Page 1 of 1
Eerste Jag vir 2013
Posted: Mon Mar 11, 2013 9:10 am
by Alvar
Ek het die naweek wat verby was, my eerste jag vir 2013 gehad.
'n Eland koei was op die spyskaart. Die plaas waar ons gejag het was daar agter die Soutpansberg tussen Louis Trichardt en Messina.
Ek het haar met 'n 416 Rigby gelaai met 400gr Hornadys geskiet, na ons vir so 2.5 ure op hulle spoor geloop het.
Na die skoot het sy nêrens gegaan nie. Ek het haar van so effense hoogtetjie op so 50m geskiet. Die koeël is deur haar longe en het die bokant van die hart net gemis.
[IMG]
http://i1167.photobucket.com/albums/q63 ... /Eland.jpg[/IMG]
http://i1167.photobucket.com/albums/q63 ... /Eland.jpg
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Mon Mar 11, 2013 9:54 am
by Stasoft
Baie geluk. Mooi eland en foto.
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Mon Mar 11, 2013 10:02 am
by Kallie404
Geluk Alvar!
By wie het julle gejag,as ek mag vra?
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Mon Mar 11, 2013 10:14 am
by Geno
http://i1167.photobucket.com/albums/q635/Alvar416/Eland.jpg
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Mon Mar 11, 2013 10:15 am
by Alvar
Dit was op vriende van my se plaas.
Die plaas se naam is Cohen.
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Mon Mar 11, 2013 10:16 am
by Alvar
Dankie Geno!
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Mon Mar 11, 2013 11:41 am
by theedge
Geluk maat baie netjies
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Mon Mar 11, 2013 11:47 am
by GIDO
mooi man.ek en pelle hou darem donderaand vergadering oor ons kalaharijag oor 2 maande!
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Mon Mar 11, 2013 12:11 pm
by Kallie404
Alvar wrote:Dit was op vriende van my se plaas.
Die plaas se naam is Cohen.
Alvar, as ek reg is is dit oom Kallie Osmers se plaas? As dit is weet ek presies waar jy was. Oom Kallie se seun Bennie is n beroeps-jagter, ek ken hom goed. Hulle het n pragtige plaas.
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Mon Mar 11, 2013 12:18 pm
by Alvar
Jy slaan die spyker op sy kop!
Dit is presies hulle plaas!
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Wed Apr 17, 2013 9:56 pm
by Johan22
Baie mooi geskiet nou die biltong en lekker vleis vir braai
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Thu Apr 18, 2013 8:08 am
by Ockert1992
Netjies! Die jagkoors begin loop nou hoog!
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Thu Apr 18, 2013 8:30 am
by jamalley
Baie mooi, kan nie wag vir my eerste jag nie
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Thu Apr 18, 2013 9:49 am
by FHM
Baie netjies en geluk Alvar!
Vir die onervare jagters hier op die web - kyk mooi die toestand van sy geweer aksie...dis 100% veilig indien daai geweer sou omval! Mooi foto en veiligheids-les ook sommer Alvar!

Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Thu Apr 18, 2013 8:07 pm
by Riaan Beeslaar
Baie geluk
Ek ken ook vir Oom Callie baie goed, hy het 'n baie mooi stuk grond.
Nie ver daarvan nie is Oporto wat aan Oom Johan & Tannie Hannie Coetzer behoort. Hulle is ook familie van Oom Callie. Daar het ek al baie ge-jag.
Geniet daai lekker vleis.
Groete
Riaan
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Fri Apr 19, 2013 3:12 pm
by Alvar
Dankie manne!
Ja, ek moet sê, daai vleis is baie lekker. Het hom maar opgesny soos 'n bees! Daai rump steaks loop lekker op so ou hout vuurtjie.
@FHM: Mens kan nooit te veilig wees nie, veral met die klein mensies wat saam is. En so oop slot lyk ook mooi op 'n foto!

Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Fri Apr 19, 2013 7:53 pm
by Marc
Baie geluk
Hoe het ek 'n post met 416 Rigby in gemis !!!!! Baie mooi koei, seker daai biltonge is al amper almal weg

Stem oor die oop slot
Mooi loop
Marc
Re: Eerste Jag vir 2013
Posted: Sat Apr 20, 2013 10:07 pm
by badhabit
Baie geluk.
Maak my sommer lus om my Gemsbok later vanjaar te los vir n Eland!!
Geniet die biltong!