Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post Reply
fredd
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm

Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by fredd »

Goeie dag

Ek het die naweek gaan ladings toets met my Musgrave .270win en hierdie volgende vreemde ondervinding gehad. Dit was 'n nuwe pak Nosler doppe wat die eerste keer gevuur is. Hulle was net so uit die boks uit gelaai.

Ek het sierra 135gr matchkings gelaai vanaf 51grein S365(lot 67) in inkremente van 0.3grein tot by 54grein om 'n ladder test te doen en die spoed ook gemeet oor 'n chrony. Federal match primers. COAL=3.466" om nader aan die groewe te kom maar dit raak nognie.

Soos in die foto gesien is daar vreeslik baie 'gas' wat verbykom tot by die agterkant van die dop. Die primers lyk almal 100% en ek het geen drukprobleme ervaar nie.
https://dl.dropbox.com/u/47612043/IMAG0395.jpg

Ek het vermoed dat dit dalk as gevolg van te lae druk kon wees maar dit kon ook gesien word by die 54grein lading (2892ft/sek)

Ek het toe die doppe gaan meet en gesien dat daar 'n redelike groot verskil in mates is tussen die ongevuurde en die 1x gevuurde doppe, veral as dit gemeet word direk agter die 'nek' area. Die ongevuurde meet 0.434" en die wat gevuur is meet 0.446 in die area.

Ek het nognie voorheen die probleem ondervind met PMP, highland of remington doppe nie.

Het enige iemand dalk raad? Kan dit wees dat die doppe dalk te klein vervaardig is?

Ek glo as ek die reeds gevuurde doppe weer gaan gebruik sal dit seker nie meer 'n probleem wees nie aangesien dit dan nou die kamer se dimensies aageneem het. Is dit iets om oor bekommerd te wees of kan ek maar die res van die nuwe doppe gebruik soos dit is?

Groete
Fred
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by cassie_calvinia »

ek het dit ook al gesien. in my geval was dit die olie in die geweer.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by cassie_calvinia »

daar was olie in loop, en het nie die loop skoongemaak voordat ek geskiet het nie. daarna, nooit weer gedoen.
ek se nie dit is so in jou geval, dis maar wat ek oorgekom het.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by jaracal »

Fred
Die verklaring wat jy reeds gegee het nl. die verskil in die grootte van die dop is ook my opinie. Jy kan die 1 x fired doppe probeer en kyk of dit weer gebeur wat onwaarskynlik is. Moontlik net 'n batch doppe wat se specs aan die minimum vereiste voldoen.
Laat weet as jy die 1 x fired doppe geskiet het.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
fredd
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by fredd »

Cassie ek het die oggend voor ek baan toe was eers 'n droë lappie deur die loop gestoot om moontlike olie te verwyder. Ek het ook eers so paar skote met highland winkel ammo geskiet om eers op teiken te kom en hulle het nie die blowback gehad nie.

Hein, ek sal die gevuurde doppe weer probeer wanneer ek 'n kans kry en kyk of dit nogsteeds gebeur.

Fred
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by Carl »

Fred dit het my oorgekom met 'n stel Lapuas op die 243. Meer op die laer ladings maar nie konsekwent nie. Ek het die volgende rondte die doppe deur die matrys gesit, en het op hoër ladings 1 of 2 gekry. Maar baie beter. Ek is nou besig met die 1x gevuurde doppe en kry dit nie meer nie.

Het dit glad nie gekry met die nuwe Normas in my 270 nie. Ek skiet met haar nie maks ladings nie volgens QL nog heelwat onder maks.
As jy daai doppe in so bietjie warm water met clean green gooi so 30 min los dan tuimel is hulle mooi blink weer.
fredd
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by fredd »

Ja ek sal hulle maar 'n keer deur die tumbler sit want daars redelik baie carbon op. Selfs tot in die 'extractor' groefie.
Volgende keer hulle net necksize en hoop dat die probleem dan opgelos is.

Fred
Zack Benade

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by Zack Benade »

Ek het een keer my doppe verkeerd ge full size. Dieselfde het gebeur.
Kyk na jou die verstelling
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by Geno »

Jou druk is te laag (rondom 37600psi uit 'n maksimum van 65000psi), dan seël die dop se nek nie teen die geweer se kamerwand nie.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by Smiley »

Jou druk is te laag (rondom 37600psi uit 'n maksimum van 65000psi), dan seël die dop se nek nie teen die geweer se kamerwand nie.
Stem saam Geno
fredd
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by fredd »

Zack, die doppe is nog gladnie gesize gewees nie. Dit kom so uit die boks uit. Sal wel net neck size volgende keer.

Geno ek het ook gedink dit kan die druk wees wat te laag is. Maar selfs met die 54grein het dit gebeur.

