Page 1 of 1

Bullet drop op 30-06

Posted: Mon Mar 11, 2013 2:42 pm
by Ruhan
Ek het 'n vraag oor my 30-06 se trajek

My trajek is as volg:
Zero op 100m bullet drop met 150mm op 200m
Zero op 200m bullet drop met 250mm op 300m

Die koeel is 165gr Barnes TTSX met 55.8gr S365 in Norma dop met BR2 primers
Average spoed is 2850ft/sec

Klink dit reg?

Re: Bullet drop op 30-06

Posted: Wed Mar 13, 2013 5:51 pm
by Ruhan
Ludwig, ek is nie seker oor wat die atmosferiese druk was op daai dag nie maar die sight height is 1,65"

Ek het die afstand met 'n rangefinder gemeet en dit was 203m en 304m onderskeidelik.

Re: Bullet drop op 30-06

Posted: Thu Mar 14, 2013 8:41 am
by Ruhan
Baie dankie vir die verduideliking Ludwig. Ek het een van daai groen opvou Crony kronograwe so ek is nie 100% seker hoe akkruraat hy is nie.

lekker dag

Re: Bullet drop op 30-06

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:03 pm
by DanieDegenaar
Ruhan wrote:Ek het 'n vraag oor my 30-06 se trajek

My trajek is as volg:
Zero op 100m bullet drop met 150mm op 200m
Zero op 200m bullet drop met 250mm op 300m

Die koeel is 165gr Barnes TTSX met 55.8gr S365 in Norma dop met BR2 primers
Average spoed is 2850ft/sec

Klink dit reg?
Ruhan,

Ek het vandag begin toets ladings skiet op my 30-06 met 165gr Barnes en kon nie mooi groepe kry op 49, 50 of 51gr S365 nie. My Average spoed was 2500ft/sec.

My vraag aan jou is het jy gevind jou groepe raak beter met die 55.8gr S365 lading as met laer ladings? Wonder net want ek is nog baie ver daarvan af en dink self om maar hoer te begin stoot na die 2800ft/sec rigting toe.

Groete

Danie

Re: Bullet drop op 30-06

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:27 pm
by Ruhan
Danie, ek het altyd die 165gr accubonds met 51.7gr S365 gelaai en die average spoed wat ek gekry het was 2550ft/sec en ek het uitstekende groeperings met daai lading gekry.
Ek het begin ek kyk na 'n finniger lading omdat ek in Mei in Umkomaas Vallei op langer afstande met die 30-06 gaan jag.

Ek het vir my 'n 100 Norma doppe aangeskaf en hulle volume is ±2gr meer as PMP se doppe en dit het my toegelaat om met die Barnes te kon laai. My TPL is 80.6mm en dit veroorsaak 'n baie compressed load!
Die konstandheid in spoed wat ek nou kry is baie beter as met die laer lading. 5 skote wissel 2883, 2885, 2883, 2887, 2885 so as ek my deel doen agter die sneller kry ek 12mm groepe!

Ek hoop ek kon van hulp wees.

Re: Bullet drop op 30-06

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:32 pm
by DanieDegenaar
Ruhan,

Baie dankie vir die inligting. Daar lê nog baie werk vir my voor. Op 51 was twee darem so binne 10mm van mekaar, so ek sal maar van daar af dit stadig op vat.

Groete

Re: Bullet drop op 30-06

Posted: Sat Mar 23, 2013 4:04 pm
by LongWolf
Ruhan wrote:Ek het 'n vraag oor my 30-06 se trajek

My trajek is as volg:
Zero op 100m bullet drop met 150mm op 200m
Zero op 200m bullet drop met 250mm op 300m

Die koeel is 165gr Barnes TTSX met 55.8gr S365 in Norma dop met BR2 primers
Average spoed is 2850ft/sec

Klink dit reg?

Ruhan: hoe lyk jou groepering op daai spoed.
ek is op my kop met my onderste lading op 52.0gn op 168gn custom compitition van Nosler.
ek soek egter nog my boonste lading.
wat is jou loop lengte en twist.

Re: Bullet drop op 30-06

Posted: Sat Mar 23, 2013 4:45 pm
by Nickvn
Ek het n Redfield Revenge scope op my 30-06 met die Accurange reticle. Ek het ook so bietjie gespeel met ladings en toe op een afgekom waar hy my n baie goeie groepering gee teen so 2850 fps. Wat ook great was is dat die reticle perfek werk op 100 (zero) 200m en 300m sonder om enige verstelling te maak aan die scope. As ek 200 wil skiet mik ek op die eerste merkie (sirkel) as ek 300 wil skiet mik ek met met die balletjie en hulle is dan almal spot on.

Re: Bullet drop op 30-06

Posted: Mon Mar 25, 2013 12:27 pm
by DanieDegenaar
Degenad wrote:
Ruhan wrote:Ek het 'n vraag oor my 30-06 se trajek

My trajek is as volg:
Zero op 100m bullet drop met 150mm op 200m
Zero op 200m bullet drop met 250mm op 300m

Die koeel is 165gr Barnes TTSX met 55.8gr S365 in Norma dop met BR2 primers
Average spoed is 2850ft/sec

Klink dit reg?
Ruhan,

Ek het vandag begin toets ladings skiet op my 30-06 met 165gr Barnes en kon nie mooi groepe kry op 49, 50 of 51gr S365 nie. My Average spoed was 2500ft/sec.

My vraag aan jou is het jy gevind jou groepe raak beter met die 55.8gr S365 lading as met laer ladings? Wonder net want ek is nog baie ver daarvan af en dink self om maar hoer te begin stoot na die 2800ft/sec rigting toe.

Groete

Danie
Dankie vir die hulp! ek het die naweek my lading gekry op 55gr S365. Ek is nou meer as gelukkig en kan nou nie wag om my voete in die bos te kry nie! ;D

Re: Bullet drop op 30-06

Posted: Tue Apr 02, 2013 10:03 pm
by Ruhan
Jammer ek kom nou eers terug na julle toe. Het lanklaas tyd gehad om tyd op die site te spandeer.

Francois, my beste groepering op daai spoed is so 12mm
Dis 'n Winchester Model 70 en ek dink hy het 'n 1-10 twist met 'n 24 duim loop.

Danie, ek is bly jy het reggekom! Geniet die jagseisoen!