Page 1 of 1

noordkaap roep kursus

Posted: Mon Mar 25, 2013 11:15 am
by roux cf
Manne,

Ek wil n roep kursus in die Prieska omgewing try reel, maar wil eers die belangstelling toets.

As daar manne is wat belangstel, pm of email my rouxcf@gmail.com

Die kursus sal deur Jason Bardenhorst of sir Taf aangebied word, afhangende van belangstelling
En beskikbaarheid van die aanbieder/s.

Groete,
CF

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Wed Mar 27, 2013 2:31 am
by Pappabeer
Ek sal belang stel afhangende van die tyd. Wat sal so n kursus kos min of meer?

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Wed Mar 27, 2013 7:24 am
by Dirkie
CF,ek is in vir die kursus.

Latweet wanneer dit is.

Groete Dirkie

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Thu Mar 28, 2013 12:10 pm
by roux cf
Afhangende van belangstelling, maar dis sal seker so in die omgewing
Van R1000+- kos. Ek wil dit vir n saterdag probeer reel, dat dit vir almal
Toegangklik kan wees.

Daar sal ook n praktiese sessie wees, vir die wat belangstel.

Groete,
CF

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Fri Mar 29, 2013 12:05 pm
by leendert
Net om seker te maak, is dit nou taffie wat jy wil vra? Ek sal ook belangstel en nog iemand saambring as die tyd gelee is. Ek wou ook al lankal so iets hier rond reel deur taffie of heinrich. Laat weet maar.
Groete
Leendert

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Tue Apr 02, 2013 6:00 pm
by muismaree
Ek sal bietjie my meisie se Pa laat weet van jou beplande kurses. Ek glo hy sal belangstel. Hy is ook daar in Prieska omgewing, Piet Roux.

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Wed Apr 03, 2013 8:54 am
by roux cf
Manne,

Ek het met Jason Badenhorst gepraat oor die kursus. Indien
Hy nie beskikbaar is nie, sal ek met oom Taf probeer reel.

Groete,
CF

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Wed Apr 03, 2013 6:33 pm
by Pappabeer
Enige idee vir datums?

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Fri Apr 05, 2013 1:19 pm
by roux cf
Ons kyk na die laaste naweek in Mei, die saterdag.

Groete,
CF

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Sun Apr 07, 2013 8:26 pm
by roux cf
Manne,

Die reelings vir die kursus is getref.
Dit sal die naweek van die 31ste
Mei-1 Junie gehou word.

Daar sal 2 aande praktiese demonstrasies
wees. Die kursus gaan deur Taffie Mulder
Aangebied word. Koste beloop R1500 per persoon.

Manne wat belangstel kan my kontak op
078 084 2503 of email na rouxcf@gmail.com

Groete,
CF

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Sun Apr 07, 2013 9:02 pm
by Pappabeer
Nee nee nee!

Dis jammer. Doen n ACLS kursus in kimberley 1 en 2 Junie... Volgende keer

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Sun Apr 21, 2013 7:05 pm
by hpg
Hallo CF

Ek sal ook belangstel in so `n kursus in Prieska, laat weet net asb. van die tyd en kostes.

Hennie Greeff

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Sun Apr 28, 2013 1:33 pm
by johann
CF ek sal vir jul kom kuier

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Sun Apr 28, 2013 1:44 pm
by johann
CF, vir hoeveel mense het jy plek. Kan dalk nog 'n paar Strydenburgers wat nog nie kursus gedoen het saambring.

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Sun May 05, 2013 7:51 pm
by roux cf
Johann,

Stuur my n sms dan bel ek jou!

0780842503

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Thu May 09, 2013 7:31 pm
by karooboer
ek sal ook definitief belangstel en meskien nog n persoon is juis naby my

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Sun May 19, 2013 5:31 pm
by roux cf
Middag manne,

Right, die kursus sal in die GWK lokaal aangebied word.
Dit is by die Landmark/GWK winkel in die dorp.

Die van julle wat slaapplek soek, kontak my dat ek kyk wat ek kan reel.

Email rouxcf@gmail.com of 07ag08vier25nul3

Groete,
CF

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Mon May 20, 2013 12:35 pm
by roux cf
Manne,

Ek het nou net met oom Taffie gepraat. Die kursus is bevestig vir 31 Mei-1Junie 2013.
Die manne wat my gebel of ge-epos het, bevestig net deur epos of sms asb!

Vir die manne wat vêr ry, ek probeer slaapplek gratis reel, sal almal laat weet met bevestiging.

Email rouxcf@gmail.com of sms 078 084 2503

Groete,
CF

Re: noordkaap roep kursus

Posted: Mon Jun 03, 2013 9:35 am
by roux cf
Manne,

Baie dankie aan Sir Taffie Mulder vir die tyd om ons weer bewus te maak van jakkalse en die tegnieke rondom roep en skiet!

Baie dankie aan elkeen wat die kursus bygewoon het, mag vlekkie julle nooit teleurstel nie.

Groete,
CF