Page 1 of 1

Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:23 pm
by Piet Pille
Middagsê

Is daar moontlik iemand wat hierdie koeël kan identifiseer? Dit is heel moontlik 'n duitse fabrikaat. Die patroon in die foto's is vir 'n 8x57. Dit is 'n herlaaide koeel wat deur 'n vriend van my se skoon-oupa (uit Duitsland) herlaai is. Hy wil graag probeer uitvind watse koeëls dit is.

http://i1075.photobucket.com/albums/w433/PieterVorster/IMG_0266Small_zps038ca8f6.jpg

http://i1075.photobucket.com/albums/w433/PieterVorster/IMG_0265Small_zpsf1022504.jpg

byvoorbaat dankie

Piet Vorster

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:27 pm
by Geno
RWS H Mantel
Special about the RWS H-Mantel-bullet is the famous H-groove, a predetermined breaking point in the shape of a constriction in the middle of the jacket. It supports the separation of the two bullet cores of different hardness and is jointly responsible for the bullet's dual effectiveness system:

The front part fragments very quickly after the impact in the game's body with a high energy release. This guarantees highest effectiveness.

The cylindrical tail part of the H-MANTEL-bullet separates at the H-groove, penetrates without considerable deformation the body of even heavy game, and thus reliably provides the desired bullet exit.

The suction effect of the tail part ensures that the fragments of the front bullet core largely leave the game's body and thus spare the game's meat.
http://rws-munition.de/typo3temp/pics/e091718395.png
http://rws-munition.de/uploads/tx_twrws/rws_0_hm_bp-g_0_stadium2.png
http://rws-munition.de/typo3temp/pics/41f9eb4030.png

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:29 pm
by PWV
Dit is 'n "what-d'ye-me-call-it". :P :P

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:35 pm
by Frederik
Geno wrote:RWS H Mantel
+1

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:35 pm
by Jean Marais
Geno
Jy't hom 100% reg. Baie goeie koeëls daai. Wonder of mens hulle hier sal kry?

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:40 pm
by Piet Pille
Dankie Geno

Probleem...... vragie..... 5sekondes..... ANTWOORD!! Met die komplimente van Jaracal.

Dis nie wie jy is nie, dis wie jy ken!

P.S. Oom Pieter- dis wat ek ook gedink het... :-)

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:44 pm
by Johan Nel
Geno wrote:RWS H Mantel
The suction effect of the tail part ensures that the fragments of the front bullet core largely leave the game's body and thus spare the game's meat.
Né! Klink omtrent so geloofwaardig soos hidrostatiese skok wat bokke vinniger doodmaak met hoë spoed.
Behalwe vir daardie stukkie bemarkingsfoefie lyk die koeël nie sleg nie.

Groete,
JHN

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:53 pm
by VdWalt
Klink maar soos NP?

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Thu Mar 14, 2013 9:11 pm
by tau
Jammer , maar ek het te veel RWS koels gesien wat nie voldoende gevaar het teen ons "hardevel"antelope in Afrika. Ek dink die doppe is OK,maar nee die koels is sommer bollie. Daai plan dat jou gat jou kop moet groter maak is sommer ' n mis een.

Mybegin herlaai en ballisties het juis begin in 1997, met die weeg van elke liewe koel wat ek uit 'n bok kon kry as tiener. Die RWS koels het soms die hel voorste gedeelte van die koel verloor met die agterkant met so skerpunt wat oorbly en nie voldoende penetreer.

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Fri Mar 15, 2013 6:06 am
by Karl Stumpfe
Soos almal al gese het, Geno is reg.

Tau, ek stel meestal met jou saam, maar RWS se H-Mantel is 'n perd van 'n ander kleur. Dis 'n baie goeie punt. So ook hulle ou staal mantel FMJ solids. Die res is bollie, "guarenteed" om te begin expand as jy hulle op 'n graad 7 Van Dijk mat laat val...

Ja ek dink ook daai "sucktion" effek het hulle marketing dept een Vrydag middag, na te veel weissbier uit 'n skoen, mee opgekom...

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Fri Mar 15, 2013 7:37 am
by Geno
Tau,
Die RWS koeëls wat gefail het by jou, hoeveel bokke het hulle gekwes agv die koeël? (apart van slegte skootplasing?)
Klink of jy die RWS TUG koeëls gebruik het.

http://www.covtrading.com/images/palle/rws/tug.jpg

Daar is 'n oulike gesegde:

"At what time during the animal's death, did the bullet fail?"

