Page 1 of 1
Kursus Mosselbaai 4 Mei 2013
Posted: Mon Apr 22, 2013 5:39 pm
by jaracal
'n Roepkursus word te Mosselbaai aangebied op 4 Mei 2013.
Die kursus word gereel deur Suid-Kaap Jagters en Bewaringsvereeniging
Koste R750-00 per Suid-Kaap Jagters lid, indien nie R1000-00 per persoon
Ingesluit in die kursus is 1 x roep DVD; 1 x Roep CD
Belangstellendes moet asb onderstaande nommers kontak:
Melinda Bosch
Telefoon: 044-6952319 gedurende kantoorure: Weeksdae 09:00 - 13:00
Wynand Fourie 0833062498 na-ure.
Groete
Heinrich
Re: Kursus Mosselbaai 4 Mei 2013
Posted: Mon Apr 22, 2013 5:52 pm
by Ponkie
oom Hein
Eks lid by SJB, ekt gewonder wie die kurses gaan aanbied? Dit is oom neem ek aan?
Groetnis
Ponkie
Re: Kursus Mosselbaai 4 Mei 2013
Posted: Wed Apr 24, 2013 9:19 pm
by Kopskoot 1 WP
Heinrich
Bied jy die kursus aan? En manne en manninne van Suid-Kaap Jag, is daar nie 'n bietjie vrinne en familie beter prys vir SAJWV lede ook nie, ons is mos immers familie?
Groete
KS1WP
Re: Kursus Mosselbaai 4 Mei 2013
Posted: Thu Apr 25, 2013 6:29 am
by jaracal
Ponkie
Jip, ek bied die kursus aan op 4 Mei te Mosselbaai.
KS1WP - ek sal bietjie uitvind en moontlik kan mens dit deurvoer.
Groete
Heinrich
Re: Kursus Mosselbaai 4 Mei 2013
Posted: Wed May 01, 2013 3:53 pm
by jaracal
Die manne van Mosselbaai was so gaaf gewees om ook vir die lede van SAJWV tegemoet te kom met die prys. So julle manne wat belang sou stel skakel die dame en laat weet net julle kom.
Groete
Heinrich
Re: Kursus Mosselbaai 4 Mei 2013
Posted: Wed May 01, 2013 9:31 pm
by Kopskoot 1 WP
Dankie Manne en Dames van SKJ, ek sit links voor, die geleentheid gaan ek beslis nie misloop nie.
Re: Kursus Mosselbaai 4 Mei 2013
Posted: Wed May 01, 2013 9:41 pm
by Matt
Manne, wens ek so ek kon die kursus mee maak maar is ongelukkig vandag werk toe vir 6 weke, miskien volgende een.
Geniet die kursus
Groetnis
Re: Kursus Mosselbaai 4 Mei 2013
Posted: Tue May 07, 2013 11:37 pm
by Kopskoot 1 WP
Hein
Baie dankie vir die puik kursus en die wyse waarop dit aangebied is. Ek wil ook vir Neels en sy lede van Suid-Kaap Jag & Bewaring bedank vir die gasvryheid en puik geriewe wat hulle beskikbaar gestel het.
Ek is seker dat almal wie die kursus bygewoon het net baat daarby sal vind en dit wat hulle geleer het, op 'n verantwoordelike wyse sal toepas.
KS1Wp
Re: Kursus Mosselbaai 4 Mei 2013
Posted: Wed May 08, 2013 7:22 am
by smitjs
Kopskoot 1 WP wrote:Hein
Baie dankie vir die puik kursus en die wyse waarop dit aangebied is. Ek wil ook vir Neels en sy lede van Suid-Kaap Jag & Bewaring bedank vir die gasvryheid en puik geriewe wat hulle beskikbaar gestel het.
Ek is seker dat almal wie die kursus bygewoon het net baat daarby sal vind en dit wat hulle geleer het, op 'n verantwoordelike wyse sal toepas.
KS1Wp
Dankie, ek beaam totaal.
Groete
Johan Smit
Re: Kursus Mosselbaai 4 Mei 2013
Posted: Fri May 10, 2013 7:02 am
by jaracal
Dit was 'n baie lekker kursus en baie dankie vir die manne wat bygewoon het en vir die reelings deur SKJB.
Groete