hornady A-max'e

Post Reply
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

hornady A-max'e

Post by kopskoot »

Manne

Ek ken glad nie die koeel nie. Sou julle se hulle is in dieselfde klas as Siera math king, berger VLD, in terme van akkuraatheid, en hoe presteer hulle op impak. Bars hulle soos die V-max'e of hoe?

ek luister graag by die radio- soos hulle op RSG se

Groete
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: hornady A-max'e

Post by VdWalt »

Ek het nou die dag 'n 6.5mm 123gr Amax @ 2900fps deur 2 nat en een droee telefoon boek geskiet.
Ek glo hy sou deur meer nattes kon gaan as ek meer in die boks gesit het.
In die eerste foto kan jy die agterkant van die eerste nat boek sien - daar het hy klaar heeltemal
oop gemaak - die 2de foto is die ingang op die droee boek. Hy het dit nog so halfpad deur die
droee een gemaak maar toe was hy poeier. Ek dink nie hy breek so maklik soos die Vmax op nie
maar sal lekker kop skote skiet. Ek gaan hulle gebruik op jakkels so dra ek weer my werk onder
beheer het...! Ek wag maar saam met jou dat iemand wat iets met hulle gejag het verder praat.

http://i357.photobucket.com/albums/oo17/vdwalt/123grEersteboek_zps3d7900ef.jpg

http://i357.photobucket.com/albums/oo17/vdwalt/123grDroeboekgat_zps18f35874.jpg
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: hornady A-max'e

Post by Geno »

Ludwig wrote:Gaan hulle ook binnekort op jakkalse gebruik.
En 'n bobbejaan!
Goed, beter, 6millimeter!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: hornady A-max'e

Post by kopskoot »

Ludwig wrote:
Geno wrote:
Ludwig wrote:Gaan hulle ook binnekort op jakkalse gebruik.
En 'n bobbejaan!
Net so!
Dis nou al te laat. Daai Zim boere het reeds als verloor
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: hornady A-max'e

Post by Armand9 »

Ek skiet ongediertes met hulle uit my 223. 52gr teen 3280fps. Sal nou nie se hulle laat n jakkie ontplof nie, maar daar is verseker genoeg skade wat hulle platmaak! Dis mos maar n klein koeltjie in die 223. Nog nie op springbokke getoets nie, maar die winter kom nader! Happy met hulle.

Armand
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: hornady A-max'e

Post by ZKK »

Sou julle die 155gr A-max uit n 308Win aanbeveel vir 200m skote op swart wildebeeste?
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: hornady A-max'e

Post by KalahariKlong »

Ek gebruik ook die 162's in my 7x64.
Hulle is baie akuraat. Ek het hulle gebruik om 'n klompie springbokke uit te skiet.
Vir kopskote werk hulle baie goed.

Groete
KK
Post Reply