lam wat vrek
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
lam wat vrek
dis nou die 2de keer by my wat n groot 40kg lam uit die drukgang kom nadat hy gedous is en dan daar staan en so begin ruk en bewe en dan 5min later is hy dood.het van julle dit al gesien of is dit net my skaap wat altyd wil vrek?
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: lam wat vrek
Johan
Doen maar onmiddelik otopsie sommer self, dalk miskien wurm? Ek weet hier by my in die Kalahari is dit meeste van die tyd haarwurm wat so maak as die infestasie hoog is.
Wat die rede is vir die vinnige dood na dosering kan ek nie sê nie, maar bietjie later na dosering is dit ook partykeer verstopping met die wurms wat vrek van dosering.

- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: lam wat vrek
hallo Johan
Waarmee het jy ge"dous" en beskryf asb die manier van toediening.
Groetnis
Douw
Waarmee het jy ge"dous" en beskryf asb die manier van toediening.
Groetnis
Douw
- mw
- Full Member

- Posts: 124
- Joined: Tue Dec 11, 2012 8:58 pm
Re: lam wat vrek
Johan,
Is jou dosis reg?
Groete
Is jou dosis reg?
Groete
-
bullseye
Re: lam wat vrek
Het van die doseermiddel nie in die longe gekom nie, dit kan maak dat lam sulke rukkings kry.
Sterkte
Bullseye.
Sterkte
Bullseye.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: lam wat vrek
Dis sommer daai koeldrank wat ek dous,tramisol.ekt nou die ander een se naam vergeet.die longe ding maak nogal vir my sin want dit gaan partykeer mos maar rof.die lam raak sommer so styf en kani beweeg nie
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: lam wat vrek
Hallo Johan
Dit is dan definitief die probleem. Het dit al self oorgekom, probeer maar as een van die lammers te veel kla, hom eers rustig kry. Hulle kry dit slegs op die longe as hulle blêr terwyl hulle moet sluk.

savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: lam wat vrek
Mens moet maar versigtig wees met die diere.
Het so 2 jaar gelede 5 speenkallers na mekaar verloor toe die meneer wat die micotil spuit binnespiers pleks van onderhuids gespuit het. Die beeste het erge senuwee trekkings gekry en een na die ander punte gestuur.
Was n duur les gewees....

- Foxcreek
- Hero Member

- Posts: 577
- Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Re: lam wat vrek
Lees die voubiljet noukerig deur voor jy enige dieremiddel gebruik.
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: lam wat vrek
Johan... wat almal vir jou sê is in een of andere mate reg. Ek is 'n Dieregesondheidstegnikus wat werk vir Veeartsenydienste. Jou probleem val in my "bulls-eye". As die diere erge wurmbesmetting het sal hulle 10 teen een al voor die tyd begin vrek en daar sal nie net een vrek nie. Hulle sal ook al uitsak uit trop met aanjaag na kraal en nie eers nadat hulle aan alle stress bloodgestel is nie. Die dosis hoeveelheid kan ook niks maak nie want hierdie middels word (en dit mag julle nie weet nie) teen 10x die aanbevole sterktes getoets om seker te maak hulle is veilig. Hier is my raad. Ek stem eerder saam dat die skaap direk in die long doseer is, want dit is tipies die simptoom wat voorkom as boere dit regkry. Deur dit te bevestig stem ek ook saam dat jy direk na so dier vrek dadelik gou sy bors oop te sny en te gaan kyk in die longe. Jy sal oral skuim in die longe sien. Jy sal ook van die doseermiddel in die trachea (lugpyp) sien. As hierdie goedjies alles sigbaar is... vat 'n koerantpapier, rol dit op en m..r die persoon wat die doseerwerk doen en sê hy moet rustig raak en net agter die tong doseer sodat die dier self die slukwerk kan doen.
Hoop ek kon goeie raad gee... en as jy die persoon is wat die doseerwerk doen... lol!
Groete
Jacques
Hoop ek kon goeie raad gee... en as jy die persoon is wat die doseerwerk doen... lol!
Groete
Jacques
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: lam wat vrek
hahah,ja ekt self gedous!Jacquesk1975 wrote:Johan... wat almal vir jou sê is in een of andere mate reg. Ek is 'n Dieregesondheidstegnikus wat werk vir Veeartsenydienste. Jou probleem val in my "bulls-eye". As die diere erge wurmbesmetting het sal hulle 10 teen een al voor die tyd begin vrek en daar sal nie net een vrek nie. Hulle sal ook al uitsak uit trop met aanjaag na kraal en nie eers nadat hulle aan alle stress bloodgestel is nie. Die dosis hoeveelheid kan ook niks maak nie want hierdie middels word (en dit mag julle nie weet nie) teen 10x die aanbevole sterktes getoets om seker te maak hulle is veilig. Hier is my raad. Ek stem eerder saam dat die skaap direk in die long doseer is, want dit is tipies die simptoom wat voorkom as boere dit regkry. Deur dit te bevestig stem ek ook saam dat jy direk na so dier vrek dadelik gou sy bors oop te sny en te gaan kyk in die longe. Jy sal oral skuim in die longe sien. Jy sal ook van die doseermiddel in die trachea (lugpyp) sien. As hierdie goedjies alles sigbaar is... vat 'n koerantpapier, rol dit op en m..r die persoon wat die doseerwerk doen en sê hy moet rustig raak en net agter die tong doseer sodat die dier self die slukwerk kan doen.
Hoop ek kon goeie raad gee... en as jy die persoon is wat die doseerwerk doen... lol!
Groete
Jacques