Page 1 of 2

Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 11:40 am
by jaracal
Ek het navorsing gedoen hoe om ons probleem die beste op te los van "resource limit reached", PM's nie kan lees nie ens, ens.
Die beste opsie vir die pad voorentoe is om 'n "Dedicated Server" te kry. Dan is al die resources van die server vir die gebruikers van die forum/Jaracal. Met die huidige shared hosting word die "resources" van die server gedeel tussen 'n aantal kliente/websites en word daar beperkings soos RAM, Prosesse, ens ens op elke pakket geplaas wat nie oorskry kan word nie. Daarom die Errors wat ons kry indien daar te veel "ge-post", "ge-search" en gelees word. Veral indien ons kyk hoe die forum gegroei het en moontlik nog sal groei.

Ongelukkig bring dit baie meer kostes per maand mee, waarvoor ek nie op die stadium begroot het nie, en het ons ongelukkig daardie stadium bereik voordat die forum sy eie fondse kon genereer. Ek is reeds in die finale stadium van implementering dat die forum sy eie fondse deur advertensies kan genereer en is die voorbeeld hier te sien http://www.jaracal.net/phpbb/index.php

Ons het nou twee opsies:
1) Ons hou op die huidige trant aan totdat die forum sy eie koste genereer (ongeveer 2 maande max) dat die koste uit die advertensies verhaal word
2) Die ouens/lede doen 'n eenmalige vrywillige bydrae wat ons dan sal dra vir die twee maande totdat Jaracal sy eie fondse kan genereer.

Ek het die vrymoedigheid om Jaracal se banbesonderhede hier te plaas want ek aanvaar dat dit vir almal net so 'n prioriteit is om sonder frustrasies die forum te gebruik.
Jaracal Trust
FNB
62065296991
250655

Groete
Heinrich

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 11:44 am
by DWB
Oom Heinrich,

As ek mag vra, wat sal die koste beloop per maand of ten minste op die stadium?

Dit gee ons 'n riglyn in terme van bydrae

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 11:48 am
by FHM
DWB wrote:Oom Heinrich,

As ek mag vra, wat sal die koste beloop per maand of ten minste op die stadium?

Dit gee ons 'n riglyn in terme van bydrae
+ 1

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 11:50 am
by jaracal
Hallo Dawie
Die koste van die Server is ongeveer R1200-00 per maand en dan is daar 'n setup fee van R600-00.
So die aanvanklike koste is R1800-00 en daarna sal dit R1200-00 per maand wees.
Ek sit sommer die website adres van die Hosting maatskappy hierby.

http://www.hetzner.co.za/index.php/dedi ... d-servers/

PS: Ek sien dat http://www.jaracal.net/index.php nog "gehack" ook was, ek het die page verwyder.
Groete

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 11:58 am
by Chris Swart
jaracal wrote:Hallo Dawie
Die koste van die Server is ongeveer R1200-00 per maand en dan is daar 'n setup fee van R600-00.
So die aanvanklike koste is R1800-00 en daarna sal dit R1200-00 per maand wees.
Ek sit sommer die website adres van die Hosting maatskappy hierby.

http://www.hetzner.co.za/index.php/dedi ... d-servers/

PS: Ek sien dat http://www.jaracal.net/index.php nog "gehack" ook was, ek het die page verwyder.
Groete

OK
So die groot vraag is, Hoeveel manne is bereid om "lede geld" vir die forum te betaal?
Baie ander forums vra lede geld
Hoe meer mense, hoe laer sal die koste natuurlik wees.

Begin van 'n lys

1) Chris Swart

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 12:00 pm
by Lourens Potgieter
R100 inbetaal, dankie vir die harde werk!!

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 12:06 pm
by DWB
My R100 ook in

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 12:11 pm
by jaracal
Chris Swart wrote:
jaracal wrote:Hallo Dawie
OK
So die groot vraag is, Hoeveel manne is bereid om "lede geld" vir die forum te betaal?
Baie ander forums vra lede geld
Hoe meer mense, hoe laer sal die koste natuurlik wees.
Hallo Chris
Dankie vir die gebaar maar dit was nog nooit my gedagte dat maandelikse ledegeld betaal moet word nie. My siening is dat maandelikse ledegeld gevra kan word deur iemand wat 'n diens aan iemand anders bied. Die forum is afhanklik van almal se bydraes en nie net van 'n sekere groep of een persoon nie. Daar is so baie ouens wat baie tyd vrywillig hier insit en glo ek dat ons baie beter sal doen met 'n klompie adverteerders want hulle sal die voordeel kry van die aantal voete wat deur die forum hardloop per maand. Tans is daar tussen 15 000 en 20 000 individuele besoekers wat tussen 1 mil tot 1,5 mil bladsye lees. Dit is baie geld werd as jy 'n produk het om te verkoop om aan 15 000+ ouens te adverteer.