54 Grein is die maks lading volgens somchem boekie vir 'n 130gr koel (3114ft/sek). My spoed was ek egter slegs 2892 ft/sek so ek gaan hom maar nog so bietjie warmer laai met die res van die doppe wat nog gefireform moet word.

Kan die lang seating depth en die groot dopkapasiteit (70.5gr water) veroorsaak dat dit so veel as 200ft/sek stadiger is as die boekie? En dit nogals vir 'n swaarder koel wat 135gr weeg en se druk eintlik meer moes wees as 'n 130gr.

Dankie vir al die opinies.

Fred
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by Geno »

Fredd,
Dis al baie gesê, moet jou nie aan maksimum ladings steur nie, kyk eerder na maksimum spoed!
Jou spoed van 2892fps is baie laer as die maksimum van 3114fps.
Kyk ook of die probleem verdwyn as jy die doppe uitgegloei het.
Goed, beter, 6millimeter!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by Carl »

Stem, maar dis darem erg om nuwe doppe te moet gloei. OP my 270W. 22 duim loop met Norma doppe (dis vuur form 1x).
S365 (lot 66), 130gr NBT.
54.1 2838 vps
55.5 3005 vps
Volgens QL op 56.5 is druk 52881
fredd
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by fredd »

Ja dankie Geno ek weet die spoed is die ding wat jy moet dophou want dit kan jy meet en dit gee jou 'n indikasie van waar jy is met jou druk.

Ek het maar net die boekie as 'n riglyn gebruik om by te begin.

Fred
Zack Benade

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by Zack Benade »

Na alles wat jy gesê het kan jy na die volgende kyk

Headspace of case body Dimentions wat undersize is. Jammer vir die Ingels.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by Pvdw »

As ek so lees wyd daai lae spoed my dat jy met groot kamer sit wat op sy beurt druk laag hou so dan "sukkel" daai dop om mooi te seel in daai kamer.

Het jy die fabrieks ammo gechrono??? Wat was hulle spoed??

Peet
fredd
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by fredd »

Zack dis seker maar die nuwe doppe se dimensies wat aan die minimum spec kant is. Ek gaan kyk of ek volgende naweek weer by die baan kan uitkom en dan weer die gevuurde doppe probeer wat nou meer my kamer dimensies aangeneem het.

Ek sal ook nog van die ongevuurde doppe laai vanaf 54gr opwaarts om nader aan 3000ft/sek te kom en te kyk wat hul maak met die hoër druk.

Peet die gekoopte 130gr highland ammo was teen 2850ft/sek. Ek het net 1 van hulle oor die chrony geskiet.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by Stefan764 »

Spot on Geno
fredd
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by fredd »

Net so bietjie terugvoer nadat ek weer by die skietbaan was die naweek.

Ek het my ladings toe verder verhoog en die hoeveelheid blowback het aansieklik verminder maar was soms nog teenwoordig op party doppe. So ek glo die te lae druk was wel die oorsaak van die blowback.

Ek moes laai tot by 56.4gr S365 voordat ek 'n spoed van gem 3092ft/sek kon bereik waarby die primers ook tekens van hoe druk begin wys het. Die slot het steeds maklik oopgemaak. Dit is waar ek gestop het.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/47612043/IMAG0424.jpg

Ek gaan die lading van 55.5gr gebruik wat redelike goeie groeperings gegee het teen gem 2932ft/sek.

Dankie vir almal se raad.

Fred
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by Pvdw »

As ek daai primers so kyk lyk dit my hulle het redelik pak gekry :confused: :o :o

So jou probleem is selfs met die hoë drukke nog steeds nie uit gesorteer nie??

Peet
fredd
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by fredd »

Peet

Ja dit is nou darem baie minder as wat dit was in die eerste foto, maar daar was nog steeds die 2 doppe op die hoogste lading wat so bietjie aanpaksel gehad het soos jy kan sien.

Daar was wel ook van die doppe van die 55.5gr en 55.8gr groepe wat geen aanpaksel gehad het nie.

Fred
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wat veroorsaak die gas 'blowback' oor dop ?

Post by Carl »

Fred, so platterige primer teen normale spoed is eerder 'n aanduiding van kopspasie probleme. Ek het dit ook gevind op my 270W. Myne het 22" loop en ek kry die volgende volgens QL:
Node 2 56.5gr S365 52,881psi, 2981vps; my werklik spoed is 3011 op 55.2, so moet effe sak, maar ek dink die winter gaan dit uitsorteer.
Die SD's is ook maar effe plat gewees en ek het toe Gerhard Schultz http://jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t ... orm+matrys se raad gevolg om my vorm matrys reg op te stel. Die SD lyk nou normaal. Ek kry glad nie die terug vuur op my 270 selfs teen laer greine nie.

Gaan toets bietjie die kopspasie en laat weet.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply