu Mar 28, 2013 6:05 pm
by Pvdw
As ek reg is is dit Italiaans en baie goeie kwaliteit

Ek weet die haelgeweer manne is baie tevrede met hulle.
Teen 40c stuk is dit regtig baie goeie prys.
Is dit standaard of magnum slagdoppies??
Peet
Re: Fiocchi slagdoppe
Posted: Thu Mar 28, 2013 7:32 pm
by Hein M.
Pvdw wrote:
Is dit standaard of magnum slagdoppies??
Peet
Arnold
Jip. Teen daai prys kan jy maar gaan haal!
Nee Peet,
Weetnie... Daar staan net Large Rifle NIK

op die pakkie.
Sal wel Saterdagmiddag vir jou kan se hoe hy die poeiers brangemaak het - en hoe die groepe op 200m lyk...
Mooiloop!
Hein
Re: Fiocchi slagdoppe
Posted: Thu Mar 28, 2013 7:54 pm
by Christo
Hein koop hulle. Ek het so tyd terug gesukkel om CCI primers te kry en hulle gekoop. Werk goed genoeg vir my. Voel ook asof hulle stuiwer pas.
Re: Fiocchi slagdoppe
Posted: Fri Mar 29, 2013 7:45 am
by G-force
Fiocchi is n baie goeie produk.Jy kan maar gerus koop en gebruik.