Page 1 of 1

Slagdoppie uitdruk pennetjie RCBS dies 30.06

Posted: Thu Mar 07, 2013 5:17 pm
by pirot79
Kan iemand vir my se waar ek so 'n ekstra pennetjie vir my RCBS die kan in die hande kry. Ek was bietjie haastig en het myne afgebreek.

Groetnis

Re: Slagdoppie uitdruk pennetjie RCBS dies 30.06

Posted: Thu Mar 07, 2013 5:44 pm
by Jean Marais
Jy kry 2 tipes, en hulle lyk so:
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/Decap2_zps00bf2925.png
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/Dacap1_zpscfb18e90.png

Watter een het jy. Jy kan beide vervang met 'n spykerjie wat dieselfde dikte is, en jy die skerp puntjie plat geslyp het.

Hoop dit help

Groete

Re: Slagdoppie uitdruk pennetjie RCBS dies 30.06

Posted: Thu Mar 07, 2013 5:49 pm
by pirot79
Die een met die koppie. Sal dit probeer dankie. Moet dit 'n staalspyker wees of enige spyker?

Re: Slagdoppie uitdruk pennetjie RCBS dies 30.06

Posted: Thu Mar 07, 2013 5:51 pm
by Jean Marais
Staalspyker werk beter. Ek het dit gedoen en dit werk perfek.