Page 1 of 2
Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Aug 25, 2010 11:57 am
by NICO
Hallo Julle
Ek het nou raad nodig met kees se kind wat besig is om alles te verwoes op die plaas. Om hulle te skiet werk nie meer nie en hokke ook nie.
Het iemand vir my dalk raad wat om te doen.
Nico
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Aug 25, 2010 12:50 pm
by Jeagermeister
Drink die plaas onder hulle G@tte uit!!!
Nee o jissie, op'n ernstiger noot... sal of 'n groot saamskiet moet reel...
Alle Sterkte...
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Aug 25, 2010 12:52 pm
by Theo E
nico
hulle is so slim
have you thought of a chopper
Theo
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Aug 25, 2010 12:54 pm
by Geno
Chopper soos 'n R-44 met 2 ouens (een links en een regs) met haelgewere met AAA's. Gaan jou 'n paar rand kos, maar jy gaan so die hele trop uitskiet binne 'n kort rukkie.
Groete,
Eugene
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Aug 25, 2010 12:55 pm
by Geno
Ek sien Theo het ook daaraan gedink terwyl ek dit gepost het. Dit kan regtig die moeite werd wees.
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Aug 25, 2010 1:04 pm
by Skolla
Nico
As jy op n chopper besluit sorg net dat jy manne op die grond ook het want hulle kruip agter die kleinste bossie of in n boom weg dat jy hom nie uit die chopper sien nie.
Voorspoed dis n nare skepsel(kees).
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Aug 25, 2010 1:05 pm
by Mac
Het jou PM gestuur
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Aug 25, 2010 3:47 pm
by Raven
Manne,
Ek sukkel net so met Kees, enige raad is welkom. Ek lees graag.
Dankie Raves.
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Aug 25, 2010 6:06 pm
by Biker
het jou ge pm
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Sun Aug 29, 2010 9:08 pm
by molopohunter
Ek het daai selfde probleem gehad en nou nog partykeer. Ons is in die molopo rivier distrik, party stukke is oop en ander dig bebos. Ek nooi net gereeld vriende vir n naweek wat wil kruit brand, laat hulle in die hides sit of rond ry en en kees kom sover gereeld 2de.
Hulle raak slim, maar nie eers julias malema kan slim genoeg wees vir voorle nie...hulle moet drink.
As mens se vriende nie stil kan wees nie (wat gebeur as richard louw saam gaan) dan kan mens by elke watergat n vanghok stel met mielies in, en glo dit of nie, iets soos red bull of so oor gooi as gewone mielies nie meer werk nie (gummie bears en "sweeties" werk ook). Die klomp hier vrek oor dit (dit agter gekom toe n jagter n lee blikkie in die hide gelos het). Die groot ding is net om die hokke heeltyd te skyf om die hoof water punte, anders raak hulle hom gewoond en gaan nie meer in nie.
Ek vind ook dat meeste troppe n vaste patroon het waar hulle beweeg, en volg die "roete" van hulle nogal gereeld.
Die maniere het sover goed gewerk vir my, so hoop dit kan julle help.
Ek sal ook graag nog meer raad wil he as julle iets kry wat beter werk...
Groen kalahari groete en alle sterkte...
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Feb 08, 2012 5:41 am
by Hugo Vermaak
Jeagermeister,
Klink my dis tyd om n strafkommando te reel.
Hugo
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Feb 08, 2012 6:46 am
by C.J.
Wat ook werk is om uit te vind waar hulle slaap en dan voor sonop onder die bome te wees met 'n paar vriende en haelgewere. Dra 'n wyerand hoed, sodra dit begin lig word kan daar bietjie met hulle gewerk word.
Groete
C.J.
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Feb 08, 2012 7:44 am
by Francois B
More manne
Hier by ons neuk dit net so met kees veral met die wat die veld do droog was die laaste 3 maande ek het 1 geskiet op die lam wat hy gevang het en nog twee wat n ooi met haar lammers in n hoek vasgekeur het! Ons het van 200 ooie amper niks lammers gekry nie en jakkie het die skuld gekry! Alhoewel jakkie seker die grootste skuldige is wonder mens maar hoeveel kees weggevat het!
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Feb 08, 2012 8:05 am
by JK
Dra 'n wyerand hoed,
Groete
C.J.
quote

, moenie onder die boom staan nie. !!
Hulle hou nie daarvan as jy die klientjies skiet nie.
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Feb 08, 2012 8:08 am
by C.J.
JK,
Lyk my jy weet wat gebeur..
C.J.
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Feb 08, 2012 8:17 am
by BLOK
Manne het vroer jare gepraat van jy vang een en verf hom wit. Het blykbaar vir n kort rukkie wat dit werk. Die nuutste en die manne hardloop glo distrikte ver is jy verf hom swart met sulke geek klawer kolle dan lyk hy soos n luiperd.
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Feb 08, 2012 10:31 am
by ablm468
Hier in die Gauteng omgewing kla die boere ook veral by Heidelberg. Ek weet nie waar jy is nie maar ons het n skietkommando gemaak, was so 10 skuts wat 4 uur al in die veld was. Die bobbies het nke afgekom uit die koppe uit nie so ons het niks geskiet nie maar wanneer hulle uitkom werk dit gewoonlik goed.
Een ou wat probeer skiet werk nie jy her baie guns nodig want as die eeste skoot klap hardloop hulle.
Jy het ook erkieslik manne nodig wat 300m en verder goed kan skiet.
Ons het in hierdie area die "Bushveld conservation burea". Dit is n klomp jagters wat gratis ondier beheer doen. Het so amper 40 Plase waar die boere ons toelaat om ondiere te jag.
