Page 1 of 1

Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Thu Mar 07, 2013 9:22 am
by Jamma
More Manne,

Het iemand asb vir my raad om doppe skoon te maak op die goedkoop manier. Ek was n slag by n man gewees en hy het Sunlight seep en een of ander sout of soda gebruik wat hy in warm water gegooi het en daai mengsel het die doppe sommer weer nuut laat lyk.

Enige raad sal baie wardeer word.

Groete
Jamma

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Thu Mar 07, 2013 9:25 am
by FCLoretz
1 liter lou warm water
1 tee lepel sunlight
1 pakkie tartaric acid,

meng alles saam en gou doppe in water vir 10-15min haal uit en lat droog word.

Ek sit gewoonlik my doppe in die son.

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Thu Mar 07, 2013 9:30 am
by Jamma
More Hein,

Waar kry n man die tartaric acid ?

Baie Dankie!

Jamma

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Thu Mar 07, 2013 9:31 am
by Geno
By enige supermark.
Lyk so:

http://makro.ensight-cdn.com/live/productimages/large/reta336c.jpg

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Thu Mar 07, 2013 9:36 am
by Jamma
Ek gan verseker daai mengsel probeer.

Baie dankie.

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Thu Mar 07, 2013 9:39 am
by Gregvzyl
Tartaric acid is Wynsteen suur in Afrikaans.

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Thu Mar 07, 2013 9:47 am
by LUAN
En dan is daar wat praat van sitric acid en ook cream of tartar.

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Thu Mar 07, 2013 10:53 am
by Gideon@1
Jamma

Gaan kyk op die link

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t=16842

Groete

Gideon

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Thu Mar 07, 2013 12:05 pm
by PWV
FCLoretz wrote:1 liter lou warm water
1 tee lepel sunlight
1 pakkie tartaric acid,

meng alles saam en gou doppe in water vir 10-15min haal uit en lat droog word.

Ek sit gewoonlik my doppe in die son.

Dit werk vir my ook! Ek kan net byvoeg: ek spoel die doppe af 'n skoon water, vryf hulle droog met 'n handoek. Maak dan die "primer pockets" skoon terwyl die gemors wat daarin is nog nat en sag is. Sit dan die doppe onderstebo in die son om binne ook draag te raak.

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Sat Mar 23, 2013 4:58 pm
by LongWolf
Jamma

soos die manne se hierbo werk goed en spoel net laate af met kookwater.
want daai warmdoppe help om die water binne so bietjie vinniger te verdamp.

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Sat Mar 23, 2013 8:52 pm
by Christo
.303 wrote:En dan is daar wat praat van sitric acid en ook cream of tartar.

Cream of tartar is kremetart, dit sal nie werk nie!

Die wynsteensuur en sunlight werk mooi. Moenie langer ad 15 of so minute daarin los nie. Die doppe verkleur na rooipienk wat beteken dat die wynsteensuur die sink in die "brass" begin uitvreet.

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Sun Mar 24, 2013 12:23 am
by Hein M.
Christo wrote:
.303 wrote:En dan is daar wat praat van sitric acid en ook cream of tartar.

Cream of tartar is kremetart, dit sal nie werk nie!

Is jy doodseker?

Gebruik al "Cream of Tartar" vir meer as 15 jaar en kry goeie resultate ::)

Mooiloop!

Hein M

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Sun Mar 24, 2013 9:12 am
by Christo
Hein M. wrote:
Christo wrote:
.303 wrote:En dan is daar wat praat van sitric acid en ook cream of tartar.

Cream of tartar is kremetart, dit sal nie werk nie!

Is jy doodseker?

Gebruik al "Cream of Tartar" vir meer as 15 jaar en kry goeie resultate ::)

Mooiloop!

Hein M
Hein,

lyk my ek lees nie genoeg, nou net gegoogle en sien dat dit wel kan werk dit is 'n suur wat gebruik word om alu, koper ens. skoon te maak. Moet nooit te oud word om te leer nie.