So hierdie bydrae wil ek as vrywilliglik sien en is dit net om in die oorgangsfase te dra totdat ons volstoom hardloop.

Groete

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 12:12 pm
by Geno
Ek het ook R100 ingegooi. Dis 'n klein bedrag vir al die kennis op die forum!

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 12:42 pm
by Chris Swart
Heinrich

Ek verstaan jou standpunt.
Ek sien egter hierdie forum as 'n diens wat aan my gelewer word, en is bereid om vir die diens en kennis te betaal.
Ek verstaan ook jou denkwyse oor die advertensies en reken dit is dalk 'n plan waaraan ek nie gedink het nie.
Dit val my nou eers op dat hierdie die enigste forum is, waarop ek aktief is, wat nie advertensie banners het nie...

Groete

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 12:48 pm
by Beyers
Ek sien daar is meer as 1900 users op die forum dus man man R12 per jaar sal daar sekerlik genoeg geld wees.

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 12:50 pm
by jaracal
Die forum sal ook nie toegegooi word met advertensies nie, dit is vir my frustreerend as dinge op-pop en hier en daar flash. My idee is meer staties en met 'n link soos op www.jaracal.net/phpbb/index.php

Groete
Heinrich

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 12:54 pm
by Skolla
jaracal wrote: Jaracal Trust
FNB
62065296991
250655
Heinrich

Daar is nie dalk n benaming of Dorps naam vir die rekening nie.
Om een of ander rede sukkel ek om die rekening op te spoor, of ek moet deur al FNB se nommers soek?

Skolla

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 1:01 pm
by jaracal
Trompsburg
230932

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 1:03 pm
by jaracal
Beyers wrote:Ek sien daar is meer as 1900 users op die forum dus man man R12 per jaar sal daar sekerlik genoeg geld wees.
Beyers, ek wens almal was aktief. Net so 300 ouens is baie aktief. Die ander ouens kom gooi so 'n draai een x per week/maand ens.
Groete

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 1:08 pm
by Chris Swart
jaracal wrote:
Beyers wrote:Ek sien daar is meer as 1900 users op die forum dus man man R12 per jaar sal daar sekerlik genoeg geld wees.
Beyers, ek wens almal was aktief. Net so 300 ouens is baie aktief. Die ander ouens kom gooi so 'n draai een x per week/maand ens.
Groete
Met 300 Mense teen R50 per jaar is dit steeds nie groot geld nie.

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 1:17 pm
by FHM
R 100 inbetaal Hein (ref: FHM)

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 2:41 pm
by jaracal
Chris Swart wrote: Met 300 Mense teen R50 per jaar is dit steeds nie groot geld nie.
Hallo Chris
Ongelukkig sal dit dieselfde storie tot gevolg he^, dan betaal 300 lede vir die plesier van die ouens wat dit wel gebruik ens.

Groete

Heinrich

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 2:47 pm
by Skolla
Heinrich

Het reg gekom, dankie.
Klein bedraggie inbetaal (100.00) vir n groot plesier.

Skolla

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 2:49 pm
by Chris Swart
Ek hoor jou Heinrich.

Die advertensies is dan verseker die beste pad om te gaan.
Maar as dit nie werk nie...

Moet asseblief om vaders naam net nie die forum toemaak voor jy nie die manne gevra het om te betaal nie...
Ek vir een, is bereid on ledegeld te betaal (soos op ander forums waar ek aktief is en baat vind)

Marr my 2cw

Sterkte met die proses
Dit word waardeer

Groete

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 3:03 pm
by jaracal
Hallo Chris
Ja vir my is daar nie eers 'n opsie van die forum toemaak nie. Dit is 'n hart saak en elke "avenue" sal gevolg word om inkomste te genereer om die forum aan te hou laat loop.
Op hierdie stadium gaan dit oor die vinnigste pynlooste manier om ons te swaai sodat die forum nie onnodig van die lug af sal wees nie.
Dankie ook vir jou kommernis. Dit maak dit die moeite werd as mens sien hoe die ouens reageer en ook die forum waardeer.

Groete

Heinrich

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 3:03 pm
by FCLoretz
DONE

100 bokke betaal. ref: FCLoretz

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 3:39 pm
by Eugene
Het ook R100 oorbetaal!

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 4:33 pm
by cassie_calvinia
ek het vir my en 'n treurige maat betaal.
dalk sal die geld help om die nuwe ding af te skop, en kan advertensies geleidelik oorneem.
seker ons sal kan die ding dra tot tyd en wyl.

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 4:39 pm
by Frikkie Coetzee
Donasie gemaak