Page 1 of 1

Beskadigde dop

Posted: Mon Mar 25, 2013 11:10 am
by FCLoretz
More,

Wat sal julle se veroorsaak die merke op 'n dop? Dit is 'n 30-06 Winchester dop 4 keer geskiet

Ek het klaar die dop uitgehaal en sal hom nie weer herlaai nie.

http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/hunting%20and%20loading/beskadigdedop_zps4d3e101b.jpg

Re: Beskadigde dop

Posted: Mon Mar 25, 2013 11:19 am
by Geno
Te veel case lube maak so. Die lube kan nie compress nie, dan druk dit die duike in die dop. Dis wat ek reken?

Re: Beskadigde dop

Posted: Mon Mar 25, 2013 12:10 pm
by BRNO (Pierre)
Geno wrote:Te veel case lube maak so. Die lube kan nie compress nie, dan druk dit die duike in die dop. Dis wat ek reken?
Stem saam. met my ook al gebeur, wel meer op die skouers van die dop, maar die merke is identies. As jy hom weer laai en skiet is hy weer reg.

Re: Beskadigde dop

Posted: Mon Mar 25, 2013 12:41 pm
by Trevor
Het dit ook al gehad, soos Pierre sĂȘ, laai en skiet hom weer dan is hy reg.

Re: Beskadigde dop

Posted: Mon Mar 25, 2013 2:30 pm
by FCLoretz
Eish, Ek gaan 'n lae lading laai en skiet.

Maar dit is snaaks. want hulle is net geneck size.

Re: Beskadigde dop

Posted: Mon Mar 25, 2013 2:35 pm
by Riaan Beeslaar
Middag

Jy kan hom maar gerus weer laai.
Onthou ander kalibers blaas mens die doppe uit.
Groete

Riaan

Re: Beskadigde dop

Posted: Mon Mar 25, 2013 9:43 pm
by Carl
Stem dis te veel lube, laai jou lading. Die gevare is krake en skeur.

Re: Beskadigde dop

Posted: Sun Mar 31, 2013 3:10 pm
by swc-tr
Die merke op die romp van die dop in die foto hierbo, word veroorsaak deur vuilgoed in die geweer se kamer, dit is steeds veilig om die dop te gebruik, die volgende keer wanneer dit geskiet word in 'n skoon kamer, sal die merke verdwyn.

Te veel lube veroorsaak duike op die skouers van 'n dop, agv hidroliese aksie van die lube wat nie saamgepers kan word nie.

Re: Beskadigde dop

Posted: Sun Mar 31, 2013 8:35 pm
by Biltong
SWC-TR -ek stem saam. Duikies van te veel re-size lube lyk anders en sal nie voorkom as dit net ge-necksize is nie.

Re: Beskadigde dop

Posted: Mon Apr 01, 2013 1:07 pm
by grumpy
FC, Geno is 100% reg. Het presies dieselfde met my gebeur. Ek het hom gelaai en geskiet en nou is alles weer 100%.

Re: Beskadigde dop

Posted: Mon Apr 01, 2013 5:04 pm
by FDJ
My Redding dies doen presies dieselfde op presies dieselfde plek.Dit het my so frustreer dat ek die Lee dies gekoop het wat 'n klein gaaitjie het wat oortollige lube uitdruk.Met die redding dies kon ek nie minder lube opsit nie.Wat se dies gebruik jy?

Groete
Francois

Re: Beskadigde dop

Posted: Mon Apr 01, 2013 5:24 pm
by LongWolf
grumpy wrote:FC, Geno is 100% reg. Het presies dieselfde met my gebeur. Ek het hom gelaai en geskiet en nou is alles weer 100%.

Gebruik net minder lube, ons weet jy is jonk getrou maar vat dit kalm maat!!! ;D ;D

Sorry maar ek moes ;D ;D >:+ >:D

wys jou maar net weereens "TE" is ongesond!!!! :o >:+ >:D ++>:

Re: Beskadigde dop

Posted: Tue Apr 02, 2013 9:22 am
by FCLoretz
FDJ wrote:My Redding dies doen presies dieselfde op presies dieselfde plek.Dit het my so frustreer dat ek die Lee dies gekoop het wat 'n klein gaaitjie het wat oortollige lube uitdruk.Met die redding dies kon ek nie minder lube opsit nie.Wat se dies gebruik jy?

Groete
Francois
Ek gebruik die Lee Neck sizer en RCBS FL sizer en RCBS seater die

Re: Beskadigde dop

Posted: Tue Apr 02, 2013 4:57 pm
by DWB
IMPERIAL SIZING WAX....................

Re: Beskadigde dop

Posted: Tue Apr 02, 2013 5:22 pm
by FCLoretz
DWB wrote:IMPERIAL SIZING WAX....................

Ek het slim geraak. Het gekoop ander dag.

Re: Beskadigde dop

Posted: Tue Apr 02, 2013 5:43 pm
by Biltong
FCLoretz wrote:
Maar dit is snaaks. want hulle is net geneck size.
????

FCL, verduidelik bietjie die proses gevolg met die neck sizing van hierdie dop. Volgens my is dit half onmoontlik dat neck sizing hierdie probleem kan veroorsaak. Die dop se romp is soos dit uit die kamer kom.

Groete Biltong

Re: Beskadigde dop

Posted: Wed Apr 03, 2013 7:50 am
by FCLoretz
More Biltong,

Ek dink dit het dalk te doen met vuilgeid in die kamer.

Ek het Redding se Imperial sizing wax gebruik. en net op die nekke en skouers gesmeer toe ek die neck sizing gedoen het.

'n ander ding waaraan ek gister gedink het terwyl ek en Pierre gepraat het was dat ek die doppe getuimel het vir die eerste keer. Vandat ek hulle begin skiet het, voor die imperial sizing wax het ek Lee se case lube gebruik. So ek is nie seker of dit is agv die laaste full length size wat ek gedoen het nie.

Re: Beskadigde dop

Posted: Wed Apr 03, 2013 8:48 am
by Biltong
FCLoretz wrote:Ek dink dit het dalk te doen met vuilgeid in die kamer.
Dit maak sin.

Sterkte in elk geval -glo jy sal die probleem oplos.

Lekker dag.