Page 1 of 1

S365 of S385 vir 270

Posted: Tue Mar 12, 2013 10:12 pm
by JohanvB
Lees op www.gunsite.co.za dat 'n persoon daar s385 gebruik vir sy 270...ja dis vreemd vir my, is gewoond and s365....hoekom sou hy dit doen...het hom gevra en wag vir sy antwoord.

Is daar ander manne hier wat ook s385 gebruik ipv s365 vir 270 kaliber?

Re: S365 of S385 vir 270

Posted: Tue Mar 12, 2013 10:26 pm
by tripodmvr
Die 7x64 en die 270 se dopvorm en kalibers is bykans dieselfde. In my 7x64 kon ek met sekere koeëls nie akkuratheid kry nie. Hier het S385 gewys dat hy die meneer is om te gebruik. Dopvulling is ook beter en daarom miskien die beter akkuraatheid. Met die swaarder koeëls 150gr + lewer S385 dieselfde of beter spoed as S365.

Re: S365 of S385 vir 270

Posted: Tue Mar 12, 2013 10:32 pm
by JohanvB
Is s385 "growwer" as s365 of anders om?

Re: S365 of S385 vir 270

Posted: Tue Mar 12, 2013 10:35 pm
by tripodmvr
Stokkies is langer as S365 - mens kan dit dan seker growwer noem.

Re: S365 of S385 vir 270

Posted: Tue Mar 12, 2013 10:38 pm
by JohanvB
Prys verskil?

Re: S365 of S385 vir 270

Posted: Wed Mar 13, 2013 10:14 am
by Jean Marais
Kos dieselfde waar ek koop - R280 per blik

Re: S365 of S385 vir 270

Posted: Sun Mar 24, 2013 10:17 am
by Thomas
tripodmvr wrote:Die 7x64 en die 270 se dopvorm en kalibers is bykans dieselfde. In my 7x64 kon ek met sekere koeëls nie akkuratheid kry nie. Hier het S385 gewys dat hy die meneer is om te gebruik. Dopvulling is ook beter en daarom miskien die beter akkuraatheid. Met die swaarder koeëls 150gr + lewer S385 dieselfde of beter spoed as S365.
Verskoon maar ek is nie baie tegnies ingelig met die fynery detail van herlaai. Wil graag weet hoe S385 beter dopvulling as S365 gee? Mens gooi tog seker dielfde hoeveelheid grein kruit of is dit juis dit wat gaan verskil?

Dankie!