Page 1 of 1

Naand kerels

Posted: Fri Mar 22, 2013 3:03 am
by Pappabeer
Nuut op die forum. Lyk baie billik sover... Lyk o mens baie hier kan kuier en leer.

Cheers!

Dewald

Re: Naand kerels

Posted: Fri Mar 22, 2013 8:32 am
by FCLoretz
Welkom Dewald,

Geniet die forum

Re: Naand kerels

Posted: Fri Mar 22, 2013 8:46 am
by jamalley
Ek hou van die hoed en die jak in jou hand - welkom op die forum

Re: Naand kerels

Posted: Fri Mar 22, 2013 9:33 am
by jaracal
Welkom Dewald
Jy kan net goed inpas hier met so 'n avatar.
Groete

Re: Naand kerels

Posted: Fri Mar 22, 2013 9:38 am
by Riaan Beeslaar
Baie welkom en geniet dit

Re: Naand kerels

Posted: Fri Mar 22, 2013 9:59 am
by Piet Pille
Welkom Dewald

Re: Naand kerels

Posted: Fri Mar 22, 2013 11:57 am
by Marc
Welkom Dewald

Glo jy gaan dit geniet hier saam met ons

Mooi loop
Marc

Re: Naand kerels

Posted: Fri Mar 22, 2013 8:02 pm
by quintin
Naand dewald

Welkom hier op di forum. Hoop jy ga dit geniet

Groete Quintin

Re: Naand kerels

Posted: Sat Mar 23, 2013 10:12 am
by ROBBIE1
Hi Dewald, welkom op die forum , n lekker plek om te kuier, glo my!!

Re: Naand kerels

Posted: Sat Mar 23, 2013 1:49 pm
by PWV
Welkom Dewald. Lekker klompie gunne wat jy het!

Re: Naand kerels

Posted: Sat Mar 23, 2013 7:56 pm
by Clinton3006
Welkom! Hier kuier en leer mens Baie!

Re: Naand kerels

Posted: Sat Mar 23, 2013 8:41 pm
by Pappabeer
"Ek hou van die hoed en die jak in jou hand - welkom op die forum"

"Welkom Dewald
Jy kan net goed inpas hier met so 'n avatar.
Groete"

-Dankie... Die kalant het besluit om helder oor dag kop te wys, toe ontmoet hy n Barnes 180gr TSX terwyl ek Gemsbokke soek. Altyd lekker my kat slaap nou op sy vel...

"Lekker klompie gunne wat jy het"
- baie dankie oom Piet, ek soek maar altyd nog teen beter wete...

Re: Naand kerels

Posted: Sat Mar 23, 2013 8:47 pm
by Beer (Christo)
Welkom ou Pappabeer,

Miskien moet ons maar net se dat ons nie 'related' is nie.

Vertel so bietjie vir my van daardie 8x60 en met watter tipe kalibers hy vergelyk.

My pa het jare terug 'n 8x57 gehad, ek dink dit was 'n Mauser. Die geweer het 2 sneller a gehad, met so kort loop en het my geskop dat ek op my agter end gesit het, toe ek so 10 was. Sy vriend het 'n 8x68 gehad, waarmee hy op een jagtrip 'n Eland geskiet het.

Ek ken nie die kalibers so goed nie, sal bietjie meer wil leer.

Lekker aand.

Christo

Re: Naand kerels

Posted: Sun Mar 24, 2013 12:23 am
by Pappabeer
Ja nee. Ek het nie kinders op die stadium van my lewe nodig nie...

8x57 was die duitse militere geweer. Na die ooreenkoms van Versailles na die eerste W.O. Is besluit seviele mense mag nie meer militere kalibers he nie, en toe het Mauser die gap gesien om die kaliber te bemark. Dit was bekend aan die jagters omdat die dop slegs 3mm langer was en hulle kon vir n fraksie van die prys van n nuwe geweer hulle kamers laat langer sny vir die nuwe patroon. Dus het hulle ook in die J en S konfigurasie gekom

Dit vergelyk maar met n 30-06 wat in metrieke terme 'n 7,62x63 is. Hy skiet n 180gr koeel teen so 2650 fps en van die ouens laai hom met n 250 gr koeel, dan is hy die selfde as sy britse eweknie die .318 Westley Richards.

Ek is nie n kaliber debat man nie so ek koop maar n geweer as hy nice lyk en n storie aan het. Die een is in 1956 gemaak en was n ou duitse oom in die Kaprivi sin.

Re: Naand kerels

Posted: Sun Mar 24, 2013 12:35 am
by Hein M.
Welkom!

Jy is by 'n nice forum! Eg Suid Afrikaans.

Hoop jy geniet.

Ek het 'n 8x60Mauser persent gekry en sal graag wil hoor watter ladings jy gebruik.

Geniet ons forum!

Mooiloop!

Hein M

Re: Naand kerels

Posted: Sun Mar 24, 2013 2:32 am
by Pappabeer
Dankie Hein,

Geniet dit reeds baie...

Dit hang natuurlik af of hy .318 of .323 is. Ek het slegs data vir die .323.

Doppe is RWS, neck sized en afgedraai na .33 -.35" wand dikte. Doplengte is presies 60,00mm, flashholes gesny etc
Cci 200 LR primers. S335 kruit met al my ladings
Sierra 200gr Match King of Nosler 200gr CC. Sover dit my betref is dit die selfde punt. Die ogive is presies die selfde en ek verstaan dat Sierra onder kontrak vir Nosler die Custom competitions maak.
Die lading op byde is 48gr. S335 en ek kry n spoed van so 2650.

My jag lading is ook 48gr S335, maar agter n 180gr Barnes TSX. Dit sit so 100 fps by. In my geweer is daar geen tekens van druk met die ladings nie en die skop is heel hanteerbaar.

Interresant genoeg uit PPU Doppe het ek die selfde snelheid met 51 gr S335 gekry en toe amper my vingers ( en gesig) verbrand toe ek van doppe verwissel. Die PPU doppe was baie hard en glad nie univorm nie so ek het ASAP van hulle ontslae geraak.

Ek sien jy is op Tulbagh. Neville Koudstaal op Stellenbosch het tien teen een nog RWS doppe anders sal Rozenthal he, maar teen n wille prys. S&O is die goedkoopste met die Nosler punte as hulle voorraad het.

Re: Naand kerels

Posted: Mon Mar 25, 2013 1:55 pm
by Smiley
Welkom Pappabeer, sien jy het al goed rond gespeel met die herlaai stokperdtjie. Geniet die forum.