Praktiese ondervinding

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Praktiese ondervinding

Post by James Wilson »

Soos wat ek nou hier tik 12:30, maak ek nou lekker reg vir 5 ure se slaap in die laaste 36 ure. Voor die volgende rondte.

Ek is vas oortuig dat ek in die laaste 36 ure meer oor oor wild en my geweer geleer het as in die die laaste 36 uur op die internet.

Ek maak die stelling dat te veel opregte wel bedoelende jagters te veel tyd op die net spandeer en dit as n ontsnapping gebruik eerder as om moeite doen met hul ladings hul gewere en hul toerusting.

Te veel goeie mense het te veel kennis oor die teoretiese toepassing van hul passie en zero aanvoeling en ondervinding vir die praktyk. Niks klop praktiese ondervinding nie. Maw dit wat jy oplees moet op n staduim toegepas word.

Waag dit wat jy dink reg is, en kyk dan of wat jy gedink het reg is, vir jou werk in die jagveld.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Praktiese ondervinding

Post by spekieries »

Ek stem saam James

Niks klop praktiese ondervinding nie. Die realiteit is egter dat die werk en die finansies dikteer baie van ons lewens. Dus moet ek maar baie lees oor jou praktiese ondervinding, sin daaruit probeer maak ( op my self van toepassing maak) en dan probeer leer daaruit.

Groete
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Praktiese ondervinding

Post by DWB »

Baas James, ek wil nou eers weet wat jy in die laaste 36 uur aangevang het!;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Praktiese ondervinding

Post by BLOK »

Ja toe vryf dit nou in, en kom wys ons wat jy daai laaste 36ure aangevang het. Ek is skoon jaloers hy was seker lekker spekvet rond en gesond.

Baie mooi maar ek wil nie net die foto sien nie ek wil die storie ook hoor
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Praktiese ondervinding

Post by James Wilson »

DWB wrote:Baas James, ek wil nou eers weet wat jy in die laaste 36 uur aangevang het!;D

http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... 7c829c.jpg
http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... 1ee86f.jpg
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Praktiese ondervinding

Post by Eugene »

James, ek stem met jou 100% saam.

MAAR, jy moet ingedagte hou dat nie almal maklike toegang het tot skietbane en jagvelde nie en derhalwe maar hulle passie uitleef op forums soos die! Ek leer ook uit jou 36 uur wat jy in die veld spandeer het, deur daarvan te lees op hierdie forum!

In die week is ouens soos ek gebonde tot lessenare en kantore en is ons enigste bron van kennis en inligting, die internet en Jaracal. Ek probeer om elke naweek iets nuut wat ek op die forum gelees het, te gaan toepas, hetsy in my herlaaikamer of op die skietbaan of in die veld.

Ongelukkig kan almal dit nie doen nie...
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Praktiese ondervinding

Post by BLOK »

BLOK wrote:
Baie mooi maar ek wil nie net die foto sien nie ek wil die storie ook hoor

Toe kom uit met die storie mos gese ek het al die foto's gesien
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Praktiese ondervinding

Post by James Wilson »

Eugene wrote:James, ek stem met jou 100% saam.

MAAR, jy moet ingedagte hou dat nie almal maklike toegang het tot skietbane en jagvelde nie en derhalwe maar hulle passie uitleef op forums soos die! Ek leer ook uit jou 36 uur wat jy in die veld spandeer het, deur daarvan te lees op hierdie forum!

In die week is ouens soos ek gebonde tot lessenare en kantore en is ons enigste bron van kennis en inligting, die internet en Jaracal. Ek probeer om elke naweek iets nuut wat ek op die forum gelees het, te gaan toepas, hetsy in my herlaaikamer of op die skietbaan of in die veld.

Ongelukkig kan almal dit nie doen nie...
Eugene, ek en jy praat waarskeinlik bymekaar verby, ek dink as Blok weer daar van Potch af deurkom na my toe moet jy opklim. Hoeveel patrone het jy?
KC

Re: Praktiese ondervinding

Post by KC »

James,

Met 200% stem ek saam met jou.

Groete
Kobus
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Praktiese ondervinding

Post by PWV »

Ludwig wrote:Terme soos "bullet runout" het hy nog nooit eens van gehoor nie. .

Ludwig, wat is "bullet runout"? :-\
Post Reply