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Sun Mar 24, 2013 10:53 am
by Hein M.
Christo

Ek gebruik die geel pakkie wat deur Robertsons gemaak word (For Houshould Use).

Dit is maar net een deel van my skoonmaakproses. Dit spoel bv. die Redding Size Wax lekker af na die tyd.
Die swart roet op die nekke haal ek liggies met 'n groen skuurdertjie af.

Om die binnekant van die dop deeglik skoon te maak moet jy maar tumble ook...

Mooiloop!

Hein

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Sun Mar 24, 2013 11:05 am
by Fanta300
Ek het iewers op die forum gelees die tumbler maak nie juis die binnekant van die dop skoon nie. Hier werk die Ultrasonic Cleaner uitstekend.

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Sun Mar 24, 2013 11:23 am
by Christo
Fanta300 wrote:Ek het iewers op die forum gelees die tumbler maak nie juis die binnekant van die dop skoon nie. Hier werk die Ultrasonic Cleaner uitstekend.
Stem saam hiermee.

Sonic werk goed

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Tue Apr 09, 2013 11:52 am
by Ratel
Ek het eers wynsteen suur gebruik maar dit maak my doppe pienk. Gebruik nou sitroen suur met paar druppels sunlight liquid. Skud goed in 2lt Coke bottel vir ongeveer 5-10 min. Spoel goed af en los in die son onderstebo.Kom skoon uit.

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Tue Apr 09, 2013 1:01 pm
by Flip Nel
Ratel wrote:Ek het eers wynsteen suur gebruik maar dit maak my doppe pienk. Gebruik nou sitroen suur met paar druppels sunlight liquid. Skud goed in 2lt Coke bottel vir ongeveer 5-10 min. Spoel goed af en los in die son onderstebo.Kom skoon uit.
Was die doppe nie dalk te lank in die wynsteen suur nie, as ek my doppe langer inlos raak hulle al hoe meer pienk

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Tue Apr 09, 2013 2:18 pm
by Ratel
Ek is nie seker nie. Ek het op 'n Amerikaanse forum gelees dat die wynsteer suur se chemiese reaksie op brass so 'n effek het. Ek sal bietjie 'n dop in elk van die oplossings los vir 'n tyd en laat weet wat gebeur.

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Thu Apr 11, 2013 12:17 pm
by matewis
Christo wrote:
Fanta300 wrote:Ek het iewers op die forum gelees die tumbler maak nie juis die binnekant van die dop skoon nie. Hier werk die Ultrasonic Cleaner uitstekend.
Stem saam hiermee.

Sonic werk goed
Hi Christo, dis juis iets waaroor ek wonder:

Ek tumble slegs my doppe maar moet ek saam met die tuimel ook dalk die doppe in hierdie oplossing laat lê, aangesien ek nie 'n sonic het nie? Daar is tog ouens wat jare lank doppe slegs tuimel en die resultate is goed?

Mis ek iets? My leke-brein sê vir my dat dit dalk belangriker is vir die binnekant, waar die verbranding ontstaan, om mooi skoon te wees as die buitekant?

Dankie..

Re: Doppe Skoonmaak - Herlaai

Posted: Thu Apr 11, 2013 12:25 pm
by Johan Nel
Flip nel wrote:
Ratel wrote:Ek het eers wynsteen suur gebruik maar dit maak my doppe pienk. Gebruik nou sitroen suur met paar druppels sunlight liquid. Skud goed in 2lt Coke bottel vir ongeveer 5-10 min. Spoel goed af en los in die son onderstebo.Kom skoon uit.
Was die doppe nie dalk te lank in die wynsteen suur nie, as ek my doppe langer inlos raak hulle al hoe meer pienk
Beide wynsteensuur en sitroensuur het daardie effek. My waarneming is dat baie aanpaksel (merke wat baie donker opbou) as pienk merke manifesteer, maar ook wanneer die doppe langer in die oplossing le.

Groete,
JHN