Hansmanv
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Feb 08, 2012 10:36 am
by Geno
Hansman wrote:
Ons het in hierdie area die "Bushveld conservation burea". Dit is n klomp jagters wat gratis ondier beheer doen. Het so amper 40 Plase waar die boere ons toelaat om ondiere te jag.
Dis mos die PACASA- manne?
Probleem wat ek daarmee het, is dat jy die boer 'n guns doen, en nie andersom nie. Dit is baie nadelig vir ons wat wel geld vra per nag/dag/km/ongedierte.
Groete,
Eugene
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Feb 08, 2012 11:03 am
by JK
C.J. wrote:
JK,
Lyk my jy weet wat gebeur..
C.J.
Een nag het die kese vreeslik geraas naby die huis in n groot boom toe stuur ek die werkers met die haelgeweer. Hulle het natuurlik onder die boom gaan staan en skiet..... dom donners .

Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Mar 07, 2012 11:33 am
by Wouter Roets
Hallo Manne
Ek sit met die einste probleem. Hulle rig enorme skade amper daagliks op die plaas aan. Om hulle te wil skiet is amper onmoontlik agv die habitat. Ek is huiwerig vir die helikopter want hulle trek maar oor die gebied. Ek kry ook nie hulle slaaplpek nie so daai opsie is ook uit. Dit is groot troppe so ek weet ook nie hoe goed die vanghok storie gaan wees nie. Het gepraat met n man wat vir hom die eketronies verjaar met reukmiddel aangeskaf het en hy se dit werk goed vir kees. Na wat ek gelees het op die Forum oor die apperaat en sy uitwerking op jakkels wat blyk dat dit maar tydelik is is ek huiwerig vir die toestel. Ons is nie permanent op die grond nie so doe intensiewe metodes gaan nie werk nie. Huidig is ek raadop en ontsaglik furstreerd!
Groetnis
Wouter
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Wed Mar 07, 2012 1:45 pm
by JK
Mielies in n vanghok werk, maar hulle raak ook slim na n tyd. Is maar n lang proses maar jy sal hulle minder maak, uitroei seker nie maklik nie, en skiet soveel jy kan. Hoe meer mens sku hulle is verder bly hulle van die huis af.
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Sat Apr 21, 2012 7:40 pm
by Fanie
Ek se mos altyd, jy is 'n goeie jagter as jy die trop kan volg en hulle kan uithaal... ;-)
Wouter julle boere is ook maar lekker dom. Nooi die manne om die bobbejane te kom jag. Die eerste twee per jagter per trip is gratis, daarna betaal jy se maar R50 per bobbejaan (of wat die tarrief is) of reik 'n drie, vier, vyf ens. sertifikaat uit. Laat ons sien watter vernuf die manne aan die dag le ;-) Jy kry 'bragging rights' hier op die forum as jy die setifikaat met die meeste kese op het.
Dis net 'n voorstel. Daar is baie ouens, veral ons dorpsjapies wat smag om bietjie in die veld te kom en die veldkuns op te skerp en om 'n slag jou wysvinger vir iets anders te gebruik as diamante grawe. Maak dit soos 'n bring en braai - die besoekers is op hulleself aangewese en moet na hulleself omsien, so tipe van 'n oorlewings episode. Geen vanghokke nie, net jou vernuf.
Ek noem dit want daar is 'n klomp van die jong manne vir wie jy niks kan leer nie en hulle weet altyd meer en beter. Hier is die kans vir hulle om te wys waarvan hulle gemaak is.
Wat dink julle.
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Sat Apr 21, 2012 9:26 pm
by Francois Marais
Fanie
Wouter julle boere is ook maar lekker dom.
Jy steek jou kop lekker ver uit........
Mooi loop
Francois
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Sat Apr 21, 2012 10:32 pm
by Fanie
Fanie
Wouter julle boere is ook maar lekker dom.
Jy steek jou kop lekker ver uit........
Mooi loop
Francois
Veral tussen die spul met hulle gewere ne' :-D
Dit was nie om te se die boere is dom soos in onnosel nie, ek het daarby bedoel
daar is dalk maniere van oplossing waaraan hulle nog nie gedink het nie.
Die manne moet net dink, nie drink !
Re: Kees se kind verwoes alles
Posted: Sun Apr 22, 2012 12:07 am
by Fanie
Oom Pine, as jy hulle op so groot skaal wil uitwis, hang maar net 'n groot net oor 'n spul kos met een kant ingevou en sit dit met 'n afstandbeheer af. Moet net nie die net stukkend skiet nie.
Wat meen jy 'met die goed grootgeword'... ons was VIER gewees !
Ek het maar die voorstel gemaak want daar is altyd ouens wat plek soek om te gaan skiet, onthou dis nie meer soos in die ou dae nie. Die gedagte was ook nie om 'n klomp trigger-happies daar los los te laat nie. Ek is ook redelik seker dat as daar gereeld aktiviteite op 'n plek is sal die kese minder geneig wees om soontoe te kom. Daar kan mos maar bietjie reels ook wees, soos geen oop vure nie ens, die idee is juis as daar iemand was moet dit nie agterna sigbaar wees nie. Ons kan mos verantwoordelik ook wees.
Ek dink nou daaraan. My een boetie het een dag baie tevrede met homself op die plaas met 'n opgeskote bobbejaan by die huis aangekom wat hy in sy kamer gaan sit het en die deur toegemaak sodat die' nie kon 'wegraak' nie. Om een of ander rede het hy en die bobbejaan van mekaar gehou. Nodeloos om te se dit was 'n verwoesting en my ma was nie juis in haar noppies nie, jy kan jou maar net voorstel. Ek het my maar merendeels by slange en ander ongediertes gehou so my ou moeder is darrem nie heeltemal verniet grys nie so nee ek self het nog nooit 'n bobbejaan gehad nie ;-)