Page 1 of 1

223 50gr/55gr

Posted: Tue Aug 31, 2010 9:22 pm
by HVZ
NAAND ALMAL

EK HET VANNAND MY 223 GAAN INSTEL NADAT HY BY DIE GEWEERSMID WAS. DIE GROEPERING MET 50GR V-MAX PUNTE LYKHEEL GOED MAAR IETS WAT MY TOE OP VAL IS DAT AS EK MET 55GR FMJ PUNTE SKIET DIE SKOTE AMPER 2 DUIM REGS SKIET. HET IEMAND AL SO IETS TEE GEKOM?

MOET EK NOU ELKE KEER DIE GEWEER OOR INSTEL AS EK MET DIE 55GR PUNTE WIL SKIET?

BYVOORBAAT DANK
HENRI

Re: 223 50gr/55gr

Posted: Tue Aug 31, 2010 11:35 pm
by Francois Marais
Henri
MOET EK NOU ELKE KEER DIE GEWEER OOR INSTEL AS EK MET DIE 55GR PUNTE WIL SKIET?
Net so, as ek n voorstel mag waag, bly by V-max'e, en skiet alles daarmee, leer die trajek ken, en jy's gewax vir alles wat jy wil skiet

Mooi loop
Francois

Re: 223 50gr/55gr

Posted: Wed Sep 01, 2010 11:01 am
by Hein M.
HVZ,

Ek weet dat as daar net 'n hoogte-verskil is aan jou groeperings, dit te wyte is aan die verskillende gewig punte.  'n Links/regs afwyking is te wyte aan die geweer.  Toets met ander gewig punte ook en as die links/regs groeperings konstant voorkom, dan weet jy dat die geweer die oorsaak is.

Gerard van GS Custom bullets het 'n soortgelyke vraag hieroor beantwoord.  Kyk na die laaste paar vrae onderaan hierdie site:

http://www.techfund.co.za/GSCTechQA.asp

Hoop my 2sent help...

Groetnis!

Hein M.

Re: 223 50gr/55gr

Posted: Wed Sep 01, 2010 10:32 pm
by HVZ
Dankie Hein en FM

Ek het ook al gewonder of ek nie maar by die v-max moet bly nie,maar sal hy sterk genoeg wees om n kudu n kop skoot te kan gee?

Dankie weereens
HVZ

Re: 223 50gr/55gr

Posted: Wed Sep 01, 2010 10:54 pm
by Francois Marais
HVZ

Het so 20 Gemsbokke en Koedoe's al geskiet met n 204 Ruger, 32 gr V-max'e, inni nag en nie verder as so 120m, as jou skootplasing reg is, het jy NIKS meer nodig nie.

Mooi loop
Francois