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Fri Mar 15, 2013 7:58 am
by Francois Marais
Geno

Die H-mantel kan nog gaan, maar daai TUG is di grootste bok wat jy kan kry.....vertel iemand my wat in Zim wou n groot ding gaan skiet met n klient, daar gekom moet gun se zero gecheck word, en duitse klient ruk sy RWS boxie uit, die Zim PH se die man aan om dit te bere, hy sal beslis nie met dit skiet nie, nee beduie die klient, hierdie RWS en die eintlikke koeele wat hy sal gebruik print selle POI, hy wil net zero check met hulle, reken die Zim PH vi hom: " Sir, that sheet not even on my shooting range"

Mooi loop
Francois

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:00 am
by Geno
Francois Marais wrote:reken die Zim PH vi hom: " Sir, that sheet not even on my shooting range"
Hahahahahaha!

FM, ja, die TUG is bitter sag! Weet jy dalk hoekom die RWS manne die koeëls so silver (Nickel??) maak?

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:24 am
by Francois Marais
Geno
Weet jy dalk hoekom die RWS manne die koeëls so silver (Nickel??) maak?
Geen idee, weet jy?? (Dink jy wou my vasvra, wel jy het, hehe)

Mooi loop
Francois

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:25 am
by Geno
Nope, is nie 'n vasvra nie. Ekself het nie 'n clue nie!

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:31 am
by Francois Marais
Geno

Sien nou op hulle site.....
Nickel-plated steel jacket for increased barrel life
Weet nie so mooi nie, maar nu ja, wonner watse solvent haal daai nickel uit n loop....daar weet ek ook nu weer meer.

Mooi loop
Francois

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:36 am
by Karl Stumpfe
Nickel is supposed om die koeel "gladder" te maak, amper soos moli, daarom gebruik. Verder lyk dit ook nogals fensie! LOL! Anyways, dit maak die gilding metaal vd mantel ook biki sterker en taaier, nie dat dit veel help met die TUG's nie....

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:40 am
by tau
Geno wrote:Tau,
Die RWS koeëls wat gefail het by jou, hoeveel bokke het hulle gekwes agv die koeël? (apart van slegte skootplasing?)
Klink of jy die RWS TUG koeëls gebruik het.

http://www.covtrading.com/images/palle/rws/tug.jpg

Daar is 'n oulike gesegde:

"At what time during the animal's death, did the bullet fail?"
HAHA Geno stem saam met die gesegde.

Ek het nooit dit gebruik nie, maar het ek skool vakansies by 'n bekende PH in Windhoek gekuier/gehelp/gepla en hy het vandag nog 'n klomp van die RWS TUG koels in sy bar wat gevaal het. Ek weet net hy het ook die koels later amper verban vanaf sy plaas. My herlaai kennis het daar begin en as basis om die skala te leer gebruik het ek die koels almal geweeg wat hulle herwin het.

Dus die wat ek die stelling gemaak het:
tau wrote: Daai plan dat jou gat jou kop moet groter maak is sommer ' n mis een.
.
Ek het nie geweet hulle maak koels wat werk nie.

Maar ek gebruik ook hier maar kennis wat my oorvertel is so miskien moet ek stilbly :)

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:42 am
by Geno
Dalk was die TUG soos 'n outydse V-Max, wie weet? Haha

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Fri Mar 15, 2013 10:41 am
by Karl Stumpfe
Geno wrote:Dalk was die TUG soos 'n outydse V-Max, wie weet? Haha
Geno, ek dink RWS het doelbewus daai koeel so sag gemaak, want meeste van hul jagters skiet op kleinerige bokke (roebuck, die size van Vrystaat springbok). Ek dink die TUG en TIG ontwerp (van Wilhelm Brenneke) is goeie idee, maar waarskynlik met te dun mantels en suier lood voorin, wat hul baie sag maak. Hulle K-Mantel is net so sagte punt, en ek het al failures met hulle gesien. (Failure waar nog skote nodig was om groter bokke soos gemsbokke plat te kry al was 1ste skote baie goed geplaas.)

Re: Identifiseer hierdie koeel asb.

Posted: Fri Mar 15, 2013 10:43 am
by Geno
Karl, FM, dankie vir julle insette!