Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post Reply
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by Suidwes »

Was gisteraand in die veld en na 2 ure se roep, sien ek die ogies inkom. Sien dit is sommer n groot meneer en hy is besig om windaf te werk.
Gooi vir "tik tik" op die roeper en die ou verander sommer dadelik rigting na die reoper toe. Die volgende oomblik draai daai jakkals om en hardloop weg.

Ek sit verslae op my stoel en wonder wat de d@#$%^r het nou gebuer, kon nie my wind wees nie, lig was heeltyd op dim en dit het hom glad nie gepla nie.
Sit en swets vir n paar minute en stap later om die roeper te gaan haal, toe sal ek sien wat is die fout! My stukkie wondergom waarmee ek daai simpel groen liggie van die wildfire toeplak het op een of ander manier afgeval.

Toe daai jakkals daai groen liggie sien, toe weet hy daar is fout en het nou nie eers 2 keer daaroor gedink nie. Het res van die nag wakker gele en daai jakkals geskiet in my gedagtes...

Maak seker daardie liggies is toe vir die wat dit nog nie oorgekom het nie!!

Teleurgestelde Groete
Suidwes
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by cassie_calvinia »

nee wat maat
daar is iets anders wat vir ou vlekkie gepla het. as jou lig hom nie pla nie, sal die groenliggie ook nie.
ek het myne nog nooi toe gemaak nie.
dit is maar 'n miskiet jakkals, of hy het jou geruik.
ek twyfel bitter sterk of dit die roeper se skuld is.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by theedge »

cassie_calvinia wrote:nee wat maat
daar is iets anders wat vir ou vlekkie gepla het. as jou lig hom nie pla nie, sal die groenliggie ook nie.
ek het myne nog nooi toe gemaak nie.
dit is maar 'n miskiet jakkals, of hy het jou geruik.
ek twyfel bitter sterk of dit die roeper se skuld is.
Cassie dink jy reg - Skiet ook al jare so nog nooit toegamaak nie.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by Francois Marais »

Suidwes

Stem met die ander manne, my lig nog nooit toegemaak nie, sit my roeper met die lig na my toe, en noggi n jakkals verloor agv die lig nie...

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by jaracal »

Het jy gestap om die roeper uit te sit? Indien wel kon die jakkals daardie reuk opgetel het.
Daardie jakkals is deur iets anders as die groen liggie skrik gemaak. Het nog nooit myne toegeplak nie.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by Suidwes »

Mmmmm...

Ek het gestap en die roeper uitgesit, kan dalk dit wees, want ek was teen die jakkalsproef en die wind het so gewaai dat hy tot teen die jakkalsproef moes kom om my te ruik.
Dalk was dit dan maar die reuk van die stap om die roeper uit te sit.

Dankie julle
Suidwes
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by Pieter »

Ek het dieselfde laas Dinsdagnag oorgekom/ervaar, boer sukkel met teef jakkals nadat sy seun die jonges geskiet het, reun in yster gevang, vra of ek nie kan probeer nie, op BLJ 7 reageer sy heftig en storm in (bokant wind), dimmer op flou, sien ek hoe kom sy in, nog net een groot bos verby(60m van my af) kom, dan gaan ek haar stop en omdop, ek wag nou nog dat sy moet verskyn, weg soos laas maand se pay, agterna gehoor 'n paar ander manne het haar ook "getry" met dieselfde resultaat, sy was nog bokant die wind en het my nie geruik nie, roeper was op bakkie, so my gevolgtrekking was maar dat dit die lig moes gewees het, al was dit flou.

Groetnis
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by Blackie Swart »

More Pieter.As ek mag vra watter kleur is jou voertuig waarmee jy jag.Ek het ondervind dat, veral in my geweste,n wit voertuig maar bedek moet word met n kleed.Baie jakkalse al verloor in my begin stadium van jag waar ek my staanplek verkeerd gekies het en die maan my belig het.Jakkals se kind is nie dom nie en enige iets wat uit verhouding lyk in sy omgeweing ,sal hom die hasepad laat vat.Veral as jou voertuig of windskerm n weerkaatsing maak.Gaan maar terug daar waar jy gestaan het gedurende die dag en kyk uit n jakkals se oogpunt uit na waar jy gestaan het.Seker sy moes jou gesien het. Op 60m was sy te baie naby aan jou om gemaklik te wees.Maar net my persoonlike ondervinding.
Groete
Blackie
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by Pieter »

Blackie, die voertuig is met gekamofleerde (matt) verf kleure geverf, ek het tussen bosse gestaan, iets het daai jakkals laat omdraai teen tempo hewig, 1ste keer dat ek 'n jakkals sien wat so bakleierig instorm en verdwyn
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by Blackie Swart »

Ek weet dan ook nie wat daai jakkals laat omdraai het nie.Gee haar so n tydjie kans en probeer weer.Hoop jy kry haar gou omgedop voor sy te skelm word.
Sterkte
Blackie
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by cassie_calvinia »

julle manne wil te naby skiet!
skiet die gemors voor hy omdraai.
hier op 150m stop ek hom en skiet. het al te veel verloor, omdat ek die goed nader wil laat kom
HOU HOM DAAI DIKTE
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by Pieter »

ou Cassie, as die bosse dit toegelaat het!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by cassie_calvinia »

ok sorrie
HOU HOM DAAI DIKTE
stan man

Re: Foxpro krap jakkalsjag deurmekaar

Post by stan man »

het iemand nie in die veld gestaan en dou afskud nie? die reuk van menslike urine is baie sterk vir diere.daar is baie faktore wat n invloed kon he. staan die volgende keer aan die anderkant van die bos ,sy kon uit haar gebied gewees het. as sy dan n ander dominante jakkals reuk optel sal sy ook gee pad. daar kom ook kokkolol honde in die veld gewees het wat naby die boom gemerk het dan is die bedreiging te groot.
Post Reply